Polisie lê beslag op houer vol kokaïen

Die polisie in Durban het beslag gelê op 95 kilogram kokaïen ter waarde van sowat 29 miljoen rand. RSG het berig dat dit heroïen was.

‘n Woordvoerder sê die dwelms was versteek in ‘n vraghouer in die hawe wat van Buenos Aires in Argentinië afkomstig was.

Die intelligensie-operasie is gelei in samewerking met die SAPD DPCI, die Valke en die Doeane-enheid by die Durbanse hawe.

‘n Houer met kokaïen wat positief geïdentifiseer is deur die forensiese span van die SAPD, het een kilogram-blokke verpak gekry. ‘n Totaal van 95 blokke was in die houer.

Voorlopige ondersoeke het getoon dat die oorspronklike seël van die houer mee gepeuter was. Daar word vermoed dat die dwelms verwyder sou word voordat die houer aan die eienaar oorhandig moes word.

Die skip met die houer het vertrek uit Suid-Amerika op 5 September 2014 en het by Durban op die aand van 30 September omstreeks 22:00 aangekom.

Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Grootste dwelmvonds in Durban gemaak

Die polisie in KwaZulu-Natal het beslag gelê op onverwerkte heroiën ter waarde van meer as twee miljard rand, in wat as die grootste dwelmvonds nog bestempel word.

In ‘n gesamentlike operasie tussen die Umhlali K9, Umhlali-taakspan, en Phoenix-misdaadintelligensie asook die taktiese reaksiespan is die bedrywighede van ‘n dwelmlaboratorium in die elite voorstad Hillcrest oopgevlek.

Tydens die operasie het die polisie drie mans tussen die ouderdomme van 23, 55 en 56 op die perseel aangetref.

Twee Sjinese burgers en ‘n Suid-Afrikaner is in Kloof-wes in Durban in hegtenis geneem.

Die polisie sê hulle het op ‘n wenk van die publiek gereageer en die dwelms in sakke in ‘n huis gevind.

Gedurende die deursoeking van die perseel, het hulle op talle 40 kg sakke van suiwer heroïenpoeier sowel as industriële vervaardigingsmasjiene, skale en houers afgekom.

Die totale geraamde waarde is meer as R2 miljard.

Die drie verdagtes is aangekla van die vervaardiging van dwelms en sal in die Pinetown-landdroshof verskyn.

KwaZulu-Natal se provinsiale kommissaris, lt.genl Kommissaris Mmamonnye Ngobeni het die lede vir hul uitstekende werk geprys.

 

Malawiër met R19 miljoen se heroïen gevang voor

smuggle‘n Vyf-en-veertig-jarige Malawiër sal na verwagting vandag in die Musina se landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hy met harde dwelms gevang is.

Hy is vasgetrek vir die beweerde smokkel van heroïentablette ter waarde van R19 miljoen in hegtenis geneem.

Makunkha Manda is by die Beitbrug-grenspos in Musina op die 20ste Desember in hegtenis geneem.

Meer as 1,981 kilogram tablette is in die bus gevind wat deur hom van Malawi af na Suid-Afrika bestuur is. – RSG