Kyk mooi na Malema se klagstaat

Die uitspraak “kill the farmer, kill the boer” is die skepping van Peter Mokaba en word verkeerdelik aan Malema toegeskryf.  Mokaba het die woorde in Engels gebruik en dit is onduidelik hoe daardie woorde in een van die Ngunitale vertaal kan word. 

Wat wel duidelik is, is dat Malema in Zoeloe sing “dubula amabunu”.  Dubula beteken skiet en nie maak dood nie. Amabunu verwys nie na boere, synde boerende mense nie, maar na die Afrikaner as etniese groep. 

Hy sing dus: “skiet die Afrikaners”.  Hierdie korrekte vertaling is haatspraak teen ‘n bepaalde etniese groep en beslis opruiend en gevaarlik. Die hoop word uitgespreek dat diegene wat Malema aankla in die klagstaat bogenoemde onderskeid duidelik sal handhaaf.  Anders is dit fout, soos die Hollanders sê.

инвертор зарядное устройствоДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae