Ploftoestelle op bus na Zim gevind

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het beslaggelê op meer as 200 ploftoestelle op ‘n bus by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe. Die SAID sê die ploftoestelle is ontdek toe hulle die bus deurgesoek het wat van Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg was, het RSG berig. Die toestelle was in ‘n lappe toegedraai en onderin ‘n sak versteek,

Lees verder: Ploftoestelle op bus na Zim gevind

Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het. Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte deur subkontrakteurs tot stilstand gebring is toe hulle op beter betaling aangedring het. Openbare onrus

Lees verder: Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

SA vroue leef langer as mans

Suid-Afrikaanse vroue leef ongeveer sewe jaar langer as mans. Dit is volgens dokter Jacques Snyman, ‘n kliniese raadgewer van Resolution Health. Snyman sê daar is verskeie redes hoekom vroue geneig is om langer te leef as mans. Snyman sê dat mans daadwerklik ‘n gesonder leefstyl moet begin handhaaf. Volgens Statistiek SA, was die lewensverwagting van

Lees verder: SA vroue leef langer as mans

Optiese kabels slaan aan die brand

Optiese veselkabels wat op die Telkom-perseel in Capital Park geberg word, het dié week weens ’n grasbrand ook aan die brand geslaan. Swart wolke het swaar oor die Telkom-gebou in Capital Park gehang nadat optiese veselkabels aan die brand geslaan het, het Rekord Moot berig. Tshwane-nooddienste se woordvoerder Johan Pieterse sê die brand het omstreeks

Lees verder: Optiese kabels slaan aan die brand

Eskom kry miljarde se inspuiting

Eskom sal ‘n reddingsboei van belatingbetalers ontvang nadat twee wetsontwerpe miljarde rande beskikbaar gestel het aan die sukkelende kragvoorsiener. Die Nasionale Vergadering het Woensdag die wetsontwerpe goedgekeur van ‘n R23 miljard-kontantinspuiting aan Eskom asook ‘n R60 miljard lening. Eskom se benarde situasie is te danke aan ongehoorde bonusse vir wanpresterende bestuurslede, peperduur spysenieringskontrakte en ‘n yslike personeel.

Lees verder: Eskom kry miljarde se inspuiting

Babahond met piksteel doodgeslaan

’n Sewe maande oue Airedale-kruising is in ’n woonbuurt in Windhoek na bewering met ’n piksteel doodgeslaan. Die beplande lot van die babahond was glo om as ’n maaltyd opgedis te word, het die Republikein berig. Volgens me. Brigitte Meissner van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Windhoek het die voorval Maandag omstreeks 12:00 op ’n bouperseel

Lees verder: Babahond met piksteel doodgeslaan

VSA stook oorlog in Europa

Die Amerikaanse minister van verdediging, Ash Carter, het vrese dat sy land ‘n oorlog aanmoedig verhoog met ‘n aankondiging oor die militêre opbou in NAVO-lande wat aan Rusland grens. Carter sê die VSA sal militêre toerusting, insluitende oorlogstenks en artillerie in die drie Baltiese state sowel as Pole, Bulgarye, Roemenië en Duitsland stasioneer. Rusland het

Lees verder: VSA stook oorlog in Europa

Is Oudheidkunde rassisties?

Hebben de Griekse filosofen al hun ideeën van zwarte Afrikanen, en wordt dit verzwegen door de eurocentrische oudheidkundigen van de VU? Volgens VU-studente Emma-Lee Amponsah wel. Ze begon vorig jaar aan een minor Antieke Cultuur, startte een vlammende mailwisseling met haar docenten, die ze van arrogantie en witte suprematie beschuldigde, en stopte al na een

Lees verder: Is Oudheidkunde rassisties?

IMF, landbou waarsku teen kragverhogings

Eskom sal moontlik nie hierdie jaar verdere tariefstygings aan al sy kliënte kan deurgee nie, na waarskuwings van die IMF en landbou. Tydens die verhoor van die Nasionale Energieguleerder oor Eskom se voorgestelde tariefverhogings, het die kragreus gevra vir ‘n bykomende tariefverhoging van meer as nege persent vanjaar. Eskom vra vir die verdere tariefverhoging van

Lees verder: IMF, landbou waarsku teen kragverhogings

Griekeland al dieper in die rooi

Die Griekse minister van ekonomie, Giorgios Stathakis, het besonderhede bekend gemaak van nuwe voorstelle om die dooiepunt in die skuldkrisis te beëindig. Hoop dat ‘n ooreenkoms binnekort met die leiers van die Eurosone-lande bereik kan word, verflou aangesien die linkse premier Alexis Tsipras se gewildheid dermate afgeneem het dat hy geen ooreenkoms op sy landgenote

Lees verder: Griekeland al dieper in die rooi