Die 'probleem' met die VF+ is dat sy leiers eienskappe soos integriteit en doodgewone ordentlikheid besit. Dat hulle nie in retoriek en moddergooiery betrokke raak nie, maar met Christelike beskaafdheid en waardig optree.
VF+-leierskap het integriteit
Die 'probleem' met die VF+ is dat sy leiers eienskappe soos integriteit en doodgewone ordentlikheid besit. Dat hulle nie in retoriek en moddergooiery betrokke raak nie, maar met Christelike beskaafdheid en waardig optree.

Die huidige debat oor parlementêre deelname deur Afrikaners is 'n teken dat ons politieke bewussyn besig is om te ontwaak, waarvoor ons PRAAG se webtydskrif moet bedank. Vanweë sy onverbondenheid slaag die PRAAG-werf daarin om eerlike menings van verskeie bydraers te ontvang en om daardeur 'n beter begrip te kry van hoe ons mense werklik voel.