Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het ‘n hoëvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Sirië weer op koers te kry. Amerikaanse en Britse oproepe dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle moet instem tot hulle raamwerk vir ‘n

Lees verder: Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Grootste dwelmvonds ooit in Colombië

Agt ton kokaïen is in Colombië deur die polisie gekonfiskeer, die grootste binnelandse dwelmvonds in dié land se geskiedenis, het AP berig. Dit behoort aan ’n misdaad­sindikaat bekend as die Usuga-­clan en is gevind in ’n ­piesangboord in Turbo, Antioquia, naby die grens met Panama. Dit was glo bestem om via die Karibiese Eilande na

Lees verder: Grootste dwelmvonds ooit in Colombië

TAC kry skielik toegang tot Vrystaat

Die Vrystaatse provinsiale regering gaan die stand van gesondheidsdienste in die provinsie ondersoek nadat ‘n afvaardiging van die Treatment Action Campaign (TAC) met die provinsiale kabinet vergader het. Anele Yawa van die TAC sê die tekort aan medikasie, skorsing van gesondheidswerkers en onbevoegdheid van die LUR vir gesondheid, Benny Malakoane, was op die agenda vir

Lees verder: TAC kry skielik toegang tot Vrystaat

Vuwani, Malamulele steeds uiters onbestendig

Swart onderwysers het nie Dinsdag by skole in Mashau, naby Vuwani in Limpopo vir klas opgedaag nie. Geen van die beloofde mobiele klaskamers is nog afgelaai nie. Vuwani en Malamulele in Limpopo word steeds as uiters onbestendig bestempel ten spyte daarvan dat die minister van Staatsveiligheid die situasie dmv sekere hoofmanne probeer kalmeer. By die

Lees verder: Vuwani, Malamulele steeds uiters onbestendig

Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

Winnie Rust (77), vermoorde skryfster van Wellington, is doodgewurg deur haar moordenaar. Luidens die klagstaat in die saak teen die twee bruin mans, Nigel Plaatjies (18) en Johannes Plaatjies (34), is dit die oorsaak van haar dood. Die polisie het verskeie items wat aan Rust behoort het in die jonger man se besit gevind toe

Lees verder: Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

EFF weer uitgeboender uit parlement

Die leier van die EFF, Julius Malema het die chaos in die Parlement Dinsdag regverdig. EFF-LP’s en amokmakers het na bewering personeel met brandblussers gespuit, ‘n glasdeur gebreek en onder meer besemstokke gegooi. Malema sê egter hulle onderbrekings en ontwrigtings is “vreedsame pogings” om president Jacob Zuma teen te staan. Hy het na afloop van

Lees verder: EFF weer uitgeboender uit parlement

Probleme wag vir Brasilië

Michel Temer, Brasilië se nuwe, waarnemende president, is self ‘n ongewilde leier en gaan met baie van dieselfde probleme te make hê as wat pres. Dilma Rousseff moes trotseer, het AFP berig. Brasiliane hoop hul regering kan ná ’n maande lange stryd oor die geskorste Rousseff se staat van beskuldiging aanbeweeg. Dit het die aandag

Lees verder: Probleme wag vir Brasilië

Trump en Bernie Sanders pla Hillary

Bernie Sanders het Dinsdagaand Oregon ingepalm nadat hy ‘n laataanslag deur Hillary Clinton afgeweer het. Die Amerikaanse deelstaat Kentucky se voorverkiesingstryd is naelskraap deur Clinton gewen. Donald Trump het Clinton gespot omdat sy so gesukkel het om Kentucky te wen. “Dink jy die kroek Hillary sal uiteindelik die transaksie sluit?” het Trump getwiet. “As sy

Lees verder: Trump en Bernie Sanders pla Hillary

Wie bevorder haat en rassisme werklik?

Max du Preez vra in sy nuuste tirade of rasse mekaar deesdae meer haat as destyds. Voordat ek hierdie aspek in diepte gaan bespreek, weet ek dat bykans alle lesers se antwoord op hierdie vraag ‘n volmondige “Ja” gaan wees. Hoe weet ons so iets? Want mense wat albei stelsels meegemaak het, kan dit beaam.

Lees verder: Wie bevorder haat en rassisme werklik?

Winnie Rust het haar vermeende bruin moordenaar Nigel Plaatjies ‘befonds’

Die beweerde moordenaar van Winnie Rust, die Afrikaanse skryfster, het gister in die landdroshof op Wellington verskyn. Sy naam is Nigel Amos Plaatjies, is 18 jaar oud en het verlede jaar aan die Hoërskool Hugenote gematrikuleer (foto hier bo). Plaatjies is gister ongesiens na die hof gebring en die media is nie geleentheid gegee om

Lees verder: Winnie Rust het haar vermeende bruin moordenaar Nigel Plaatjies ‘befonds’