Rugby League groei in SA

Rugby League is tans besig om teen ‘n geweldige tempo in Suid-Afrika te groei. Die rede lê moontlik daarin dat die administrateurs hul grootliks toespits op absolute sport en die beoefening daarvan in die lig dat kultuur, karakter, selfs die geskiedenis van die speler en waarvandaan hy en sy voorsate kom, bestudeer word.

Die kultuur is aansteeklik, wat op skool verlore gegaan het, kry inslag op die veld en dit geld vir almal. Ons steun alle nasionale spanne, selfs Bafana en die Springbokke want dis ons sport en mense. Hoewel ons ‘n vinnige, sprankelende en verdediginde sport handhaaf, is die deur oop vir ons jong seuns wie nou geleenthede wil hê om in die buiteland te gaan toer.

Rugby League is een van die twee groen-en-goud sportfederasies in Suid-Afrika. Eersdaags kom die Britte hier aan, en teen die einde van die jaar maak die manne reg vir die Rugby League Wêreldbeker wat in Engeland gespeel gaan word. Kom ons gee ons jong seuns die geleentheid om nie as gevolg van kwotas op die bank hoef te sit nie. Honderde studente wil aan rugby deelneem maar die kans om te speel gaan verby.

Ons soek hulle! Ons benodig manne vir die studente- en universiteitspanne na die Wêreldbeker. Dankie, ek waardeer die geleentheid.

jackpot euroлобановский александр игоревич

Maak 'n opvolg-bydrae