Nelson Mandela is ‘n MI6-agent wat Britse intelligensiebeamptes gehelp het met optrede teen die Libiese Muammar Ghadaffi se wapenprogramme, sy hanteerders van besonderhede oor wapens vir Ulster-terroriste voorsien het en toegelaat het dat Britse spioenasienetwerke op Suid-Afrikaanse grondgebied gevestig word.
Bewerings van Mandela se werwing deur die Britse geheimediens is openbaar gemaak in die boek, MI6: Vyftig jaar van spesiale operasies, deur die bekende inligtingskenner Stephen Dorril. Die boek het in 2000 verskyn.
‘n Klopjag is destyds op die Londense uitgewery uitgevoer en rekenaartoerusting is in beslag geneem, maar die uitgewery Fourth Estate het nietemin voortgegaan om die boek te laat druk.
Britse intelligensie was glo woedend dat hulle versuim het om toegang te verkry tot die inhoud van Dorril se boek wat Mandela, ‘n Nobelpryswenner vir Vrede, ontmasker het. Daar word vermoed dat Mandela se werwing deels gemotiveer was deur sy openlike anti-kommunisme. In ruil het MI6 inligting oor moontlike sluipmoordaanslae op sy lewe aangebied .
Dorril sê senior agente van MI6 het hom oor Mandela se werwing deur die geheime intelligensiediens, ingelig.
Bronne binne die Foreign Office en die geheimediens het gesê Dorril se stelling “is heeltemal geloofwaardig”. Die Foreign Office het trouens nog niks gedoen om die bewering dat Mandela vir MI6 gewerk het, te ontken nie.
Daar was ook nooit ontkennings of dreigemente van regstappe teen die boek, van Nelson Mandela se kantoor in Johannesburg, Suid-Afrika of sy Londense prokureurs nie.
‘n Deel van die Dorril se boek, oor die aktiwiteite van MI6 in Afrika, lui soos volg: “Nog ‘n MI6-vangs was ANC-leier Nelson Mandela. Of Mandela gewerf is in Londen voordat hy in die tronk in Suid-Afrika was, is nie duidelik nie, maar daar word vertel dat hy op ‘n onlangse besoek aan Londen ‘n geheime besoek aan MI6 se opleidingsafdeling gebring het om die diens te bedank vir sy hulp om twee sluipmoordpogings teen hom kort nadat hy president geword het, te fnuik.”
Dorril sê die beplande sluipmoordpogings verwys waarskynlik na een deur ‘n faksie van die ANC, wat bitter gekant was teen Mandela se suksesvolle manoeuvres teen die Kommunistiese Party. Die ander poging was glo deur ‘n vleuel van die apartheidsregering se militêre diens.
Dorril, ‘n skrywer oor intelligensie-aangeleenthede en ‘n dosent aan die Universiteit Huddersfield, beweer Mandela is deur MI6 vanweë sy vriendskap met Muammar Ghadaffi gebruik.
Sowel die Britse as die Amerikaanse regerings was gretig om verhoudings te bou met Libië om die land se ryk olievelde te ontgin. “Mandela was die sleutel om Libië van ‘n terreurstaat na die Weste se siening te bekeer,” het Dorril aan die Sunday Herald gesê. “Die resultaat van sy optrede was ‘n groot ekonomiese hupstoot vir Westerse ekonomieë.”
Hy sê ook die sielkundige oorlogvoeringsafdeling van MI6, of IOPS – wat verantwoordelik is vir propaganda – het gehelp om die internasionale mening te rig sodat Mandela Gadaffi kan besoek sonder om die Weste openlik in die skande te steek.
Dorril het bygevoeg: “Mandela het MI6 gehelp met inligting oor Libië se geld en wapens aan die IRL, en die stuur van wapens na lojalistiese terroriste in Ulster vanaf apartheid Suid-Afrika.” Dorril beweer Mandela het sy MI6-hanteerders oor Libië se pogings om ‘n chemiese en biologiese oorlogvoeringsvermoë te ontwikkel ingelig asook oor Suid-Afrika se eie geheime kernarsenaal.
Dorril sê in sy boek dat Brittanje nie aangedring het op ‘n volle openbaarmaking van Suid-Afrika se biologiese wapenprogram nie. Mandela het ook glo gehelp keer dat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes gewerf word vir Libië se bio-wapenprogram.
Een van die grootste oorsese MI6-stasies is in Suid-Afrika. Dit was ‘n belangrike spioenasiesentrum gedurende die Koue Oorlog toe Rusland en Amerika vir invloed in Angola, Mosambiek en die naburige lande in hulle invloedsfeer gestoei het. Suid-Afrika is ook die sleutel tot Brittanje se ekonomiese welvaart as gevolg van sy natuurlike uraan, goud- en platinumneerslae.
Dit is onduidelik presies wanneer Mandela gewerf is. Albei Neil Harold, uit Mandela se persoonlike kantoor, en Mandela se Londense prokureur, Iqbal Meer, van Meer Care Desai, was stomgeslaan toe die bewerings aan die lig kom.
Dorril sê sy boek is nie skadelik vir Mandela se reputasie nie. “Daar is niks wat lasterlik is omtrent werwing vir MI6 nie,” het hy gesê.
‘n Amptenaar van die Foreign Office het gesê hy kan nie kommentaar lewer op die beweringe nie, maar nie-amptelik het senior Foreign Office-bronne bevestig dat Dorril se beweringe geloofwaardig is.
‘n Deskundige oor Suider-Afrika het gesê: “Sy lewe en geskiedenis toon hoe hy aantreklik sou wees vir MI6 en MI6 vir hom aantreklik. Mandela is diep anti-kommunisties. As ‘n jong man het hy Kommunistiese Party-vergaderings met sy vuiste ontwrig. Later in sy lewe hy het tot die besef gekom dat hy elke bondgenoot wat hy kan kry teen apartheid nodig het en weens pragmatiese redes besluit om in die bed met die Kommuniste te eindig.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.