Boston-bomverdagte kan nie praat nie

Die Boston-bomverdagte, Dzhokhar Tsarnaev, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal in Boston en volgens die polisie nie in staat om vrae te beantwoord nie.

Tsarnaev is dié naweek deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle hom in ‘n boot agter in ‘n erf gekry het.

Hy word daarvan verdink dat hy verantwoordelik was vir verlede naweek se bomaanval tydens die Boston-marathon, waarin drie mense dood en meer as 170 beseer is.

Sy ouer broer is vroeër deur die polisie doodgeskiet.

Maak 'n opvolg-bydrae