Wie het Terre’Blanche uitgehaal?

In ‘n artikel op Praag “Eugene Terre’Blanche- die cowboy wat kan terugkom” het ek gespekuleer dat die liberale wit establishment moontlik mnr. Terre’Blanche uit die samelewing kan laat verwyder.

Om verder as mnr.Julius Malema te soek vir die oorsake van ET se dood is nie so vergesog nie, vir die volgende redes:

1) Die raaiselagtighede om sy dood wat reeds bekend is.

2) Dit het in R.W. Johnson se onlangse boek uitgekom dat mnr.Chris Hani vermoor is met die medewete van mnr. F.W. de Klerk se veiligheidsmagte. Mnr.Clive Derby Lewis was gebruik om die kommuniste aan die een kant te elimineer en die regses aan die ander kant te diskrediteer.

3) Volgens Johnson is mnr.Robert Smit in die 1970’s vermoor deur elemente van die veiligheidsmagte om die saketransaksies van mnr.Nico Diedericks te beskerm.

4) Niemand glo meer Tsafendas het op sy eie geopereer in die moord op dr. Verwoerd nie. Betrokkenheid van die veiligheidspolisie word toenemend genoem.

5) Dit is opmerklik hoe die liberale wit establishment mnre. Zuma en Malema haat, nadat hul sy voorgangers mnr. Mandela aanbid het en mnr. Mbeki se skoene gelek het.

6)  Mnr. Terre blanche was waarskynlik die enigste huidige Afrikanerleier gewees met die oratoriese vermoë om Afrikaners te mobiliseer na ‘n volkstaat toe.

7) Wat mnr. Terre’Blanche verder gevaarlik gemaak het vir die liberale wit establishment is dat die bekende Nasperssmeerveldtog nie weer sou gewerk het soos in die 1980’s en die 1990’s nie. Naspers het sedertdien te veel politieke geloofwaardigheid ingeboet.

Bogenoemde faktore maak ‘n sluipmoord op mnr.Terre’Blanche, om mnr. Malema te diskrediteer, nie vergesog nie. Dit is tot voordeel van die liberale wit establishment dat mnr.Terre’Blanche geëlimineer en mnr.Malema terselfdertyd gediskrediteer kon word met een daad.

Dit wil toenemend voorkom of mnr. Zuma nie in volle beheer is van die regering nie en dat elemente van sy veiligheidsmagte, of die vorige veiligheidsmagte van mnr. de Klerk, omgekoop kon word om mnr. Terre’Blanche te vermoor en sodoende mnr. Malema te neutraliseer. Onthou hier is meer finansiële investering ter sprake as by Brett Kebble se JCI.

Miskien moet mnre. F.W.de Klerk en Niel Barnard maar ook in die polisie se ondersoek rondom mnr.Terre’Blanche se dood betrek word. Ons weet nou dat hierdie twee here se veiligheidsmagte in die Boputatswana-inval mnr.Terre blanche se AWB koelbloedig in ‘n lokval gelei het, waar twee AWB lede vermoor is.(Mnr.Terre’Blanche het dit onlangs openbaar gemaak wat natuurlik nog ‘n rede verskaf het om hom uit te haal).

Wanneer mnr. F.W. de Klerk weer een van sy geveinste persverklarings maak moet Afrikaners onthou dat hy al vantevore deur sy politieke toedoen ‘n lyk van ‘n Afrikaner op Ventersdorp agtergelaat het.

 

цена укладки ламинатаФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae