Ek herhinner my ‘n argument wat ek met Anton Barnard gehad het in ‘n gesprek so drie of vier jaar gelede nog op die ou Praag Gespreksgroep oor swart arbeid op plase. Ek het die stelling gemaak dat Afrikaners bereid is om hulle lewens te waag deur ‘n voortsetting van swart arbeidsafhanklikheid. Daar was en is ‘n klomp argumente waarom Afrikaners in die NSA nie sonder swart arbeid kan klaarkom nie. Om die waarheid te sê, word die gebruik van swart arbeid as ‘n voorvereiste gereken om ekonomies kompeterend te wees.
Dat Afrikaners met ander Suid-Afrikaners moet handel dryf en ekonomies woeker is onafwendbaar, want ons bly immers in een land. Waarom moet ons egter swartes op ons erwe, binne ons huise en ons onmiddelike lewensruimtes in die algemeen hê? Ek maak die stelling dat as jy eenvoudig nie sonder swartes kan in ‘n spesifieke bedryf nie, dan moet jy dit opweeg teen jou eie lewe, jou vrou en dogter se aanranding en die al meer gespanne rasse klimaat in die NSA. Kortom, jy is die man in die huis en jou besluite is bepalend nie net in jou eie lewe nie, maar belangriker nog, die van jou vrou en kinders. Jy sal die skuld en verantwoordelikheid dra vir die veiligheidsrisiko in jou eie huis, want jy het besluit om swartes binne jou intieme lewensruimte toe te laat ter wille van jou onlosmaaklike verbintenis tot swart arbeid. Jy is die man, jy neem die besluit en jy leef daarmee saam!
Die verdere gevolg van swart arbeid, is ons verlies aan morele hoëgrond. Hoe kan ons mense gebruik maar hulle regte ontken deur hulle uit te sluit van ons beoogde volkstaat? Die antwoord is jy kan nie, nie sonder Apartheid nie, en dit sal nie weer gebeur nie. Swart arbeid weeg swaarder vir die meeste Afrikaners as die drang na vryheid.
In Engeland werk die stelsel sonder die goedkoop arbeidsmodel. Dit geld vir plase (melkplase, saaiplase, hoenderplase en vleisbees-eenhede) sowel as stede. As jy my nie glo nie, kom ervaar dit self. Verder funksioneer dit ook in Orania en Kleinfontein. Ons self het ‘n gasteplaas buite Pretoria wat huweliksonthale aanbied en al agt jaar sonder ‘n enkele swart werker funksioneer, met al ons bure wat nog steeds die swart adder aan die boesem koester.
Ek pleit by julle mense, word wakker! Verander van beroep as dit dan moet, maar hou op om die dood in julle huise te bring. Oom Eugene het die prys daarvoor betaal, en my hart skeur, maar ek moet dit sê – sy goedkoop arbeid blyk toe… die duurste arbeid vir hom ooit te wees.
