‘n Navorser van die Universiteit van Stellenbosch, Donna Cawthorne, sê amper 20 persent van vars visprodukte in winkels in die land het verkeerde etikette op.
Volgens die SABC het Cawthorne die afgelope tyd DNS-monsters van vars visprodukte landwyd versamel.
Sy sê hulle narvorsing het tot die slotsom gekom dat goedkoper produkte verkeerd gemerk word om die verbruiker te probeer mislei.
Volgens Cawthorne het hulle egter hard gewerk saam met verspreiders en groothandelaars, en is daar reeds ‘n verbetering te sien vandat hulle die eerste navorsing in 2010 gedoen het.
