Afrikaans is nie meer ‘n wit taal nie, sê SAIR

Meer swartes, bruines en Indiërs praat Afrikaans as huistaal as wittes, het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) Maandag gesê.

‘n Onlangse studie deur die SAIRV, gebaseer op data uit die sensus van 2011, het getoon dat slegs 40% van mense wat Afrikaans as huistaal praat, wit is.

Dit beteken slegs 2,7 miljoen uit die 6,9 miljoen huishoudings waar Afrikaans gepraat word, is wit, terwyl die res uit ander rassegroepe bestaan.

Daarteenoor is Engels bykans vyf miljoen Suid-Afrikaners se huistaal. Altesaam 1,6 miljoen van dié Engelssprekendes, oftewel 34%, is wit.

Bykans 1,2 miljoen swart Suid-Afrikaners se huistaal is Engels, terwyl 950 000 bruines en 1,1 miljoen Indiërs Engels is.

Thuthukani Ndebele, woordvoerder vir die SAIRV, het gesê hoewel Engels die vierde gewildste huistaal is, is dit die voorkeurtaal vir onderrig in Suid-Afrika.

“Ongeveer 64% van die 11,5 miljoen leerders in openbare skole in 2010 het verkies om in Engels onderrig te word, wat ‘n wêreldwye tendens is.”

Zoeloe is die mees algemene huistaal in Suid-Afrika, en is altesaam 11,6 miljoen Suid-Afrikaners se moedertaal.

Maak 'n opvolg-bydrae