Onafhanklike kragprodusente aangemoedig

Private belegging in hernubare energie het R193 miljard bereik, het die minister van Energie aangekondig. Die name van 13 bykomende voorkeurbieërs in die hernubare energieverkrygingsprogram wat onafhanklike kragprodusente aanmoedig om krag te voorsien, is bekendgemaak. Tina Joemat-Pettersson sê die program se bod Venster 4 sal ‘n bykomende 1084MW van elektrisiteit voorsien aan die nasionale netwerk.

Lees verder: Onafhanklike kragprodusente aangemoedig

Leeukamp sluit, leeu ontsnap uit Karoopark

Die bestuur by die Leeupark noord van Johannesburg het besluit om die leeukamp te sluit waar ‘n Amerikaanse toeris verlede week deur ‘n leeu doodgebyt is. Die 29-jarige Katherine Chappell is deur die leeuwyfie aangeval toe sy foto’s by die Leeupark geneem het terwyl haar motorvenster wawyd oop was. Die bestuurder, Andre La Kock, sê

Lees verder: Leeukamp sluit, leeu ontsnap uit Karoopark

Sewe verhoorafwagtendes ontsnap

Die polisie in Gauteng is op soek na sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Maandagmiddag polisiebeamptes oorval en uit die Lenasia landdroshof ontsnap het. Ses van die sewe mans word van huisbraak en diefstal aangekla terwyl die sewende tereg staan op aanklag van roof met verswarende omstandighede. ‘n Interne ondersoek word deur die polisie ingestel om vas

Lees verder: Sewe verhoorafwagtendes ontsnap

Vermeende plaasmoordenaars was eers werkers

Die twee vermeende swart moordenaars, Frank Itumeleng (22) en Ben Thabo (19), wat teregstaan vir die moord op ‘n 64-jarige boer van Kuruman, Christo Kruger, het Maandag vlugtig in die landdroshof op Kuruman verskyn. Kruger is op 28 Mei in sy plaashuis se agterdeur, omstreeks 20:00 doodgeskiet. Hy en sy vrou, Vera, was alleen in

Lees verder: Vermeende plaasmoordenaars was eers werkers

Twee vas vir Kuruman-plaasmoord

Twee swart mans is in hegtenis geneem in verband met die moord van ‘n 64-jarige boer van Kuruman in die Noord-Kaap. Christo Kruger is in koele bloede vermoor op sy plaas Byron op 28 Mei vandeesjaar. Niks is tydens die aanval gesteel nie. Kruger is deur die swart aanvallers in die bors geskiet deur die

Lees verder: Twee vas vir Kuruman-plaasmoord

Byna kwart van visprodukte verkeerd gemerk

‘n Navorser van die Universiteit van Stellenbosch, Donna Cawthorne, sê amper 20 persent van vars visprodukte in winkels in die land het verkeerde etikette op. Volgens die SABC het Cawthorne die afgelope tyd DNS-monsters van vars visprodukte landwyd versamel. Sy sê hulle narvorsing het tot die slotsom gekom dat goedkoper produkte verkeerd gemerk word om

Lees verder: Byna kwart van visprodukte verkeerd gemerk

Sestig werkers in hospitaal na ammoniaklek

Die meerderheid van die Sparta Foods-werknemers wat gister in Mediclinic Welkom opgeneem is, weens ammoniakdampe wat hulle ingeasem het, is reeds ontslaan. Hospitaalwoordvoerder Marissa Pawson sê 25 van die 27 pasiënte is reeds huis toe. Die drama het homself oor die naweek afgespeel. Die lekkasie het vermoedelik ontstaan in ’n pyp wat gas aan koelkamers

Lees verder: Sestig werkers in hospitaal na ammoniaklek

Cameron dreig anti-EU ministers

Die Britse Eerste Minister, David Cameron staar ‘n rebellie binne sy regerende Konserwatiewe Party in die gesig oor voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie. Cameron is deur ‘n groep van meer as vyftig parlementslede uitgedaag in ‘n veldtog om die EU te verlaat indien daar nie radikale verandering plaasvind nie. Die anti-EU ministers het ‘n

Lees verder: Cameron dreig anti-EU ministers

Oproer in Soweto nadat Eskom krag sny

Die situasie in Soweto, suid van Johannesburg is weer normaal nadat ‘n groep inwoners van Meadowlands gisteraand op ‘n plundertog gegaan het. ‘n Kitskosrestourant, ‘n drankwinkel en twee kitsbanke is geplunder, het RSG berig. Die inwoners is ontevrede omdat Eskom die kragtoevoer na die gebied afsny. Die Gautengse Metropolisie sê die situasie het na normaal

Lees verder: Oproer in Soweto nadat Eskom krag sny

Jeugliga-kongres deur geweld gekenmerk

Die eerste dag van die KwaZulu-Natalase ANC-jeugliga in Port Shepstone is gekenmerk deur geweld, ontwrigtings en vertragings. Die tweedaagse kongres was geskeduleer om gistermiddag om eenuur te begin, maar dit het eers vandag in die vroeë oggendure begin nadat ontevrede lede by die hekke deur die polisie voorgekeer is omdat hulle ontwrigtings veroorsaak het. Die

Lees verder: Jeugliga-kongres deur geweld gekenmerk