“Roof by woonhuise as die misdaad wat die meeste gevrees word in Suid-Afrika het met 3,6% toegeneem volgens die nuutste misdaadstatistiek. Inbrake by woonhuise het met 3,3% (253 633 gevalle) toegeneem en motorkapings met 5,4%. Dit is juis by jou huis en op pad werk toe wat mense veilig wil voel. Die publiek het dus
ISS: Nuwe, ernstige veiligheidsbedreigings in SA
Die Instituut vir Sekerheidstudies het ‘n beroep op die Minister van Polisie, Nathi Mthethwa gedoen om toe te laat dat meer gereelde en gedetailleerde inligting oor sogenaamde nuwe misdade in die land bekend gemaak word. Die ISS het die vorige syfers van ‘n afname in geweldsmisdaad verwelkom, maar verwag dat die nuwe misdaadstatistiek wat vandag
Lees verder: ISS: Nuwe, ernstige veiligheidsbedreigings in SA
Skietery in die middestad van Johannesburg
Twee mense is Woensdagmiddag beseer toe ‘n groep swartes wat besig was om van veiligheidswagte in die Johannesburgse middestad af weg te vlug, begin skiet het, het die polisie gesê. “‘n Audi Q7 het ‘n blou BMW M1 gejaag toe die insittendes van die BMW op die Audi Q7 begin skiet het, wat deur veiligheidswagte
Duitsland het chemikalieë met ‘tweeledige gebruik’ na Sirië versend
Duitse amptenare het bevestig dat Berlyn chemikalieë na Sirië versend het wat moontlik gebruik kan word om Saringas te maak. Die regering het egter benadruk dat hulle vol vertroue is dat die “tweeledige-gebruik“ chemikalieë nie vir militêre doeleindes aangewend is nie. Duitsland het meer as 100 ton van die bestanddele wat ook vir die vervaardiging
Lees verder: Duitsland het chemikalieë met ‘tweeledige gebruik’ na Sirië versend
100 in hegtenis na onluste in Port Elizabeth
Meer as 100 mense is vir openbare geweldpleging en die plunder van spaza-winkels tydens betogings in Port Elizabeth gearresteer, het die Oos-Kaapse polisie Woensdag gesê. “Die situasie in sekere van die lokasies in Port Elizabeth bly gespanne maar bestendig met die polisie wat steeds ‘n streng teenwoordigheid handhaaf,” het brigadier Marinda Mills gesê. Volgens Mills
ANC wen twee uit drie wyke in Tlokwe
Voorlopige uitslae wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie vrygestel is, toon dat die ANC in wyk ses teen die DA gewen het. In wyk 18 het die ANC teen ‘n onafhanklike kandidaat gewen, maar wyk 26 is weer deur ‘n onafhanklike kandidaat, Butiki Mahlabe, ingepalm. Die hoof van die OVK in Noordwes, Dr Tumelontle Thiba het
Misdaadstatistiek vandag afgewag
Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, sal na verwagting Donderdag die misdaadstatistiek vrystel. Verlede jaar het die amptelike statistiek wat deur Mthethwa vrygestel is, aangetoon dat die reële moordsyfer effens afgeneem het, met 331 minder mense wat in 2012 as in 2011 vermoor is. ‘n Ontleding wat vooraf deur die hoof van die SAPD se
Meneer Naidoo sien ‘nuwe goudstormloop’ in hidrobreking
Die uitvoerende hoof van die Waterhulpbronkommissie, Dhesigen Naidoo, sê Suid-Afrika het ‘n unieke geleentheid om ‘n nuwe wêreldstandaard vir die ontrekking van gas deur hidrobreking te stel. Hy het ‘n nasionale konferensie oor grondwater in Durban toegespreek waar die omstrede vooruitsigte van hidrobreking in die Karoo bespreek is. Naidoo sê Suid-Afrika kan dit nie ignoreer
Lees verder: Meneer Naidoo sien ‘nuwe goudstormloop’ in hidrobreking
Aanklagte teen Somaliër in PE teruggetrek
Aanklagte voorlopig teruggetrek teen ‘n Somaliese winkeleienaar van Port Elizabeth. Hy het na bewering ‘n 19-jarige doodgeskiet, wat gelei tot uitgebreide onluste en plundertogte. Die winkelier is as gevolg van ‘n gebrek aan getuies in die New Brightonse landdroshof vrygelaat. Die polisie sê hulle was onbewus daarvan dat getuies geroep sou word, sodat hulle getuies
Vermeende baasbrein van renosterstropers vas
‘n Vermeende baasbrein agter renosterstropery is in ‘n klein dorpie naby die Kruger-wildtuin in hegtenis geneem. Volgens SANparke was dié “waardevolle” arrestasie die gevolg van ‘n uitgebreide ondersoek deur ‘n spesiale polisie-eenheid. Die man is by Cork Trust-village in hegtenis geneem. Volgens ‘n woordvoerder van SANparke, Ike Phaahla, “word daar vermoed dat die persoon deel
