Matriekdramaleerlinge se punte aangepas na walglike vraag
Die vraag wat gehandel het oor babaverkragting in die dramatiese kunste se matriekeindeksamen was in swak smaak, het Sizwe Mabizela, Umalusi Raad se voorsitter, toegegee. “Namens Umalusi , wil ons ons volle en onomwonde verskoning aanbied aan die land vir die feit dat so ‘n vraag sy weg in die vraestel kon vind,” het hy
Lees verder: Matriekdramaleerlinge se punte aangepas na walglike vraag
Vuurwerkvertonings in Sydney, Dubai vir Nuwe Jaar
Die stad Sydney in Australië beloof ‘n ongeëwenaarde vuurwerkvertoning vanaand wanneer die wêreld die nuwe jaar begroet. Die hawestad sal verlig word deur tonne vuurwerk wat die eerste maal in 10 jaar van die Sydney Operahuis afgevuur sal word. Daar sal na verwagting sowat 1,6 miljoen toeskouers gelok word en talle besoekers het reeds hul
Lees verder: Vuurwerkvertonings in Sydney, Dubai vir Nuwe Jaar
Kaapse Klopse mag nie Mandela aan ANC verbind nie
Die Kaapse stadsraad het gedreig om befondsing van die Kaapse Klopse-karnaval te weerhou as hulle die ANC aan Mandela verbind. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het die Klopse gewaarsku dat die stadsraad nie Mandela aan die ANC sal verbind nie. Die Klopse wou armbandjies dra met Nelson Mandela se gesig en die ANC-kleure
Lees verder: Kaapse Klopse mag nie Mandela aan ANC verbind nie
Onafhanklike eksamenraad se uitslae effens beter
Van die matrieks wat die onafhanklike eksamenraad (IEB) se eksamen geskryf het, het 98% geslaag. Dié eksamen is deur meer as 9.500 leerlinge van 185 skole afgelê. Die raad se bestuurshoof, Ann Oberholzer, sê dit toon ‘n geringe verbetering van 0,3 persent op verlede jaar se uitslae, het RSG berig Sy sê wat veral verblydend is,
Lees verder: Onafhanklike eksamenraad se uitslae effens beter
Cliff Saunders se seun in fratsongeluk oorlede
Die seun van ‘n voormalige SAUK-veteraan Cliff Saunders is in ‘n fratsongeluk in Soweto oorlede. Die gesoute kameraman, Dudley Saunders is deur ‘n trein getref. Hy was 45 jaar oud. Hy is deur die trein getref terwyl hy in Soweto, suid van Johannesburg verfilm het. Saunders het jare in die media gewerk, onder meer as
Herrie oor vet Barbiepop
‘n Herrie broei oor ‘n versoek om Barbie om te tower op ‘n manier wat strydig is met die ikoniese beeld van ‘n baie gewilde pop. Versoeke is aan Mattel gerig om ‘n plus-grootte Barbie te maak. Terwyl sommige sê die meer realistiese vet pop sal ‘n beter rolmodel vir meisies wees, het ander gesê
Selfmoordbomaanval verskerp vrese oor Winterspele
Tien mense is dood in ‘n ontploffing op ‘n trolliebus in die Russiese stad Wolgograd in die tweede dodelike terreuraanval. Volgens berigte is tien mense dood en tien is beseer in die jongste aanval. ‘n Selfmoordbomaanval het die stad se hooftreinstasie ‘n dag vantevore geruk waarin minstens 17 mense omgekom het. Dit het vrese laat
Lees verder: Selfmoordbomaanval verskerp vrese oor Winterspele
Tembustam maan Mandelas tot kalmte
Die AbaThembu koninklike familie het die Mandela-familie tot kalmte gemaan. ‘n Woordvoerder van die familie, Daludumo Mtirara, het ‘n verklaring uitgereik na ‘n vergadering in Qunu tussen die AbaThembu koninklikes en verteenwoordigers van die Mandela-familie. Nelson Mandela se boedel sal eersdaags ter sprake kom. Mtirara sê die familielede gevra om kalm te bly en die
Forensiese ondersoek na polisie-skeidingspakette
‘n Forensiese ondersoek is gelas na die Suid-Afrikaanse polisiediens se afdeling wat gemoeid is met skeidingspakette. Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het gesê ‘n omvattende ondersoek sal geloods word nadat vier polisielede ivm korrupte uitbetalings vasgetrek is. Die afdeling is verantwoordelik vir die verwerking van betalings en voordele aan voormalige SAPD-werknemers. Die vier mense
Lees verder: Forensiese ondersoek na polisie-skeidingspakette
