Vuurwerkvertonings in Sydney, Dubai vir Nuwe Jaar

sydneyDie stad Sydney in Australië beloof ‘n ongeëwenaarde vuurwerkvertoning vanaand wanneer die wêreld die nuwe jaar begroet.

Die hawestad sal verlig word deur tonne vuurwerk wat die eerste maal in 10 jaar van die Sydney Operahuis afgevuur sal word.

Daar sal na verwagting sowat 1,6 miljoen toeskouers gelok word en talle besoekers het reeds hul stelling ingeneem om ‘n goeie uitsig te verseker.

Dubai maak intussen aanspraak op selfs ‘n groter skouspel.

Die stad hoop om die Guinnes Wêreldrekordboek te herskryf vir die grootste vuurwerkvertoning ter wêreld wanneer hy vanaand meer as 400.000 verskillende vuurwerk afvuur.

Reuse Nuwejaarsvermaak word ook in stede soos Londen, Moskou, Berlyn en Rio de Janeiro verwag, maar nie almal sal fees vier nie.

Die polisie in die ultra-konserwatiewe Saoedi-Arabië het die land teen jolyt gemaan.

Talle klopjagte is in Johannesburg se middestad uitgevoer op winkels wat nie voldoen aan vuurwerk-wetgewing nie en daar is by verskeie winkels op vuurwerk beslag gelê.

Baie winkels het meer as ‘n duisend kilogeram vuurwerk aangehou sonder dat hulle brandblussers gehad het.

‘n Woordvoerder van die stad se nooddienste sê ondersoeke het bevind dat baie ondernemings oor lisensies beskik het, maar dat dit nie aan die wetlike voorskrifte voldoen het nie. – RSG

Brittanje dreig om bande met Mossad te breek

Ministers in Brittanje is woedend nadat Israelse Mossadagente klaarblyklik met gesteelde identiteite van Britse paspoorthouers gereis het om ‘n sluipmoord in Doebai te gaan pleeg. Dié land het gedreig om hulle inligtingsverhouding met Israel op te skort indien onomwonde bewyse vir die diefstal gevind word.

‘n Moordbende van die Mossad het glo vroeër vandeesmaand die paspoorte van ses niksvermoedende Britte gekopieer wat tans uit vrees vir hul lewens moet skuil teen weerwraakaanvalle.

Israel se intelligensiediens, wat nog nie ‘n aandeel in die moord ontken het nie, het tot dusver die gebruik van Britse identiteite in sulke koverte operasies vermy nadat hulle voorheen onderneem het om dit nie te doen nie.

Die Israelse ambassadeur in die VK is na die Foreign Office ontbied te midde van die stygende diplomatieke herrie. Ron Prosor sal Sir Peter Ricketts, ondersekretaris van buitelandse sake, Donderdag ontmoet om vrae oor Israel se betrokkenheid te beantwoord.

Gordon Brown het ‘n volle ondersoek na die paspoortbedrog gevra.

Die Mossad word daarvan verdink dat hulle ‘n militêre bevelvoerder en Hamasleier, Magmoed al-Mabhoeg, op 20 Januarie in sy hotelkamer in Doebai vermoor het. Hamas is die Moslemgroep wat die Gazastrook beheer.

Die ses Britte wie se paspoorte gekopieer is, woon almal in Israel, wat beteken dat die Mossad maklike toegang tot hulle reisdokumente sou kon verkry het.

‘n Senior amptenaar van buitelandse sake in Brittanje het aan die Daily Telegraph gesê as daar bewyse van die Mossad se betrokkenheid in die moorde gevind word, sal dit intelligensie-uitruilooreenkomste tussen Brittanje en Israel benadeel.

Hy het gesê as dit die geval blyk te wees, sal Brittanje bande met die Mossad verbreek soos Margaret Thatcher  in 1986 gedoen het nadat ‘n Mossadagent ‘n sak vervalsde Britse paspoorte verloor het..

Die Israelis is terugverwelkom eers toe hulle onderneem het om nie weer van Britse paspoorte in koverte operasies gebruik te maak nie.

Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman, het intussen verklaar dat daar geen rede is om Israel te verdink nie, maar het nogtans geweier om sy land se veiligheidsdiens se betrokkenheid amptelik te ontken.

Hy het gesê Israel het ‘n “beleid van dubbelsinnigheid” wat hulle handhaaf in sulke gevalle ter wille van veiligheid.

для гидроаккумулятораФильчаков прокурор харьков

Doebai-krisis ontketen wêreldwye geldvrese

Vrese oor ‘n gevaarlike nuwe fase in die ekonomiese krisis het gister om die wêreld geswiep soos wat handelaars gereageer het oor die skokaankondiging dat ‘n skulddeurtrokke Doebai staatskorporasie nie in staat was om sy renterekening te vereffen nie.

Aandele het getuimel, swak geldeenhede is gekasty en meer as $14-miljard is van die waarde van Britse banke uitgewis as gevolg van vrese dat hulle gekwes gelaat sal wees deur nuwe verliese.

Senuweeagtige handelaars het die fokus van hulle angs oorgedra van die risiko van maatskappye wat vou na die risiko van nasiestate wat in verstek bly om hulle skuld te betaal. Beleggers wat geld geskuld word deur Meksiko, Rusland en Griekeland het agtergekom wat die prys is om hulleself teen die verstekvuurpyl te verseker.

Hoewel die omvang van Doebai se skuld relatief beskeie is teen $80-miljard, het die onsekerheid die markte op hol gejaag, met niemand wat seker is wie die krediteure is nie. Verskeie banke het hulle gehaas om verklarings uit te reik om beleggers te verseker dat hulle blootstelling gering is.

Die FTSE 100 het met 171 punte tot 5,194 getuimel – die grootste val in een dag die afgelope agt maande, tydens een van die bewerigste dae in die geldmarkte sedert die dieptes van die bankkrisis.

Die Tesourie, die Bank van Engeland en die Finansiële Dienste Gesag hou gebeure fyn dop en dring op syfers van Britse banke oor hulle leningsblootstelling aan Doebai aan.

Volgens ‘n senior regeringsamptenaar word Dubai se krisis as beskeie en hanteerbaar vir Brittanje beskou, maar daar is toenemende vrese dat Abu Dhabi, die olieryk naburige emiraat wat in die verlede reddingslenings toegestaan het, Dubai aan sy lot sal oorlaat.

Dubai World, die korporasie wat deur die staat besit word, het die paniek Woensdag ontketen deur op ‘n pasmarkering van hulle rentebetalings aan te dring, en het die luim laat versleg toe hulle ‘n telekonferensie met hulle verbandhouers gekanselleer het, met die verskoning dat die telefoonlyne oorlaai is.

 

blackjack strategyлобановский александр дети