‘n Navorser van die Universiteit van Stellenbosch, Donna Cawthorne, sê amper 20 persent van vars visprodukte in winkels in die land het verkeerde etikette op.
Volgens die SABC het Cawthorne die afgelope tyd DNS-monsters van vars visprodukte landwyd versamel.
Sy sê hulle narvorsing het tot die slotsom gekom dat goedkoper produkte verkeerd gemerk word om die verbruiker te probeer mislei.
Volgens Cawthorne het hulle egter hard gewerk saam met verspreiders en groothandelaars, en is daar reeds ‘n verbetering te sien vandat hulle die eerste navorsing in 2010 gedoen het.

Mooi werk Donna! Jys ‘n ster.
Terloops het ons hier ‘n wilde katte plaag en hondsdolheid gehad jare gelede. Vreeslike gevaarlik as ‘n wilde kat skielik mak lyk en ‘n mak kat skielik wild raak en kwyl… Kind is gebyt en sy was positief en moes behandeling kry.
Toe koop ek ‘n blikkie waterige vis en maak twee bakkies aas : een met 2 Step aartappel gif en een skoon een. Die dooie kat lê waragtag langs die SKOON bakkie aas !!
13 Katte so gedood.. Selfs die brommers vrek op die karkas. Smaak my as hulle daaraan lek is dit fataal.
Dis al wat ek van ongemerkte vis af weet
Grappie!