praag.co.za

VSA skrap missielafweerstelsel in Oos-Europa

Die Obama-administrasie gaan die omstrede missielafweerstelsel in Oos-Europa skrap.

Senior Amerikaanse amptenare se uitsprake is deur soortgelyke verklarings in Pole en Tsjeggië, die twee sleutellande waar elemente van die stelsel opgerig sou word, gevolg.

Aanvanklik wou vise-president Joe Biden nie gerugte bevestig of ontken nie.

Hy het egter die logika van die besluit verdedig deur aan te voer dat Iran nie deur die VSA as 'n bedreiging beskou word nie.

Biden het aan CNN gesê Amerika is "heeltemal by magte en gereed om enige huidige of toekomstige bedreiging uit Iran te hanteer".

"Die hele doel van die oefening wat ons onderneem is om die moontlikheid van Iranese wat dié streek in die wêreld destabiliseer, te verminder. Ek is nie baie bekommerd – baie minder bekommerd – oor die potensiaal van Iran. Hulle het geen potensiaal op hierdie stadium om 'n missiel na die VSA af te vuur nie," het hy gesê.

Biden het gesê hy is "diep" betrokke by die hersiening van die missielafweerstelsel.

Die vorige Bushadministrasie het Iran as 'n bedreiging beskou en die beweegrede vir die afweerstelsel.

Die Amerikaanse ommeswaai sal goeie nuus vir Rusland wees wat fel gekant was teen die plan.

'n Amerikaanse afvaardiging het Donderdag in beide Pole en Tsjeggië aangedoen en albei lande het bevestig dat die stelsel geskrap gaan word.

Tsjeggiese eerste minister Jan Fischer het gesê Obama het hom Woensdag ingelig oor die skrappng maar het nie redes daarvoor gegee nie.

'n Woordvoerder van die Poolse minsiterie van verdediging het ook gesê die planne is van die baan. Die woordvoerder, wat anoniem wou bly, het gesê "dit is 'n katastrofe vir Pole".

Albei Oos-Europese lande het hulle toekomstige veiligheidsbeleid op die missielafweerstelsel van die VSA gegrond omdat hulle inmenging van Rusland vrees.

Hulle sal na verwagting nou na Navo-alliansievennote kyk vir soortgelyke waarborge. "Ons verwag dat die VSA sal aanhou saamwerk met Tsjeggië en die betrokke ooreenkomste van ons gesamentlike (navorsing en ontwikkeling) en finansiering van spesifieke militêre projekte, sal eerbiedig," het Fischer gesê.

Daar was geen kommnetaar van Russiese amptenare oor die skrapping, wat 'n diplomatieke oorwinning vir Rusland is, nie.

Met die afweerstelsel uit die pad is daar egter 'n moontlikheid van nouer samewerking tussen die VSA en Rusland wat Iran aanbetref, aangesien die afweerstelsel as 'n struikelblok oor die aangeleentheid beskou is.

лучшее пуско зарядноедепутат лобановский

Comments

Leave a Reply