Die beplande betoging deur studente aan die Universiteit van die Witwatersrand, Wits, is Vrydag afgestel, sê die South African Student Congress (Sasco).
Die president van Sasco, Mawethu Rune, het gesê dat die betoging afgestel is en dat hulle alle verdere kwessies na die universiteitsraad sal verwys wat die eerste week in Oktober weer bymekaar sal kom om die situasie te bespreek.
“Ons fokus nou daarop om die raad bewus te maak van die rede agter al ons vereistes,” het Rune gesê.
“Die studente sal dus Vrydag voortgaan met hulle klasse en studies.”
Die universiteit het ‘n ooreenkoms onderteken om sommige van die kwessies op te klaar wat hierdie week tot betogings op die kampus in Johannesburg gelei het. Hulle het ooreengekom om die toelaag van studente wat van finansiëlesteundienste gebruik maak vanaf R1500 na R2000 per kwartaal te verhoog. Dit sal egter beteken dat die pakket wat hulle volgende jaar moet ontvang minder sal wees.
Die bestuur sal ook probeer om die voorgestelde toename in verblyfkostes van 11.68% te ondersoek.
Studentekaarte wat in 2009 gesluit is sal weer oopgemaak word en die huidige studenteraad sal studente aanmoedig om die finansiëlesteundienste te besoek vir verdere bystand in 2009.
Die studenteraad sal ook ‘n beroep op die studente doen om hulle uitstaande rekeninge te vereffen.
