Grootste dwelmvonds in Durban gemaak

Die polisie in KwaZulu-Natal het beslag gelê op onverwerkte heroiën ter waarde van meer as twee miljard rand, in wat as die grootste dwelmvonds nog bestempel word. In ‘n gesamentlike operasie tussen die Umhlali K9, Umhlali-taakspan, en Phoenix-misdaadintelligensie asook die taktiese reaksiespan is die bedrywighede van ‘n dwelmlaboratorium in die elite voorstad Hillcrest oopgevlek. Tydens

Lees verder: Grootste dwelmvonds in Durban gemaak

Ses swartes skop witte in Spur dood

Ses swartes het ’n wit man Sondagaand in ’n Spur-re­staurant in Alberton aangerand, geslaan en doodgeskop nadat hulle hom eers getart het. Na hul walglike daad het die groep swartes doodluiters na hul tafels teruggekeer en aangehou gesels, drink en eet asof niks gebeur het nie. Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe Bradley du Preez, 20, in die

Lees verder: Ses swartes skop witte in Spur dood

Poetin wil krisis in Oekraïene tot einde bring

Nege mense het vermoedelik omgekom na ʼn Oekraïnse helikopter Dinsdag neergeskiet is. Die voorval het naby Slaviansk in die oostelike gedeelte van die Oekraïne gebeur. Die voorval kom te midde van pogings deur die Russiese president Wladimir Poetin om die situasie te kalmeer. President Wladimir Poetin van Rusland het sy parlement versoek om ʼn resolusie

Lees verder: Poetin wil krisis in Oekraïene tot einde bring

Malema op kommissie wat regters aanstel

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, Julius Malema, is verkies tot die Geregtelike Dienskommissie in die parlement. Hy sal op dié kommissie dien wat regters aanstel, saam met die ANC se voormalige sweep Mathole Motshekga en die voormalige kabinetsminister Thoko Didiza. Die ander drie lede wat tot die kommissie verkies is, is die DA se

Lees verder: Malema op kommissie wat regters aanstel

Bodem II, 19: Die uniform

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 18. Die weer is ʼn omgewing se grimering en as daar ooit ʼn bewys was van die natuur se ongeërgdheid oor die lotgevalle van die mens, is dit ten toon gestel dáárdie dag ná die verskriklike Nag Een toe die

Lees verder: Bodem II, 19: Die uniform

Suid-Afrika se tien dunste boeke

Deur Manfred Delport. Met die oog op Sadou se veldtog om geskiedenis ‘n verpligte skoolvak te maak, het ek gewonder wat sou die leerplan vir die Suider-Afrikaanse geskiedenis vóór 1652 wees. Goed, daar is geskrewe rekords van Vasco da Gama en Bartolomias Dias wat in die 15de eeu om die Kaap geseil het, maar sover

Lees verder: Suid-Afrika se tien dunste boeke

Die groot verloorders in Irak: Britte, Turke, Chinese

Die moontlike verdeling van Irak in drie dele sal oliekaarte herskommel. Met die deurbraak van ISIS, het al die oliemaatskappye hul personeel verminder. Sommige meer as ander: Die verloorders is BP, Shell, Türkiye Petrolleri Anonim Ortaklığı (TPAO) en Chinese maatskappye (Petro, Sinopec en CNOOC). Die verloorders is die Britte, die Turke, en veral die Chinese,

Lees verder: Die groot verloorders in Irak: Britte, Turke, Chinese

Clem Sunter vermaak Damesklub

Clem Sunter, ‘n toekomsontleder, het glo twee belangstellings wat hom na aan sy hart lê. Hy het by die Albertonse Damesklub as gas opgetree. Sunter sê hy wil ‘n nuwe generasie van entrepreneurs in Suid Afrika sien floreer, asook sien hoe die private mediese sektor ‘n positiewe deelname maak in die stryd teen MIV/Vigs. Dit

Lees verder: Clem Sunter vermaak Damesklub

Die Muishond gaan oproerige skares met pepersproei takel

‘n Suid-Afrikaanse maatskappy het ‘n onbemande tuig ontwerp om pepersproei op oproerige skares te spuit. ‘n Internasionale mynmaatskappy het reeds bestellings geplaas vir die tuig. Desert Wolf sê hulle wil graag help in “die voorkoming van nog ‘n Marikana”. Die “Muishondskarebeheerkopter”  [Skunk Riot Control Copter] word deur arbeidsaktiviste veroordeel as “absoluut verregaande”. Dié tuig word vergelyk

Lees verder: Die Muishond gaan oproerige skares met pepersproei takel

Bodem II, 18: Die teregstelling

‘n vervolgverhaal deur Gustav Venter Bodem I is reeds volledig. Lees eers Bodem boek II, 17. Man sit op die vloer. Sy rug rus teen die muur, sy knieë is voor hom opgetrek en sy voorarms rus op hulle, die hande hang ondertoe en sy vingers is pap, soos uitgemelkte spene. Hy dra nie skoene nie

Lees verder: Bodem II, 18: Die teregstelling