RSG berig dat die Oegandese polisie veiligheidsmaatreëls in die hoofstad, Kampala verskerp het nadat die VSA sy burgers teen terreur gewaarsku het. Die Amerikaanse ambassade het gister gesê terreurgroepe kan plekke in Kampala teiken waar Amerikaners en ander Westerlinge gewoonlik bymekaar kom. Die polisie sê die bedreiging word verbind met die Islamitiese groep al-Sjabaab. Oeganda
Repokoers onveranderd maar inflasie wink
Alhoewel Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gistermiddag in Pretoria aangekondig het dat die bank sy repokoers onveranderd laat op 5,75%, kan die daling in die waarde van die rand en `n waarskynlike opwaartse neiging in inflasie, die Reserwebank dwing om rentekoerse later vanjaar te verhoog. Na verwagting sal finansiële druk op verbruikers in April
Vlaamsbelang besoek Siriese president
Die leier van die Vlaamsbelang (VB) in Antwerpen, Filip Dewinter, is gisteroggend gul ontvang in Damaskus deur die Siriese president Basjar al-Assad. Dewinter het die Siriese president ‘n “bondgenoot teen Salafism en ekstremisme” genoem. “Stadig maar seker begin algar sien dat ons hom as ‘n bondgenoot (in die stryd) teen Salafism en ekstremisme moet beskou,”
Top Gear te wit en te manlik
Die BBC het bevestig dat Top Gear-aanbieder Jeremy Clarkson se kontrak nie hernieu gaan word nie. Die besluit om Clarkson te skors het tot groot ontsteltenis onder Top Gear-aanhangers gelei wat sê dit is die jongste poging van die linkse Danny Cohen om van Clarkson ontslae te raak. Top Gear, een van BBC2 se gewildste
‘n Hart van goud kos hom sy lewe
Hennie de Vries is verlede Woensdag op pad huis toe op die N1 in Maraisburg, Roodepoort, doodgeskiet toe hy ‘n passasier uit ‘n brandende motor wou red. Al was dit laat in die nag, het hy stilgehou. Voordat hy uit sy motor kon klim, het iemand vier koeëls deur die voorruit gepomp. Sterwend, vooroorgesak in
Beurtkrag tap miljarde van ekonomie
Eskom se beurtkrag kos die SA ekonomie tussen twintig en tagtig miljard rand per maand. Dit is volgens ‘n voorlegging wat die Departement van Openbare Ondernemings vandag aan die Parlement maak. Eskom se raad gaan na verwagting ook vandag op ‘n spesiale vergadering oor die toekoms van sy voorsitter, Zola Tsotsi besluit. Die vergadering by
Ladybrand gespanne na onwettige grondbesetting
‘n Donker rookwolk het Woensdag oor die Manyatseng-lokasie by Ladybrand gehang. Volgens Biki Mohono, ‘n plaaslike inwoner wat nou in die lokasie is, is die situasie is buite beheer en inwoners is woedend. Hy het aan OFM gesê is daar verskillende oproeriges wat geboue brand en buitelanders se winkels plunder. Onder die plunderaars is skoolkinders
Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag
Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal vanmiddag sy besluit oor die repokoers bekend maak. Dit is die koers waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke uitleen. Die koers is tans op 5,75 persent. Die meerderheid ekonome verwag dat die repokoers onveranderd gelaat sal word. Nog ‘n hoofaanduider sal wees wanneer Statistiek Suid-Afrika die Produksieprysindeks vir Februarie
Lees verder: Aankondigings oor repokoers, PPI en brandstofprys verwag
Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014
Die ANC se kindertoelaes vernietig onderwys, sê kenners, omdat skoolkinders deur die maandelikse uitkerings gelok word om kinders te baar. Meer as 20 000 leerlinge het verlede jaar swanger geraak. Dit is nie bekend hoeveel wit kinders swanger geraak het nie. Volgens die departement van basiese onderwys was 223 van dié leerlinge nog in laerskole.
Lees verder: Twintigduisend, ook laerskoolkinders swanger in 2014
Solidariteit, ANC stem dat ‘apartheidname’ moet verander
Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sê Solidariteit stem saam met die ANC dat “apartheidsname” moet weg. Hy word soos volg aangehaal op Netwerk24: Dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het gesê hulle stem in beginsel saam dat die name met ’n apartheidsverbintenis moet waai. Die ANC wil Afrikanername
Lees verder: Solidariteit, ANC stem dat ‘apartheidname’ moet verander
