In die finale deel van my aflewering wil ek die sosiale gevolge van Piekolie ontleed. Dit is die mees kontroversiele deel van die beskrywing, fundamenteel omdat dit ʼn oefening in voorspellings oor die toekoms is. Daar is baie filosofiese probleme met ons geneigheid om die toekoms te probeer beskryf, en ʼn versigtige benadering is die
Kop op die Blok sê: Brüssouw en sy bende gaan te veel wees vir die Haaie
Tuisveldvoordeel, meer Springbokke as in die Kalahari en meer selfvertroue as Steve Hofmeyr by ‘n kombuistee – mens sou dink dit is genoeg vir die Haaie om môre se wedstryd teen die Vrystaat op Kingsmead te laat wen… maar dit is nie. Die Cheetahs gaan die Haaie vandag krap waar dit die seerste maak –
Lees verder: Kop op die Blok sê: Brüssouw en sy bende gaan te veel wees vir die Haaie
Terreur en terrorisme
Die afgelope paar weke het die land weer sy normale dosis van mediaberigte ontvang, van veral ouer weerlose mense, wat op plase aangeval, aangerand en vermoor is. In die meeste koerante is dit nie eers meer voorbladnuus nie. Die SAUK se radio- en televisiedienste berig glad nie eers meer daaroor nie. Verder het die misdaad
Kop op die Blok: Swart dag wag op Kiwi’
Veldmaarskalk Bernard “Monty” Montgomery het mos veelgeroemd opgemerk dat die Eerste Reël van Oorlogvoering is: Moet nooit opmarsjeer Moskou toe nie. Vir ‘n lang ruk het dit die nugtere rugbyprofeet ook betaam om nooit stelling teen die All Blacks in te neem nie.

Wits betaal vir kampusvrede
Die beplande betoging deur studente aan die Universiteit van die Witwatersrand, Wits, is Vrydag afgestel, sê die South African Student Congress (Sasco). Die president van Sasco, Mawethu Rune, het gesê dat die betoging afgestel is en dat hulle alle verdere kwessies na die universiteitsraad sal verwys wat die eerste week in Oktober weer bymekaar sal
SA in greep van transnasionale misdaadsindikate
Die name van die meer as 1650 slagoffers van plaasaanvalle is gister vir 8 ure lank op ‘n internetradiostasie deur bekendes uitgelees. Van die omroepers was onder andere Bok van Blerk en Charlene Surtee-Richards. Dit was die langste lees van misdaadstatistiek op ‘n radiostasie in die geskiedenis. Hiermee wou die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit die verswygde
Lees verder: SA in greep van transnasionale misdaadsindikate
Wie sal Pole beskerm?
автоподъемник Фильчаков прокуратура харьков
VSA skrap missielafweerstelsel in Oos-Europa
Die Obama-administrasie gaan die omstrede missielafweerstelsel in Oos-Europa skrap. Senior Amerikaanse amptenare se uitsprake is deur soortgelyke verklarings in Pole en Tsjeggië, die twee sleutellande waar elemente van die stelsel opgerig sou word, gevolg. Aanvanklik wou vise-president Joe Biden nie gerugte bevestig of ontken nie. Hy het egter die logika van die besluit verdedig deur
Oegandese moor mekaar oor hoofman se reisplan
Ten minste 21 mense is gedood en meer as 80 beseer gedurende drie dae van onluste in Oeganda, het 'n polisiewoordvoerder gesê. Volgens Judith Nabakooba is 663 mense in hegtenis geneem en 86 is beseer.

Google betree die drukkersbedryf met 2 miljoen boeke
Ná hulle vir vyf jaar lank boeke geskandeer het, is Google uiteindelik gereed om die drukkersbedryf vir die eerste maal te betree.
Ná hulle vir vyf jaar lank boeke geskandeer het, is Google uiteindelik gereed om die drukkersbedryf vir die eerste maal te betree.
Lees verder: Google betree die drukkersbedryf met 2 miljoen boeke