Wat was die polisie se rol?

Sedert ek oor die skok en woede gekom het van nog ‘n plaasmoord het ek besluit om kalm te bly, en te kyk na die feite.

Die feite soos ek dit sien is:

1. Die moordenaars was in arres voor enige berig gelees was in enige koerant op Sondagoggend, nadat hulle hulself oorgegee het.

2. Die motief is vasgestel – ‘n loongeskil – weereens voordat enige Rapportleser opgestaan en gaan koffie maak  het. (Wens die Polisie was altyd so effektief)

3. Julius Malema is nie in die land nie.

4. Sopas, ter versterking van my vermoedens, hoor ek op e-tv dat een of ander nuwe wet voorsiening maak dat die jongste van die twee barbare (15 jaar oud) in terme van die nuwe wet nie verhoor kan word as volwassene nie. Hy kan ook nie tronk toe gaan nie. Hy is nog net ‘n ou seuntjie …wat toevallig weet hoe om wreedaardig te moor.

Nou het ek my antwoord op die vraag:  “Hoekom bel ‘n plaasmoordenaar die polisie en gee homself oor?”  Maklike antwoord: Beplande sluipmoord.

Welkom in die era van die  ANC-gesteunde kindersoldaat. God help ons.

Ek wil ook net byvoeg dat ek bitter dankbaar is dat die polisie weer range dra, want nou weet ek wie is my vyand.  En ‘n woordjie aan my mede-afrikaners wat nog in die diens is:  Onthou, julle sal moet kant begin kies, vriende.

‘n Blou uniform is nou ‘n teiken. Kom huis toe.

тележки инструментальныеФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae