Die Grondwethof sal vanoggend betoë aanhoor in ‘n aansoek om toegang te kry tot inligting oor die privaat befondsing van politieke partye. Die saak is deur die nie-winsgewende veldtog My Vote Counts ingedien, het RSG berig. Hulle wil hê die hof moet die Parlement opdrag gee om wetgewing in te stel wat toegang tot sulke
Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie
In ‘n epos wat onlangs op Facebook geplaas is, verduidelik die bestuur van die Inniboskunstefees waarom Steve Hofmeyr nie meer by hul fees welkom is nie. Ons plaas dit hier omdat die inhoud eintlik vanself spreek. Nie net weerspreek dit die sogenaamde “grondwetlike waardes” waaroor al die polities korrektes so hoog opgee nie (meningsvryheid, artistieke
Lees verder: Innibos se redes waarom hulle Steve nie meer nooi nie
Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand
Skermutselinge tussen onwettige myners, het die Oos-Rand nege ure lank in paniek gehad. Gevegte tussen twee groepe strydende onwettige mynwerkers het veroorsaak dat gesinne onder hul beddens en binne kaste moes wegkruip vir gewapende mans wat mekaar agtervolg het en by hul eiendomme ingebars het. New Modder, buite Benoni, is Sondag omskep in ‘n oorlogsone
Lees verder: Skermutselinge tussen onwettige myners aan Oos-Rand
Hoëprofiel-swart-wit-moordsaak broei in VSA
CNN berig dat ‘n swart man, die 32-jarige Jesse Matthew, in Texas gevang is en aangekla gaan word van moord op ‘n 18-jarige blanke studente, Hannah Graham. Die polisie van Alebmarle-distrik sal later vandag om 10:00 Amerikaanse oostelike tyd (17:00 in Suid-Afrika) ‘n perskonferensie hou om besonderhede oor die saak bekend te maak. Graham, wat
Woede oor Zim olifantkalwers uitvoer
Die Zimbabwiese regering gaan voort met sy omstrede planne om lewende olifante uit te voer, het RSG berig. ‘n Woordvoerder, Prince Mupazviriro sè hulle sal dit ooreenkomstig die reëls van die wèreldwye wildhandelsverdrae hanteer. Tot 80 olifantkalwers is in die Hwange Nasionale Park gevang, wat internasionaal groot woede ontlok het. Die finansieel gestremde wildtuinowerheid sê
Hittegolf duur voort
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat die hittegolf oor Gauteng en Noordwes tot more kan voortduur. Die westelike dele van Noordwes, soos Vryburg, Bloemhof en Klerksdorp sal veral geraak word en in sekere gebiede sal die kwik nie tot onder 35 grade celsius daal nie. Die warm weer word veroorsaak deur hoogdrukstelsels in die hoër
Geen beurtkrag vandag?
Volgens ‘n twiet op Eskom se Twitterblad van gisteraand 11-uur, is fase-1-beurtkrag gekanselleer omdat verbruikers glo “elektrisiteit bespaar” het. Soos praag egter gister berig het, kan verbruikers steeds beurtkrag en kragonderbrekings oor die langer termyn verwag soos wat Eskom se probleme weens ‘n jare lange gebrek aan instandhouding en goeie bestuur toeneem.
Paniek oor Eskom: binnekort dalk geen krag en water, maar wel onluste, plundery
Soos wat meer en meer nuus oor Eskom uitlek, kom dit voor asof jare se wanbestuur deur hoogs besoldigde “uitvoerende beamptes” uiteindelik hul tol begin eis. Die koerant Business Day berig vandag dat die elektrisiteitsreus Donderdag “ten minste 10 000 Mw van sy vermoë verloor het”, die ergste sedert die kragonderbrekings in 2008. Hierdie toestand
Lees verder: Paniek oor Eskom: binnekort dalk geen krag en water, maar wel onluste, plundery
Le Pen sien regdeur Amerikaanse oorlogsplanne
Die leier van Frankryk se opkomende Front National (FN), Marine Le Pen, het Brussel daarvan beskuldig dat hulle “Amerikaanse lakeie” is wat die EU-beleid in die Oekraïne betref. Sy het Washington voorts beskuldig dat hulle probeer om ‘n “oorlog in Europa” te ontketen en met NAVO uit te brei tot teenaan Rusland se grense. “Europese
Rassehaat word deur die media aangemoedig
Rassehaat word op baie plekke aangeleer. Een daarvan is die media, wat skreiende dubbele standaarde besig. Wanneer ‘n voorval soos by die Curroskool plaasvind, waar witmense die skuldiges is, is daar ‘n geskree in die media wat dikwels weke duur. Wanneer talle blankes daagliks deur swartes aangeval, vermoor, verkrag en gemartel word, swyg die media
