Een ding is vir my baie duidelik: Zuma is 'n meesterlike politikus, veral vergeleke met die Engelse, links-liberale Helen Zille en haar toenemend linkse, multikulti-party, die DA.
Zuma sit vir Zille ore aan
Een ding is vir my baie duidelik: Zuma is 'n meesterlike politikus, veral vergeleke met die Engelse, links-liberale Helen Zille en haar toenemend linkse, multikulti-party, die DA.

Afrikaanse organisasies van oor die hele spektrum, vanaf die mistiek regse Boerevryheid van dr. Lets Pretorius, tot die politiese korrekte ATKV met Danny Titus aan die stuur, het gister in die Hilton-hotel in Sandton hul harte uitgestort teenoor die ANC-leier, Jacob Zuma.