Die oorlewende verdagte in die Boston-marathon bomaanvalle is formeel aangekla. Die Amerikaanse departement van Justisie sê die 19-jarige Dzhokhar Tsarnaef is daarvan aangekla dat hy wapens van massa-vernietiging gebruik het. Hy kan die doodstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word. Hy is Vrydagaand gewond en gevange geneem ná ‘n uitgebreide soektog waarin sy ouer
Afrikanerkultuurbond verwelkom herstel van Pretoriase straatname
Die Hoofbestuur van die Afrikanerkultuurbond verwelkom die uitspraak in die ‘Straatnaamsaak’, wat deur die Burgerregte-organisasie, Afriforum, teen die Tshwane munisipaliteit aanhangig gemaak is. Die regspraak van regter Bill Prinsloo in die Pretoria Hooggeregshof, wat beveel dat die verwyderde straat name weer opgerig moet word, word as ‘n tydige en betekenisvolle sege vir die handhawing en
Lees verder: Afrikanerkultuurbond verwelkom herstel van Pretoriase straatname
Minister sê sy word deur media afgepers
Dina Pule, die minister van kommunikasie, het Maandag tydens ‘n mediakonferensie gesê dat ‘n reeks artikels deur die Sunday Times ‘n smeerveldtog is in ‘n poging om haar af te pers. “Dié veldtog was ‘n hoogs gesofistikeerde komplot om my af te pers,” het Pule aan joernaliste in Johannesburg gesê. “Die Sunday Times het gedink
Stiefpa wil hof toe na FB-skollie-aantyging
‘n Inwoner van Gordonsbaai wil ‘n polisiebeampte dagvaar omdat dié glo ‘n foto van sy stiefseun op Facebook gepubliseer het en hom van diefstal beskuldig het, is Maandag berig. The Star het berig dat Philip Brink, 53, beplan om die polisievrou vir R500 000 te dagvaar vir naamskending en emosionele trauma wat spruit uit ‘n
Afrikaans is nie meer ‘n wit taal nie, sê SAIR
Meer swartes, bruines en Indiërs praat Afrikaans as huistaal as wittes, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) Maandag gesê. ‘n Onlangse studie deur die SAIRV, gebaseer op data uit die sensus van 2011, het getoon dat slegs 40% van mense wat Afrikaans as huistaal praat, wit is. Dit beteken slegs 2,7 miljoen uit die
Van vryheidsvegters na terroriste
‘n Groep wat ‘n Islamitiese opstand teen Rusland stook, het gister gesê hulle is nie in ‘n oorlog teen die Verenigde State van Amerika gewikkel nie, en hulself gedistansieer van die Boston-bomme. “Ons veg met Rusland, wat verantwoordelik is nie net vir die besetting van die Kaukasus nie, maar vir monsteragtige misdade teen Moslems,” lui
Boston-bomverdagte kan nie praat nie
Die Boston-bomverdagte, Dzhokhar Tsarnaev, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal in Boston en volgens die polisie nie in staat om vrae te beantwoord nie. Tsarnaev is dié naweek deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle hom in ‘n boot agter in ‘n erf gekry het. Hy word daarvan verdink dat hy
SA dalk terug na SAR, ná ‘wonderwerk’
Afgevaardigdes van die Afrika-Unie (AU) en die Verenigde Nasies (VN), sowel as van die Europese Unie, die VSA en Frankryk het Donderdag ‘n vergadering in Tsjad bygewoon waar President Jacob Zuma “vir meer as agt ure” gesmeek is om troepe terug te bring na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, sê Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Maite
Vyf nuwe tolstelsels gaan publiek melk
Sanral se strategiese plan vir bykomende tolpaaie vir 2012-2013 is Woensdag aan die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer voorgelê. Beeld het Maandag berig dat die sterk openbare teenkanting teen die e-tolstelsel in Gauteng nie die besluit om nog vyf tolstelsels op Suid-Afrikaanse hoofroetes aan te bring, gedemp het nie. Die Wysigingswetsontwerp op Vervoerwette sal die
Gee Afrikaners ‘n Nürnberg-verhoor!
Aan die begin van die week het daar weer luide krete opgegaan dat Afrikaners en blankes in die algemeen nog nie genoeg vir apartheid geboet het nie. Is dit toevallig of het ons hier met ‘n georkestreerde veldtog te make? Veral die kinders van onlangse immigrante soos Helen Zille, Steven Friedman en Paul Berkowitz verkeer
