Weermag en media medepligtig

Die “haas vergete nalatenskap”  is ‘n nalatenskap van die Suid-Afrikaanse Weermag met die media as medepligtiges.

Vroeg die oggend van 8 Maart 1994 het daar by die saamtrekpunt in Bophuthatswana ‘n woordewisseling ontstaan tussen die leierskap van die partye wat die Bophuthatswana-inval gereël het en Nicolaas Cornelius Fourie, Boervolk ID Nr 541-1-0-0001322, as gevolg van lewensnoodsaaklike ondernemings wat nie gestand gedoen is nie.  Ten slotte is besluit om die operasie op te hef en vreedsaam aan Bophuthatswana te onttrek.

Wolmarans het twee passasiers by hom in sy Mercedes, ‘n siviele voertuig, gehad.  Links agter hom het Uys by die deur gesit.  Fourie, ‘n nasaat van Jopie Fourie en die enigste militaris van die drie, het links voor gesit.  Net voor ‘n padkruising het ‘n masjiengeweer vanuit ‘n voertuig van die SA Weermag, sonder enige waarskuwing, op die bewegende siviele passasiersvoertuig losgebrand en Fourie getref.  Al die koeëlgate was aan die passasierskant van die voorruit. 

Fourie is noodlottig getref,  Uys het een skoot deur sy linkerheup gekry en Wolmarans was ongedeerd.  Daar bestaan geen twyfel dat Fourie geteiken is nie.  Die skutter het nie sy gelyke in die wêreld nie.  As soldaat was dit nie sy besluit nie maar die uitvoer van ‘n militêre opdrag.

Toe die voertuig stilhou het Fourie uit die voertuig geval en gesterf, Uys het probeer uitklim maar teen die agterwiel van die motor inmekaargesak as gevolg van sy heupwond en Wolmarans het voor om die motor beweeg om na sy passasiers om te sien.

Onmiddellik na die skietery het offisiere van die SA Weermag opgedaag en die situasie kortstondig bespreek en uit skoot verdwyn.  Die gebeure is op film vasgelê deur kameramanne en fotograwe wat “toevallig” by die kruising teenwoordig was.  Wolmarans het by die mediamense gepleit vir water vir Uys wat in erge pyn verkeer het.  Niemand was hulle ter wille nie.  Die weermagoffisiere het nie hulle mediese korps opdrag gegee om die gewonde Uys by te staan nie.  Die mediamense het nie een ‘n vinger verroer om ‘n naaste te help nie.  Dit is die gedrag van onopgevoede en onbeskaafde mense.

As een van die belasterde soldate van “Nazi” Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n vyandelike soldaat sien lê het soos Uys op die foto op bladsy 11 van Beeld van 5 April 2010, met beide hande in die lug om sy ontwapendheid te demonstreer terwyl hy weerloos op die grond lê, sou hy die mediese personeel ontbied het of by gebrek aan gespesialiseerde hulp noodhulp toegepas het om die gewonde te help voordat hy hom gevange neem.

Ongeveer twintig minute later het ‘n Tswanaskutter in kamoefleerdrag opgedaag.  Hy het eerstens op Fourie se lyk gevuur en daarna vir Uys en Wolmarans in koelenbloede doodgeskiet. Hiervan is die foto op bladsy 11 van Beeld, wat geneem is ná die masjiengeweervuur voor die Tswanaskutter sy verskyning gemaak het, ‘n getuie.

Uys lewe terwyl Fourie langs hom reeds doodgebloei het.   Daar was geen poging van die omstanders om tussen beide te tree nie.  Om so ‘n man in koelen bloede dood te skiet, veral as jy twintig minute na die verwonding opdaag met die doel om dit te doen, is ‘n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.  Om op ‘n ongewapende siviele passasiersvoertuig sonder waarskuwing vanuit ‘n militêre gepantserde voertuig te vuur en ‘n passasier te teiken en dood te skiet, is ‘n oorlogsmisdaad onder die Geneefse Konvensie en strafbaar met die dood.

Dit wil sê as daar nog ‘n oorlogstoestand geheers het.  Aangesien die operasie opgehef en die voertuig met sy insittendes met ‘n vreedsame onttrekking besig was, is die Geneefse Konvensie nie ter sprake nie en kyk die skutters en hulle bevelvoerders na ‘n aanklag van moord.
Navraag gedoen by ‘n senior staatspatoloog het die volgende aan die lig gebring:

1.    Waar ‘n lyk verskeie noodlottige koeëlwonde het, is dit onmoontlik om ‘n spesifieke wond uit te sonder as die oorsaak van die dood.

2.    Deurdat die hoë trompsnelheid van moderne wapens veroorsaak dat die liggaam nie die koeëls op sulke kort afstande gevuur, terughou nie is dit vir ‘n patoloog onmoontlik om te bepaal watter kaliber koeël ‘n wond veroorsaak het waar verskillende kalibers ter sprake is.

Dit blyk dan dan Fourie doodgeskiet is deur ‘n masjiengeweerskutter van die SA Weermag en Uys en Wolmarans, die enigste twee simpatieke ooggetuies op die toneel, in opdrag van sy seniors deur ‘n Tswanaskutter van die Bophuthatswanapolisie of –weermag.  Indien wel, was die doel van die tweede moord om die SA Weermag se betrokkenheid toe te smeer.  Die primêre plegers sou dan wees die aanvoerders wat die opdragte uitgereik het.

Die mediamense wat ooggetuies van die gebeure was en nog steeds die toesmeer van die feite bemagtig deur met hulle beriggewing te kenne te gee dat die Tswanaskutter al drie AWB’s vermoor het, sou dan medepligtig wees aan die misdade.

Die AWB het sy pligte hier versuim.  Hy het sy vermoorde lede en hulle families in die steek gelaat deur nie die gebeurlikhede op te volg en ‘n in diepte ondersoek af te dwing sodat die reg sy volle gang kan gaan nie.

Maar die sekel het reeds begin maai.

пескоструйный аппарат арендаtopcargo