Die witman se geld

Waarsonder kan swartmense klaarkom en witmense nie? Die witman se geld. Afrikane het duisende jare sonder geld klaargekom en dit is juis die kernbestandeel van die Zimbabwiese weergawe van oehoeroe. Vir die wat nog nie weet nie, oehoeroe beteken ‘vryheid’ in swahili en dit is die term wat gebruik was om die etniese suiwering van Kenia en Tanzanië te beskryf toe die witman verdryf is in die sestigerjare.

Die hoof-manier wat Zanu-PF gebruik het om die witman te verdryf in Zimbabwe is deur die ekonomie te kelder. Indien die witman se geld niks werd word nie, het hy geen keuse as om die land te verlaat nie. Neem ook dan sy bron van inkomste weg soos die plase in Zimbabwe (BEE in SA), die geleenthede van sy kinders om te studeer (kwotas) en werk, die mediese dienste, skoon water en elektrisiteit, om nie eers van sekuriteit te praat nie en die witman gaan soek ‘n beter toekoms elders. Al hierdie faktore is egter oorleefbaar deur die swartmense. Hulle het tot onlangs toe sonder enige van die genoemde faktore klaargekom en is bereid om dit tydelik of selfs permanent op te gee om sodoende hul oehoeroe te verkry.

Sal die ANC die ekonomie kelder? Ek is nie seker of die paar vetkat miljardêrs hulle geld sal wil verloor nie en daarom belê hulle omtrent net in mynbou. Dit is die enigste sektor wat die kelder van die ekonomie sal oorleef. In Zimbabwe het die aandeelpryse in die grond in geduik, maar die myne het rustig voorgegaan om Amerikaanse Dollars te verdien. Dus geen probleem vir die swart elite nie. Jy moet egter ‘n eienaar van die myn wees om bestand te wees teen die vernietiging van die ekonomie. En die geldmag se belange is ook dus redelik veilig, solank hulle hulle belange in die banke en ander sektore aan BEE manne kan verkoop soos wat die geval was die afgelope paar jaar.

Op die stadium kry jy kos in Zimbabwe indien jy ‘n Zanu-PF-ondersteuner is. Amerika en die VN kry hulle jammer en voer duisende tonne meel in om te keer dat hulle vergaan van die honger. Dus hoef die swart Zimbabwiers nie te werk nie. Hulle kry kos en die land se elite word skatryk. Jy hoef net vir ou Bob te stem, onder die boom te sit en bier te drink. En die witmense het intussen die pad gevat. Wat wil die swartman nou meer hê as dit? Dit is ‘n Afrika-paradys vir hulle en die witman betaal.

Die vernietiging van die waarde van die Rand is op die horison. Die geldmag posisioneer homself daarvoor en so moet die Afrikaner.

детский хоккей игралобановский александр фото

Kyk mooi na Malema se klagstaat

Die uitspraak “kill the farmer, kill the boer” is die skepping van Peter Mokaba en word verkeerdelik aan Malema toegeskryf.  Mokaba het die woorde in Engels gebruik en dit is onduidelik hoe daardie woorde in een van die Ngunitale vertaal kan word. 

Wat wel duidelik is, is dat Malema in Zoeloe sing “dubula amabunu”.  Dubula beteken skiet en nie maak dood nie. Amabunu verwys nie na boere, synde boerende mense nie, maar na die Afrikaner as etniese groep. 

Hy sing dus: “skiet die Afrikaners”.  Hierdie korrekte vertaling is haatspraak teen ‘n bepaalde etniese groep en beslis opruiend en gevaarlik. Die hoop word uitgespreek dat diegene wat Malema aankla in die klagstaat bogenoemde onderskeid duidelik sal handhaaf.  Anders is dit fout, soos die Hollanders sê.

инвертор зарядное устройствоДанильченео

Wat alle wit Suid-Afrikaners moet hoor

Waarom gebruik ons boere nog swart arbeid? Het hulle oë nog steeds nie oopgegaan vir die werklikhede wat met swart arbeid gepaard gaan nie? Is Afrikaner boere werklikwaar so verknog aan swart arbeid dat hulle bereid is om te verdra wat geen waardige man sal aanvaar nie – om sy vrou en kinders op risiko te stel net sodat hy sy swart arbeid kan hê?   

Geen argument ten gunste van swart arbeid kan staande bly ten koste van die veiligheid van jou gesin nie. Elke boer word voor die keuse gestel om te kies wat vir hom meer kosbaar is: Swart arbeid of sy gesin. Na meer as 3000 moorde oor die verloop van net meer as ‘n dekade waartydens talle vrouens onteer en kinders getraumatiseer is, blyk dit duidelik dat jy nie jou swart arbeid kan behou sonder om jou gesin op risiko te plaas nie.

Dit is die een òf die ander. Moet jouself nie bedrieg nie. Vir duisende is dit reeds te laat. Man tot man sê ek hier vir elke boer selfs deur net jou vrou en kinders aan hierdie risiko’s bloot te stel versuim jy you Goddelike plig.

Al is jy as boer dan nie mans genoeg om jou eie arbeid te doen nie en hunker jy na jou swart arbeid, dan verdien jou vrou en kinders steeds ‘n beter lewe as om onder ‘n dreigende aanval te moet leef. ‘n Waardige man koester sy geliefdes veel meer as om sy gesin aan hierdie gevare bloot te stel vir watter rede ookal.
 
Die tyd is verby dat boere wat slagoffers van plaasaanvalle is met simpatie bejeën word. Daar is geen rede meer vir verwarring rondom die feite nie. Die heel eerste Goddelike verpligting teenour jou naaste waarvoor die Here jou as man verantwoordelik hou, is die veiligheid van jou gesin.

Met die feite nou alombekend is elke aanval op ‘n boeregesin deur swart arbeiders van nou af die nalatigheid van die boer self wat as man sy plig versuim het om die veiligheid van sy gesin bo sy verknogtheid aan swart arbeid te plaas.

Dit is jou verantwoordelikheid om jou gesin ware veiligheid te bied. Die oplossing is vanselfsprekend en dit is totaal binne elke boer se eie mag. Die uitvoering daarvan verg wel durf en moed. Maar geen man wat die naam m-a-n werd is deins terug daarvoor om te doen wat nodig is sodat sy gesin veilig kan wees nie.

Vervolgens wanneer ek van ‘n plaasanval deur arbeiders lees dan sal ek weet, mnr. Boer, jy het jou plig teenoor jou gesin versuim deur op jou plaas swart arbeid bo jou geliefdes se veiligheid te gekies het.

Ja, ek sal weet dat jou liefde vir jou gesin vlakker gelê het as jou verknogtheid aan swart arbeid. En ek sal by myself dink oor die ongeluk wat ons boerevrouens en kinders getref het om mans vir eggenote en vaders te hê wat hulle gesin aan hierdie gevare blootstel terwyl waardige mans van regoor die wêreld hulle gesinne beter beskerm.

кровь из десенОлександр Васильович Фільчаков

Ons kort minder emosie en meer strategie

Die Suid-Afrikaanse politiek lyk deesdae soos ‘n Hollywood-speelfliek. Daar is beslis geen tekort aan opwinding, woede, vermaak en skinder nie. As dit maar net ‘n storie was!

Malema het natuurlik die kat onder die duiwe losgelaat met sy ongedissipleerdheid en onverantwoordellike uitlatings. Hy sal beslis moet pa staan vir die rassespanning en polarisering wat in die laaste paar dae as gevolg van sy opmerkings ontwikkel het.

Party mense het aanvanklik gedink hy is ‘n idioot wat bietjie vermaak in die politiek kon bied. Dit het gou duidellik geword dat hy niemand sou ontsien met sy sotlikhede nie. Die enigste vraag wat ek nog het, is hoekom enige media hoegenaamd nog vir sy bakkies lugtyd gee. Sy naam verkoop natuurlik op hierdie stadium groot volumes koerante en die mannetjie voorsien aktuele vermaak in ons stadige poltieke koerant-dagboek.

Dié Julius-seun herinner my aan ‘n stout kind wat tydens Kersete wawiele doen in die sitkamer sodat al die grootmense vir hom moet kyk. In ons huis moes jy dan net die houtlepel gaan haal – dis al…

Ek was eergister saam met ‘n paar goeie vriende by Eugene se begrafnis. Dit was ‘n baie hartseer geleentheid. Alhoewel baie beganisgangers nie vir Eugene self – of vir die AWB – ondersteun het nie, was hy nogtans ons almal se familie.

Ek weet dat as my pa nog geleef het, hy al die pad van Oos-Londen af sou gery het om daar te wees. My sussie het juis hierdie week van Londen af vir my ‘n boodskap gestuur wat lees: “Pa en Eugene lag en gesels seker nou kliphard.”

Die erns van die saak is ongelukkig gefokus op die onderliggende frustrasies wat onder Afrikaners opwel. Baie boere, Afrikaners en selfs swartmense met wie ek hierdie week vergader het, is woedend oor Julius en gefrustreerd oor die afwesigheid van vinniger optrede vanaf die ANC se kant. Dit is verstommend hoeveel mense uit alle oorde glo dat sy vlammetjie geblus moet word.

Ek was nogal teleurgesteld in die politieke resultate van die begrafnis. Alhoewel ek besef dat ‘n paar mense noodwendig sal kapitaliseer op die bindende effek wat hierdie krisis op Afrikaners het, het ek meer pro-aktiewe politieke aksie van die begrafnis as ‘n geleentheid verwag.

Die dominee se boodskap was mooi, maar hy het ver te lank gepreek. Party mense het aan die slaap geraak en ‘n paar het vroeg uitgeloop. Die spreker wat voor die diens vir mense gemaan het om nie tydens die diens foto’s te neem nie, was ongeskik en kortaf toe hy verduidelik het dat diegene wat nie luister nie, summier uitgegooi sal word.

Daar is alreeds soveel plaaslike en internasionale media wat Afrikaners as eenvoudige en dom maplotters wil uitbeeld, dat ondeurdagte opmerkings en aksies van die boere se kant af, Afrikanes se beeld erg skade sal berokken. Afrikaners word die wereld deur gereken as innoverende mense met ‘n goeie werksetiek wat vaardig is en oor besondere beplanningvermoë beskik. Daardie pluspunte kan so gou geneutraliseer word deur manne wat nie mik voor hulle skiet nie. Onverantwoordelike joernaliste wat ordentlike Afrikaners wil uitbeeld as mal hase wat neo-Nazi-rassiste is, wag eenvoudig vir enigeen om tipies volgens daardie beeld op te tree sodat hulle dit more-oggend op die voorblad kan plak.

Afrikaners is te ordentlik om ‘n heilige gebeurtenis soos ‘n begrafnis amptelik te verpolitiseer. Na my mening verloor so ‘n groep dan ‘n gulde geleentheid waar hulle vir die wêreld van hulle oortuigings bewus kon maak.

Ek hoop werklik dat die nadraai van vandeesweek se politieke skommelinge meer Afrikanereenheid tot gevolg sal hê. Vir alle politieke rolspelers in die land – en veral vir gewone Afrikaners – sou groter eenheid en minder afguns op mekaar, ‘n positiewe uitwerking op ons alledaagse lewe hê. Ongelukkig wil elke Afrikaner die koning op sy eie mishoop wees en is daar min leiers met sterk persoonlikhede wat bereid sal wees om ten behoewe van die groter saak onder ‘n ander man se leierskap te dien. Die leierskapstruweling is miskien ‘n uitvloeisel van ons intellek, hardkoppigheid en deursettingsvermoë om ten alle koste te oorleef.

Ons mense het nuwe weiveld gesoek vandat ons grootouers besluit het om as Hugenote onder die Katolieke uit te trek. Ons het geweier om vir Victoria te luister, of na Kitchener of na Rhodes. Vandag trek ons kinders Londen en Australië toe vir werk. As ons daardie oorlewingsin kon inspan om ‘n gesamentlike doelwit te vermag, twyfel ek of enigeen ter wêreld dit sou kon stuit.

Onder die huidige ANC-leierskap, glo ek werklik dat daar ‘n nuwe oor is wat luister. Ons moet nie die interne dinamika onderskat en glo dat almal ons noodwendig NIE goedgesind is nie.

Dit is wanneer mens uit woede en frustrasie die baba saam met die badwater uitgooi dat die skrefie op potensiële interaksie nouer word, en ons ons eie kanse op ‘n beter bedeling sou kelder.

Om die deur oop te hou, beteken nie daarom dat jy jou beginsels oorboord gooi en jou kinders en kerk uitverkoop nie. Dis tyd dat Afrikaners rustig word en meer strategies dink sodat ons kinders nog eendag op ons eie grond kan boer.

Liesl Göttert is president Jacob Zuma se nie-amptelike mediaraadgewer en is die krag agter die Zuma-Afrikaner-byeenkomste van die afgelope paar jaar.

для компрессораФільчаков Олександр Васильович

Kom ons stop die Wêreldbeker!

Volgens ‘n berig in Beeld van 6 April het daar meer as 1 miljoen se onverkoopte kaartjies vir die Sokkerwêreldbeker teruggekom na Suid-Afrika. Hoeveel kaartjies nou al werklik verkoop is, slegs 10 weke voor die begin van die toernooi, sal ons seker nooit weet nie. Dit begin al hoe meer lyk asof die buitewereld besluit het om eerder hierdie avontuur vanaf die rusbank mee te maak. Mens kan aanneem dat die binnelandse (on)veiligheidsituasie baie hiertoe bygedra het.

Met die internasionale dekking wat die brutale moord op Eugene Terre’Blanche tans kry en die beelde van oproerige swartes buite die hof, kan mens nie verwag dat buitelanders juis oorgretig gaan wees om vir ons te kom kuier nie, en ‘n mens kan hulle dit ook nie verkwalik nie.

Die vraag wat ons egter aan FIFA moet vra is hoe hulle die toernooi enigsins kan laat voortgaan in ‘n land waar liedere soos “Kill the Boer” openlik gesing word. As die Duitsers 4 jaar gelede so vrolik “Kill the Jews” gesing het, sou die hele Duitsland as gevolg daarvan sekerlik met doringdraad afgekamp gewees het.

FIFA is openlik teen rassisme gekant en het allerlei aksies wat hiermee verband hou. Hulle voel so erg oor die saak, dat hul statute soos volg hiervan melding maak:

Artikel 3 (“Non-discrimination and stance against racism”) ” Discrimination of any kind against a country, private person or groups of people on account of ethnic origin, gender, language, religion, politics or any other reason is strictly prohibited and punishable by suspension or expulsion.”

Daar is dus ‘n goeie saak vir ‘n boikot-aksie van die toernooi. Daar moet so gou moontlik ‘n versoek aan die beheerliggame soos FIFA asook aan die sokkervereningings van die 32 deelnemende lande gerig word in die lig van die vlaag moorde wat deur die magsdronk ANC veroorsaak word.

En ten spyte daarvan dat die toernooi wel sal voortgaan met met geflouste rekenaarbeelde van vol stadions, bied hierdie toernooi en die buitelandse mediabelangstelling ‘n goeie platform vir ‘n protesaksie deur alle Afrikaners. Die effek hiervan kan drasties verhoog word indien dit gekoördineer word tussen alle groeperings en partye.

‘n Paar duisend T-hemde wat so ‘n boodskap verkondig kan hierdie boikot aanhelp, maar die troefkaart is dalk honderde bakkies wat ‘n paar uur voor elke wedstryd koppelaarprobleme ontwikkel en pap wiele kry op strategiese plekke op die snelweë en sodoende reuse-verkeersopeenhopings veroorsaak.

Dis dalk ons laaste kans in ‘n lang tyd in die kollig van die wêreldmedia, en ons moet dit op een of ander manier tot ons voordeel benut.

игры дляы девочекtopcargo

Weermag en media medepligtig

Die “haas vergete nalatenskap”  is ‘n nalatenskap van die Suid-Afrikaanse Weermag met die media as medepligtiges.

Vroeg die oggend van 8 Maart 1994 het daar by die saamtrekpunt in Bophuthatswana ‘n woordewisseling ontstaan tussen die leierskap van die partye wat die Bophuthatswana-inval gereël het en Nicolaas Cornelius Fourie, Boervolk ID Nr 541-1-0-0001322, as gevolg van lewensnoodsaaklike ondernemings wat nie gestand gedoen is nie.  Ten slotte is besluit om die operasie op te hef en vreedsaam aan Bophuthatswana te onttrek.

Wolmarans het twee passasiers by hom in sy Mercedes, ‘n siviele voertuig, gehad.  Links agter hom het Uys by die deur gesit.  Fourie, ‘n nasaat van Jopie Fourie en die enigste militaris van die drie, het links voor gesit.  Net voor ‘n padkruising het ‘n masjiengeweer vanuit ‘n voertuig van die SA Weermag, sonder enige waarskuwing, op die bewegende siviele passasiersvoertuig losgebrand en Fourie getref.  Al die koeëlgate was aan die passasierskant van die voorruit. 

Fourie is noodlottig getref,  Uys het een skoot deur sy linkerheup gekry en Wolmarans was ongedeerd.  Daar bestaan geen twyfel dat Fourie geteiken is nie.  Die skutter het nie sy gelyke in die wêreld nie.  As soldaat was dit nie sy besluit nie maar die uitvoer van ‘n militêre opdrag.

Toe die voertuig stilhou het Fourie uit die voertuig geval en gesterf, Uys het probeer uitklim maar teen die agterwiel van die motor inmekaargesak as gevolg van sy heupwond en Wolmarans het voor om die motor beweeg om na sy passasiers om te sien.

Onmiddellik na die skietery het offisiere van die SA Weermag opgedaag en die situasie kortstondig bespreek en uit skoot verdwyn.  Die gebeure is op film vasgelê deur kameramanne en fotograwe wat “toevallig” by die kruising teenwoordig was.  Wolmarans het by die mediamense gepleit vir water vir Uys wat in erge pyn verkeer het.  Niemand was hulle ter wille nie.  Die weermagoffisiere het nie hulle mediese korps opdrag gegee om die gewonde Uys by te staan nie.  Die mediamense het nie een ‘n vinger verroer om ‘n naaste te help nie.  Dit is die gedrag van onopgevoede en onbeskaafde mense.

As een van die belasterde soldate van “Nazi” Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n vyandelike soldaat sien lê het soos Uys op die foto op bladsy 11 van Beeld van 5 April 2010, met beide hande in die lug om sy ontwapendheid te demonstreer terwyl hy weerloos op die grond lê, sou hy die mediese personeel ontbied het of by gebrek aan gespesialiseerde hulp noodhulp toegepas het om die gewonde te help voordat hy hom gevange neem.

Ongeveer twintig minute later het ‘n Tswanaskutter in kamoefleerdrag opgedaag.  Hy het eerstens op Fourie se lyk gevuur en daarna vir Uys en Wolmarans in koelenbloede doodgeskiet. Hiervan is die foto op bladsy 11 van Beeld, wat geneem is ná die masjiengeweervuur voor die Tswanaskutter sy verskyning gemaak het, ‘n getuie.

Uys lewe terwyl Fourie langs hom reeds doodgebloei het.   Daar was geen poging van die omstanders om tussen beide te tree nie.  Om so ‘n man in koelen bloede dood te skiet, veral as jy twintig minute na die verwonding opdaag met die doel om dit te doen, is ‘n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.  Om op ‘n ongewapende siviele passasiersvoertuig sonder waarskuwing vanuit ‘n militêre gepantserde voertuig te vuur en ‘n passasier te teiken en dood te skiet, is ‘n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.

Dit wil sê as daar nog ‘n oorlogstoestand geheers het.  Aangesien die operasie opgehef en die voertuig met sy insittendes met ‘n vreedsame onttrekking besig was, is die Geneefse Konvensie nie ter sprake nie en kyk die skutters en hulle bevelvoerders na ‘n aanklag van moord.
Navraag gedoen by ‘n senior staatspatoloog het die volgende aan die lig gebring:

1.    Waar ‘n lyk verskeie noodlottige koeëlwonde het, is dit onmoontlik om ‘n spesifieke wond uit te sonder as die oorsaak van die dood.

2.    Deurdat die hoë trompsnelheid van moderne wapens veroorsaak dat die liggaam nie die koeëls op sulke kort afstande gevuur, terughou nie is dit vir ‘n patoloog onmoontlik om te bepaal watter kaliber koeël ‘n wond veroorsaak het waar verskillende kalibers ter sprake is.

Dit blyk dan dan Fourie doodgeskiet is deur ‘n masjiengeweerskutter van die SA Weermag en Uys en Wolmarans, die enigste twee simpatieke ooggetuies op die toneel, in opdrag van sy seniors deur ‘n Tswanaskutter van die Bophuthatswanapolisie of –weermag.  Indien wel, was die doel van die tweede moord om die SA Weermag se betrokkenheid toe te smeer.  Die primêre plegers sou dan wees die aanvoerders wat die opdragte uitgereik het.

Die mediamense wat ooggetuies van die gebeure was en nog steeds die toesmeer van die feite bemagtig deur met hulle beriggewing te kenne te gee dat die Tswanaskutter al drie AWB’s vermoor het, sou dan medepligtig wees aan die misdade.

Die AWB het sy pligte hier versuim.  Hy het sy vermoorde lede en hulle families in die steek gelaat deur nie die gebeurlikhede op te volg en ‘n in diepte ondersoek af te dwing sodat die reg sy volle gang kan gaan nie.

Maar die sekel het reeds begin maai.

пескоструйный аппарат арендаtopcargo

Hou-den-bek belastingbetalers

Vandag is daar doringdraad tussen ondersteuningsgroepe in Ventersdorp gespan om die Terre’Blanche simpatiseerders en die ondersteuners van die aangeklaagdes uitmekaar te hou. Swart inwoners in Ventersdorp juig oor Terre’Blanche se dood – die misdadigers is helde. AWB lede en simpatiseerders huil soos familie.

Is dit nie simbolies van wat in die hele SA aan die gebeur is nie? Ek luister vanoggend na ‘n radio-bespreking tussen Gwede Mantashe, Pieter Mulder en Helen Zille. Wat my opgeval het is dat Mantashe en die ander twee mekaar glad nie kon vind in die gesprek nie. Hulle is wêrelde uitmekaar. Hoe meer daar gepraat word, hoe groter die kloof en die misverstand.

Daar is stygende polarisasie, teenoor dalende patriotisme. Is daar iemand wat nog enige hoop het vir eensgesindheid tussen bevolkingsgroepe in die land? Wat het verkeerd geloop?

Wel, die wittebrood is verby. Terwyl die wêreld die Mandela-wonderwerk in SA geïdealiseer het, en lofliedere daaroor gesing het, is die foutjies van die regering oorgesien. Verskonings was daar genoeg: Die nalatenskap van apartheid, te min voorheen benadeeldes in bestuursposisies (BEE werk te stadig en word omseil), te min vroue in bestuursposisies, te min geld om grondhervorming af te handel, te min dat, te veel van die ander ding.

Die betekenis van die boere-skiet lied is tot vervelens toe bespreek – die ANC weier om te erken dat dit negatiewe persepsies by enigiemand kan skep, wat nog te sê mense aanhits tot geweld. Persepsies is nou eenmaal subjektief, en dit kan die slimste mense in die ANC nie verstaan of aanvaar nie.

Die kultuurverskille tussen Afrikaner en ANC lê aan die wortel van die probleem. Dit kan nie langer wegredeneer word nie. Blanke jingo’s het so hard hulle kan probeer om die Afrikaner te oortuig dat die reënboognasie haalbaar is, dat ‘n pot goud op almal wag. Die leuen het hulle ingehaal. Max du Preez en sy soort weet nie meer watter kant toe nie.

Vir my as Afrikaner raak dinge nou baie ernstig. Ek het die boodskap duidelik gekry van Malema, Mantashe, Mthembu en Zuma: Afrikaners is nie welkom in Suid-Afrika nie. Nee, moenie skrik en pak vir Perth nie! Julle is welkom as belastingbetalende melkkoeie! Sonder regte. Sonder grond. Sonder eie taal. Sonder behoorlike dienste. Hou-den-bek belastingbetalers.

Kan ons vlug na ander lande? Dalk ja, as jy jonk genoeg en gekwalifiseerd genoeg is. Europa is buite die kwessie vir die meeste van ons. My oupagrootjie het van Nederland af gekom om in die Tweede Vryheidsoorlog te veg, maar ek kan nie terug Nederland toe nie. Europa het homself lam geskrik vir immigrante uit Afrika.

Al wat oorbly is Suid-Afrika, of ten minste my volk se deel daarvan. Saamlewe met barbare sal nie werk nie. Ek voel effens jammer vir die sogenaamde gematigde swartmense in die land. Ongelukkig kry hulle dit nie reg om die ANC se rem aan te draai nie. Cope het gekom en misluk. Oehoeroe is ons voorland. Die ANC maak dit duidelik dat die verwysing na boere in die skiet-lied, nie net plaasboere is nie, maar Boere, dws Afrikaners!

Watter offers sal ons moet bring vir ‘n Afrikanerstaat? Ons kan baie lesse by Israel leer. Ek twyfel egter of Israel nog sou bestaan as die ryk Amerikaanse Jode dit nie finansieel en andersins bly ondersteun het nie. Afrikaners het nie ‘n ryk oom in die buiteland nie. Ons sal dit op eie stoom moet regkry (natuurlik met die nodige verootmoediging voor ons Skepper en die afhanklike vertroue op sy seën).

Ons sal twee sake dringend in plek moet kry: ‘n Verteenwoordigende Afrikanerraad wat op internasionale basis ons regte moet afdwing, en groter ekonomiese onafhanklikheid. Daar het die afgelope paar dae briljante idees op Praag na vore gekom: eerstens, koop by jou eie mense, verkoop aan almal, neem jou volksgenote in diens, neem afskeid van ‘n luukse lewensstyl en ruil dit in vir ‘n nederiger maar veiliger bestaan, vergeet die afgode soos sport en lotto, en fokus op geestelike en fisiese paraatheid van jou gesin, jou familie, jou bure, jou volksgenote. Die kundiges van die volk wat nog in sleutelposisies werk, kan planne bedink om die regime se stelsel deur lydelike verset te ontwrig, of selfs meer indien nodig. Solidariteit (die Poolse een), is ook ‘n goeie voorbeeld vir ons.

Ons Volkstaat sal nie net sterk genoeg moet wees om te oorleef nie, maar ook om homself te verdedig teen aanvalle en plundery. Ons jong manne sal weer opgelei moet word vir grensdiens, troffel in die een hand, en swaard in die ander. Lees weer Nehemia – die mure sal herstel moet word deur biddend te bou.

Daar is stemme wat opgaan dat ons genoeg gepraat het, en nou moet begin doen. Wel, as ons al die dinge hierbo genoem goed deurdink, beplan en doen, is ek seker ons sal iets bereik. Laat ons saamstaan en begin werk – nie as politieke partye of identifiseerbare strukture nie, maar elkeen op eie werf, tot voordeel van ons volk, ons nageslag, en tot eer van God.

no deposit win real moneyФильчаков прокурор

Alle Afrikaners moet ET-begrafnis bywoon

Ek haal my hoed af vir die bereidwilligheid van groepe en organisasies om hulle verskille opsy te sit en as Boere in eenheid in getalle solidariteit te betoon by Oom Eugene se begrafnis Vrydag 12h00 op Ventersdorp.

Op die oomblik in ons geskiedenis is Oom Eugene die Boereleier volgens die buitewêreld en hulle media.

Die AWB word deur ons media en ministers as ‘n klein splinterorganisasie afgemaak.

Ons wil Vrydag 100 000 mense of 500 000 mense graag op Ventersdorp sien.

Ek self gaan my bes probeer om daardie dag af te kry sodat ek dalk saam met vriende redelik vroeg daarheen kan deurry.

Bid groot asseblief dat baie mense opdaag net om te wys dat die AWB glad nie ‘n klein groep is nie.

Maar eerder dat ons Een Groot Volk vol enersdenkende blankes, Afrikaners en Boere is!

Ek doen ‘n versoek aan mense om ander hieroor in te lig of daar vervoer aangebied kan word of saamry geleenthede bestaan vir mense wat na die begrafnis toe wil gaan. Kan iemand ‘n bus per dorp aanbied om mense soontoe en terug te vervoer van sentrale punte af asseblief.

Mense, as ons hierdie geleentheid nie gebruik nie gaan die waffers dink dat hulle vrywaring kry om hulle oorlog wat tans onder die beesmis gevoer word, te intensifeer.

Hierdie is ons blanke volk se laaste kans om respek af te dwing deur in massa op te daag sodat ons ook die Gelofte van Bloedrivier dalk af kan lê, daar en dan ná die begrafnis.

Ek weet nie hoe julle voel nie maar dit voel asof die hemel huil. Dit reën min of meer aanhoudend…

My dank aan die volgende organisasies wat ek wat my per foon gekontak het om hulle by hierdie aksie aan te sluit en al hul lede te verwittig:

Boerevolk Trust (Paul Bennet – Leier)

Suidlanders (Joseph – Onderleier)

Brandwag ( Jan – Leier )

Ander groepe wat op hulle forums dieselfde aksie begin loods

Die Boerejeugverenigingsraad (Ek weet nie wie hulle leier is nie)

U is welkom om u organisasie se naam hier by te kom voeg en dalk u hulp aan ons lede te bied i.v.m. vervoer.

Respekteer die familie se versoek asseblief – geen vlae tydens die begrafnis nie.

Baie dankie.

Barend Kruger

Boerevryheid-jeugleier

Sekretaris – Boerevryheidstigting

от физкультурыФільчаков прокурор

Wat was die polisie se rol?

Sedert ek oor die skok en woede gekom het van nog ‘n plaasmoord het ek besluit om kalm te bly, en te kyk na die feite.

Die feite soos ek dit sien is:

1. Die moordenaars was in arres voor enige berig gelees was in enige koerant op Sondagoggend, nadat hulle hulself oorgegee het.

2. Die motief is vasgestel – ‘n loongeskil – weereens voordat enige Rapportleser opgestaan en gaan koffie maak  het. (Wens die Polisie was altyd so effektief)

3. Julius Malema is nie in die land nie.

4. Sopas, ter versterking van my vermoedens, hoor ek op e-tv dat een of ander nuwe wet voorsiening maak dat die jongste van die twee barbare (15 jaar oud) in terme van die nuwe wet nie verhoor kan word as volwassene nie. Hy kan ook nie tronk toe gaan nie. Hy is nog net ‘n ou seuntjie …wat toevallig weet hoe om wreedaardig te moor.

Nou het ek my antwoord op die vraag:  “Hoekom bel ‘n plaasmoordenaar die polisie en gee homself oor?”  Maklike antwoord: Beplande sluipmoord.

Welkom in die era van die  ANC-gesteunde kindersoldaat. God help ons.

Ek wil ook net byvoeg dat ek bitter dankbaar is dat die polisie weer range dra, want nou weet ek wie is my vyand.  En ‘n woordjie aan my mede-afrikaners wat nog in die diens is:  Onthou, julle sal moet kant begin kies, vriende.

‘n Blou uniform is nou ‘n teiken. Kom huis toe.

тележки инструментальныеФильчаков прокуратура харьков

Wie het Terre’Blanche uitgehaal?

In ‘n artikel op Praag “Eugene Terre’Blanche- die cowboy wat kan terugkom” het ek gespekuleer dat die liberale wit establishment moontlik mnr. Terre’Blanche uit die samelewing kan laat verwyder.

Om verder as mnr.Julius Malema te soek vir die oorsake van ET se dood is nie so vergesog nie, vir die volgende redes:

1) Die raaiselagtighede om sy dood wat reeds bekend is.

2) Dit het in R.W. Johnson se onlangse boek uitgekom dat mnr.Chris Hani vermoor is met die medewete van mnr. F.W. de Klerk se veiligheidsmagte. Mnr.Clive Derby Lewis was gebruik om die kommuniste aan die een kant te elimineer en die regses aan die ander kant te diskrediteer.

3) Volgens Johnson is mnr.Robert Smit in die 1970’s vermoor deur elemente van die veiligheidsmagte om die saketransaksies van mnr.Nico Diedericks te beskerm.

4) Niemand glo meer Tsafendas het op sy eie geopereer in die moord op dr. Verwoerd nie. Betrokkenheid van die veiligheidspolisie word toenemend genoem.

5) Dit is opmerklik hoe die liberale wit establishment mnre. Zuma en Malema haat, nadat hul sy voorgangers mnr. Mandela aanbid het en mnr. Mbeki se skoene gelek het.

6)  Mnr. Terre blanche was waarskynlik die enigste huidige Afrikanerleier gewees met die oratoriese vermoë om Afrikaners te mobiliseer na ‘n volkstaat toe.

7) Wat mnr. Terre’Blanche verder gevaarlik gemaak het vir die liberale wit establishment is dat die bekende Nasperssmeerveldtog nie weer sou gewerk het soos in die 1980’s en die 1990’s nie. Naspers het sedertdien te veel politieke geloofwaardigheid ingeboet.

Bogenoemde faktore maak ‘n sluipmoord op mnr.Terre’Blanche, om mnr. Malema te diskrediteer, nie vergesog nie. Dit is tot voordeel van die liberale wit establishment dat mnr.Terre’Blanche geëlimineer en mnr.Malema terselfdertyd gediskrediteer kon word met een daad.

Dit wil toenemend voorkom of mnr. Zuma nie in volle beheer is van die regering nie en dat elemente van sy veiligheidsmagte, of die vorige veiligheidsmagte van mnr. de Klerk, omgekoop kon word om mnr. Terre’Blanche te vermoor en sodoende mnr. Malema te neutraliseer. Onthou hier is meer finansiële investering ter sprake as by Brett Kebble se JCI.

Miskien moet mnre. F.W.de Klerk en Niel Barnard maar ook in die polisie se ondersoek rondom mnr.Terre’Blanche se dood betrek word. Ons weet nou dat hierdie twee here se veiligheidsmagte in die Boputatswana-inval mnr.Terre blanche se AWB koelbloedig in ‘n lokval gelei het, waar twee AWB lede vermoor is.(Mnr.Terre’Blanche het dit onlangs openbaar gemaak wat natuurlik nog ‘n rede verskaf het om hom uit te haal).

Wanneer mnr. F.W. de Klerk weer een van sy geveinste persverklarings maak moet Afrikaners onthou dat hy al vantevore deur sy politieke toedoen ‘n lyk van ‘n Afrikaner op Ventersdorp agtergelaat het.

 

цена укладки ламинатаФільчаков Олександр Васильович

Die dood in ons midde: Swart arbeid

Ek herhinner my ‘n argument wat ek met Anton Barnard gehad het in ‘n gesprek so drie of vier jaar gelede nog op die ou Praag Gespreksgroep oor swart arbeid op plase. Ek het die stelling gemaak dat Afrikaners bereid is om hulle lewens te waag deur ‘n voortsetting van swart arbeidsafhanklikheid. Daar was en is ‘n klomp argumente waarom Afrikaners in die NSA nie sonder swart arbeid kan klaarkom nie. Om die waarheid te sê, word die gebruik van swart arbeid as ‘n voorvereiste gereken om ekonomies kompeterend te wees.

Dat Afrikaners met ander Suid-Afrikaners moet handel dryf en ekonomies woeker is onafwendbaar, want ons bly immers in een land. Waarom moet ons egter swartes op ons erwe, binne ons huise en ons onmiddelike lewensruimtes in die algemeen hê? Ek maak die stelling dat as jy eenvoudig nie sonder swartes kan in ‘n spesifieke bedryf nie, dan moet jy dit opweeg teen jou eie lewe, jou vrou en dogter se aanranding en die al meer gespanne rasse klimaat in die NSA. Kortom, jy is die man in die huis en jou besluite is bepalend nie net in jou eie lewe nie, maar belangriker nog, die van jou vrou en kinders. Jy sal die skuld en verantwoordelikheid dra vir die veiligheidsrisiko in jou eie huis, want jy het besluit om swartes binne jou intieme lewensruimte toe te laat ter wille van jou onlosmaaklike verbintenis tot swart arbeid. Jy is die man, jy neem die besluit en jy leef daarmee saam!

Die verdere gevolg van swart arbeid, is ons verlies aan morele hoëgrond. Hoe kan ons mense gebruik maar hulle regte ontken deur hulle uit te sluit van ons beoogde volkstaat? Die antwoord is jy kan nie, nie sonder Apartheid nie, en dit sal nie weer gebeur nie. Swart arbeid weeg swaarder vir die meeste Afrikaners as die drang na vryheid.

In Engeland werk die stelsel sonder die goedkoop arbeidsmodel. Dit geld vir plase (melkplase, saaiplase, hoenderplase en vleisbees-eenhede) sowel as stede. As jy my nie glo nie, kom ervaar dit self. Verder funksioneer dit ook in Orania en Kleinfontein. Ons self het ‘n gasteplaas buite Pretoria wat huweliksonthale aanbied en al agt jaar sonder ‘n enkele swart werker funksioneer, met al ons bure wat nog steeds die swart adder aan die boesem koester.

Ek pleit by julle mense, word wakker! Verander van beroep as dit dan moet, maar hou op om die dood in julle huise te bring. Oom Eugene het die prys daarvoor betaal, en my hart skeur, maar ek moet dit sê – sy goedkoop arbeid blyk toe… die duurste arbeid vir hom ooit te wees.

люстраФільчаков прокурор

Leierskapsvakuum onder Afrikaners

Willie SpiesWillie Spies se onopgewasse TV-vertoning gisteraand (weereens!) het my laat besef hoe akuut die politieke vakuum in Afrikanergeledere is. Terwyl hy oënskynlik argumenteer vanuit die hoek van ‘n demokratiese regstaat gefundeer in ‘n gerespekteerde grondwet waaraan alle landsburgers hulself vrywillig onderwerp en waar petisies en redelike vertoë gewig dra word ons inderwaarheid deur rewolusionêre kleptomane oorheers wat toenemend in ‘n staat van onverklaarde oorlog teenoor Afrikaners en blankes verkeer.

Ons word nie gereken as politieke opponente nie, maar as die vyand wat verdien om vermoor, verdruk en verjaag te word. Die onlangse oorhandiging van ‘n naamlys van vermoorde Boere aan die barbare by Luthuli-huis was onbeholpe en onrespekvol teenoor die slagoffers en strategies uiters naief. Afrikaners is verneder terwyl ons die geleentheid daartoe geskep het – het Hofmeyr en Afriforum enigsins vooraf gekoukus hoe die jeugliga sou reageer op hul eie turf….dalk soos betaamlike en beskaafde here?

In dieselfde trant het die onlangse aandete van verskeie Afrikaners met ‘n toenemende mank en lam Zuma ook geensins hul reputasies bevorder nie. Hoe kan hul enigsins redeneer om by so ‘n assosiasie te baat terwyl die ANC se hofnar Afrikaners openlik tart, Boerebloed onverpoos bly vloei en die politieke kwik in die land bly styg – die wetteloosheid en gevoel van anargisme is inderdaad tasbaar.

Ten spyte van moontlik ‘n meerderheid Afrikaners se ondersteuning vir selfbeskikking, laat die politieke leierskap van die VF+ hul steeds koud. Pieter Mulder se volgehoue betrokkenheid by die kabinet is besig om te boemerang en laat sy party oop vir verdagmakery en toenemende Afrikaner-argwaan.

Die veld lê braak vir ‘n nuwe inklusiewe en dinamiese Afrikaner politieke beweging. Indien ons nie sonder meer polities organiseer en mobiliseer nie gaan moontlike voortydige en ondeurdagte onbesonnenheid uiters droewige uitkomste lewer. Afrikaners is rusteloos… ons het nie die nuwe militante spelreëls geskep nie, maar sal nou noodgedwonge tot die stryd moet toetree… in die belang van ons eie oorlewing en die van ons kinders.

интернет магазин игрушек киевАлександр Фильчаков Васильевич

Rugby League groei in SA

Rugby League is tans besig om teen ‘n geweldige tempo in Suid-Afrika te groei. Die rede lê moontlik daarin dat die administrateurs hul grootliks toespits op absolute sport en die beoefening daarvan in die lig dat kultuur, karakter, selfs die geskiedenis van die speler en waarvandaan hy en sy voorsate kom, bestudeer word.

Die kultuur is aansteeklik, wat op skool verlore gegaan het, kry inslag op die veld en dit geld vir almal. Ons steun alle nasionale spanne, selfs Bafana en die Springbokke want dis ons sport en mense. Hoewel ons ‘n vinnige, sprankelende en verdediginde sport handhaaf, is die deur oop vir ons jong seuns wie nou geleenthede wil hê om in die buiteland te gaan toer.

Rugby League is een van die twee groen-en-goud sportfederasies in Suid-Afrika. Eersdaags kom die Britte hier aan, en teen die einde van die jaar maak die manne reg vir die Rugby League Wêreldbeker wat in Engeland gespeel gaan word. Kom ons gee ons jong seuns die geleentheid om nie as gevolg van kwotas op die bank hoef te sit nie. Honderde studente wil aan rugby deelneem maar die kans om te speel gaan verby.

Ons soek hulle! Ons benodig manne vir die studente- en universiteitspanne na die Wêreldbeker. Dankie, ek waardeer die geleentheid.

jackpot euroлобановский александр игоревич

Een geskiedenis?

Die geskiedenis spook by ons. Dit is blykbaar die oorsaak van alle rasse-konflik. Ons verstaan nie Malema se liedjie reg nie, want dis deel van die struggle-geskiedenis. Zuma wil graag dat die mense in SA meer weet van die land se geskiedenis, want dit sal blykbaar die etniese en kulturele gaping oorbrug.

Het die reënboogland net een geskiedenis wat ons almal kan aanvaar en beter leer ken? Dit lyk nie so nie. Volgens die ANC is apartheid hier geplant met die koms van Jan van Riebeeck, en dit is die datum waarop die ‘onregmatige’ diefstal van ‘hulle‘ grond begin het. Of was dit dalk in 1913 dat hulle grond van hulle afgeneem is?

Die anneksasies wat deur die loop van die negentiende eeu deur Brittanje gedoen is – was dit regmatig?

Hoe hou die Cato Manor slagting verband met Sharpeville, of is daar geen verband nie? Interessant dat die PAC nou uitgevind het dat die leuen in Madiba se boek ontstaan het.

Die geskiedenis is soos die waarheid: daar is blykbaar altyd drie weergawes daarvan – myne, joune en die waarheid self. Geskiedskrywers is blykbaar nie in staat om die geskiedenis objektief te dokumenteer nie (met respek aan die edele beroep).

‘n Goeie vriend van my ontvang in 2005 kennis dat sy plaas aan ‘n grondeis onderhewig is. Die grondeis se datum is, raai, die 31e Desember 1998. Dit is toevallig ook die laaste datum vir registrasie van enige eise. Agterna hoor ons hoeveel eise op dieselfde datum ingedien is. Werklik ‘n besondere prestasie van die betrokke staatsdepartement om soveel eise op een dag te prosesseer! Hierdie plaas het deur die loop van die twintigste eeu so vyf keer van eienaar verwissel – elke keer teen heersende markprys, waar mense hul swaarverdiende geld geïinvesteer het. Feite word verdraai om politiese oogmerke te dien.

Watter geskiedenis leer ons kinders op skool? Is dit die polities korrekte weergawe, of liewer niks? Ek besef goed dat Afrikaners nie eers behoorlik kan saamstem oor ons geskiedenis nie, wat nog te sê die ander volke en groepe in ons land.

Die Voortrekkermonument is nou weer in gedrang, nie soseer die monument self nie, maar die geskiedenis wat dit verteenwoordig. Daar is tonele van die bloedige moorde op die trekkers in Natal wat in klip verewig is – is dit deel van die gemeenskaplike geskiedenis? En die moord op Piet Retief, is dit nie net ‘n wolhaarstorie nie?

Hoe meer ons oor geskiedenis gaan praat, en hoe meer boeke en artikels daaroor geskryf word, hoe groter gaan die verskille daaroor wees. Dit is twee divergerende spore. Dit stuur dalk af op ‘n wet wat sekere weergawes van die geskiedenis verbied, soos met die Nazi uitwissingskampe.

Ek het nogal ‘n redelike versameling geskiedenisboeke in my biblioteek, geskryf deur redelike gerespekteerde maar westerse geskiedskrywers soos Thomas Pakenham. Moet ek dit maar verbrand en vervang met die Zuma-Malema weergawe?

online casino games no deposit requiredФильчаков прокуратура харьков