Van vryheidsvegters na terroriste

‘n Groep wat ‘n Islamitiese opstand teen Rusland stook, het gister gesê hulle is nie in ‘n oorlog teen die Verenigde State van Amerika gewikkel nie, en hulself gedistansieer van die Boston-bomme.

“Ons veg met Rusland, wat verantwoordelik is nie net vir die besetting van die Kaukasus nie, maar vir monsteragtige misdade teen Moslems,” lui ‘n verklaring van die Kaukasus Emirate militante in Dagestan.

Die opstand is gewortel in twee separatiste oorloë wat Rusland teen Tsjetsjeense separatiste na die val van die Sowjet-Unie gevoer het.

Die Tsarnaevgesin wat oor ‘n dekade gelede na die Verenigde State van Amerika geëmigreer het, kom uit ‘n klein gemeenskap van Tsjetsjene in die Sentraal-Asiatiese land van Kirgisië, ‘n hoofsaaklik Moslemland van 5,5 miljoen mense.

Hulle het in 2001 na ‘n suidelike Russiese provinsie waar hul ouers nou woon, verhuis.

Bure het gesê hulle het niks ongewoon opgemerk by die Tsarnaevs nie, wat hierdie somer gehelp het om hul vader se woonstel in Makhachkala op te knap, ‘n besige stad in Dagestan.

“Hulle sê hy was fanaties. Ek het nie dit gesien nie, “sê Madina Abdoelajewa, 45, wat die klein kruideniersware winkel besit waar een seun dikwels gekoop het. “Ons is almal Moslems hier. Ons is almal deel van Islam. Ons almal bid.”

Die Associated Press, Reuters, en talle ander media- en nuusbronne het skielik hul terminologie verander na die bomaanvalle en na die Tsjetsjene verwys as ‘n “jihadistiese bedreiging van plekke soos Tsjetsjenië” waar “selfmoordaanvalle, bloedvetes, en ‘n gyselaarkrisis” alledaags is.

Voorheen is na die Tsjetsjene verwys as “rebelle” en “vryheidsvegters”. Die voormalige CIA-hoof James Woolsey, het homself beskryf as ‘n “vriend” van Tsjetsjnië.

Die Carnegie-stigting se Moskousentrum, befonds deur die New Yorkse hoofkantoor, ‘n invloedryke dinkskrum, het tot onlangs in tandem met die militêr-politieke Rand Corporation gewerk om Amerikaanse beleidsvoorstelle oor Rusland se rol in die “Groter Midde-Ooste” te ondersoek.

Die Stigting het Poetin toe vir die Tsjetsjeense gruweldade van byna ‘n dekade gelede blameer. Die sentrum het voorheen volhard daarin om Moskou se eise dat daar ‘n skakel tussen die Tsjetsjene en Al Kaida is, te weerlê.

Al Kaida-rebelle wat die bloedige opstand in Sirië lei, word tans deur NAVO opgelei en bygestaan.

Maak 'n opvolg-bydrae