’n Gewapende man het gister 14 mense by ’n heiligdom in Kaboel, Afganistan doodgeskiet. Volgens ’n ooggetuie was die aanvaller in ’n polisie-uniform geklee. Die aanvaller is op die toneel doodgeskiet het Reuters berig. ’n Woedende skare het die oorskot van die vermeende aanvaller omring en sy lyk geskop totdat die polisie tussenbeide getree het.
Lees verder: Veertien dood na skietery by Sjiïtiese moskee in Kaboel
