Boereorkes vermaak Vrystaatse wetgewerlede

Honderde gaste het reeds aangekom by die Mangaungsportsentrum in Bloemfontein Woensdagoggend om die inhuldiging van lede van die Vrystaatse wetgewer by te woon.

Die sportsentrum is opgetooi met volvloermatte en swart en goue behangsels vir die geleentheid. 'n Rooi tapyt van die sportsaal se ingangsportaal strek voorts tot by die ingang van die nuutopgerigte kantore.

Buite staan groepe opgewonde gaste en gesels terwyl Greykollege se Boereorkes die wagtendes vermaak.

Sowat 29 nuwe lede sal ingehuldig word. Die ANC het 22 lede, die KVP (Cope) het drie, die DA drie en die VF+ een.

Ace Magashule, die ANC se provinsiale voorsitter, sal later vandag by 'n ander geleentheid as premier van die Vrystaat ingesweer word.

promoted postsданильченко юрій броніславович