Godsell weer terug?

Dit lyk of Bobby Godsell op pad terug is na Eskom.

Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, en Godsell, wat Maandag bedank het as Eskom se voorsitter, gaan die naweek ontmoet.

Hogan se kantoor het egter gesê daar kan nie verder kommentaar gelewer word nie omdat die ontmoeting nog nie plaasgevind het nie.

“Dis eintlik Godsell se keuse of hy wil terugkeer na Eskom se direksie toe,” het me. Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, gesê.

Dit volg nadat Hogan op Radio 702 gesê het sy sal bly wees as Godsell sy posisie sou heroorweeg.

Godsell het Maandag bedank nadat die nou voormalige uitvoerende hoof van Eskom, mnr. Jacob Maroga, aanvanklik geweier het om te gaan nadat die direksie sy bedanking aanvaar het.

Godsell het bedank nadat hy met pres. Jacob Zuma vergader het.

 

панель светодиодная круглаяДанильченко Юрий отзывы

Selfoontariewe binnekort laer

Genl. Siphiwe Nyanda, die minister van kommunikasie, het met sy aankondiging in die parlement die “vrywillige” verlaging van die tarief vir interkonneksie vir selfone as ’n Kers- en Paasfeesgeskenk vir die verbruiker bestempel. Interkonneksie-tariewe gaan met 36c daal.

Die interkonneksie-tarief is die bedrag wat een netwerk aan ’n ander moet betaal om ’n oproep na die ander netwerk oor te skakel. Dié tarief is van die hoogste in die wêreld.

’n Verlaging in dié tarief sal die selfoonnetwerke in staat stel om ook gewone selfoontariewe te verlaag.

Dit volg nadat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) voorgestel het dat die netwerke self met mekaar onderhandel en ’n laer tarief beding.

Nyanda moes verlede maand egter ’n nuwe beleidsvoorskrif by die parlement indien omdat selfoonoperateurs traag was hulle winste in te boet.

Die portefeuljekomitee gemoeid met die kwessie wou interkonneksie-tariewe met tot 60c verlaag. Netwerke het daarna dadelik onderneem om nuwe en bekostigbare kleinhandelprodukte reeds in Desember vanjaar in te stel.

MTN en Vodacom het die 36c voorgestel omdat ’n drastiese verlaging in tariewe hul sakemodelle sou beïnvloed en voorgestel dat die tariewe eerder stelselmatig verlaag moet word.

Nyanda het gesê dié verlaging sal meer mededingendheid in die mark sal bring.

Nyanda het sy beleidsvoorskrif onttrek om die proses verder aan te help.

“Ons is bly dat die bedryf ’n vroeë oplossing gevind het tot die kwessie van laer selfoon-interkonneksie-tariewe,” het mnr. Shameel Joosub, besturende direkteur van Vodacom Suid-Afrika gesê.

Vodacom en Cell C se tarief sal van R1,25c tot R0,89c in spitstye verlaag word en dit sal reeds in Februarie van krag wees.

MTN se verlagings tree eers in Maart in werking.

 

каталки детскиеФільчаков Олександр Васильович

Landbank-korrupsie ‘gaan baie groter nagevolge hê’

Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoek-eenheid van die nasionale vervolgingsgesag, het Woensdag gesê dat die ondersoek na korrupsie by die Landbank “baie groter nagevolge” gaan hê as wat aanvanklik gedink is.

Hofmeyr is besig met ’n ondersoek waar daar na bewering meer as R100 miljoen van die Landbank se fondse gebruik is vir die aankope van luukse eiendom en uitspattige geskenke vir sekere individue.

“Soos wat die bankrekeninge en ander dokumente ontleed is, het dit geblyk dat daar meer individue is wat ondersoek moet word. Dit is ook moeilik om die mense te nader as jy nie seker is of hulle ’n getuie of beskuldigde gaan wees nie soos die ondersoek ontvou.”

Aangesien die ondersoek nou wyer strek, is dit duidelik dat die geld deur ’n hele paar bankrekeninge gegaan het. Dit is ’n stadige proses om die bankstate in die hande te kry en dit neem baie tyd. “Die state is in groot databasisse gestoor,” het hy gesê. “Ons wag nog vir state om beskikbaar gestel te word.”

Hofmeyr het gesê gegewe die omvang van die ondersoek is dit belangrik dat alles behoorlik gedoen word. Hy het egter vir geduld gevra weens die tyd wat dit neem. Dit is ondanks die feit dat hy die span wat aan die ondersoek werk vergroot het en dat hulp deur die departement van finansies gebied is om die banke se state vinniger in die hande te kry.

 

построитьtopcargo развод

Maroga bly, Godsell loop

Jacob Maroga het Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, in ’n brief in kennis gestel dat hy homself steeds as die uitvoerende hoof van Eskom beskou, volgens Vytjie Mentor, voorsitter van die parlement se portefeulje-komitee rakende openbare ondernemings.

Nadat nuus Maandag bekend geraak het dat Godsell bedank het, het Mentor die brief bevestig. “Hy het gesê hy aanvaar volle beheer oor al sy verantwoordelikhede, insluitend om op die direksie te wees, hy sal die onderneming bestuur,” het Mentor gesê.

Intussen het die Black Management Forum Maandagmiddag reeds Godsell se bedanking en Maroga se terugkeer verwelkom.

“Ons spreek ons waardering uit dat hy bedank het. Dit was die regte ding,” het die organisasie se besturende direkteur, Gaba Tabane, gesê.

“Ons verwelkom dit ook dat Maroga terug is by die werk.”

Intussen het ekonome gesê Godsell se bedanking is ’n “groot terugslag” wat buitelandse beleggers wat vrese het oor politieke inmenging, kan afskrik.

“Dit wil voorkom asof die gesag van die direksie ondermyn word. Dit wil ook voorkom asof die korporatiewe bestuur by Eskom erg geskud is,” het Chris Hart, ekonoom van Investment Solutions, gesê.

“Die implikasie is dat daar politieke inmenging was, dit sal betreurenswaardig wees as dit die geval is,” het Ulrich Joubert, ekonoom van Kruger International, gesê.

“Dit sal ’n paar wenkbroue in die beleggingswêreld laat lig. Finansiële markte hou nie normaalweg van politieke inmenging nie,” het Joubert gesê.

Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, kon nie teen 15:00 bevestig of die res van Eskom se direksie ook bedank het nie.

 

лучшие яхты мираДанильченко

Hogan skerm vir Eskombaas

Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, sê die omstrede hoof van Eskom, Jacob Maroga, is nie alleen verantwoordelik vir dié kragreus se probleme nie.

Hogan het Woensdag op vrae van die nasionale vergadering reageer en gesê dit is onregverdig om Maroga te blameer.

Fin24 het vroeër berig dat pres. Jacob Zuma ingegryp het om te keer dat die Eskomraad Maroga in die pad steek.

Die raad is nou in ‘n stryd met die regering gewikkel.

“Intussen swyg Eskom oor die feit dat hy nou nie meer ‘n baas het nie. ‘n Amptelike woordvoerder word vir die afgelope paar dae lastig geval vir inligting, maar kon nog nie antwoorde verskaf nie,” het Fin24 berig.

Hogan se woordvoerder en die presidensie weier ook om kommentaar te lewer.

Volgens Fin24 is die raad ontevrede met Maroga oor die manier waarop hy ‘n verslag van Susan Olsen hanteer het.

In Julie 2007, ses maande voor die kragkrisis, het Olsen, ‘n Amerikaanse kragkonsultant, Maroga in ‘n verslag gewaarsku dat Eskom se steenkoolafdeling mits ernstige stappe gedoen word, “‘n ineenstorting in die gesig staar”.

Cobus Schmidt, ‘n woordvoerder van die DA, het gesê dit was nie Zuma se plek om aan die Eskomraad voor te skryf dat hulle Maroga nie kan afdank nie.

Hy sê Maroga moet vir verskeie redes in die pad gesteek word.

Dié redes sluit in sy besluit om Olsen af te dank en die verlies van R2 miljard per dag toe Suid-Afrika hard geslaan is deur beurtkrag.

 

играшкиАлександр Фильчаков

Vakatures in sleutelposte het kragkrisis veroorsaak

’n Vertroulike Eskomverslag dui aan dat tot 50% van sleutelposte in die organisasie nie gevul was toe die land onder beurtkrag gebuk gegaan het nie, het die DA Maandag gesê.

Cobus Schmidt, die DA se woordvoerder oor energie, het gesê sy party is in besit van ’n verslag van Eskom se tegniese ouditgroep wat laat in 2007 saamgestel is en intern in Eskom gesirkuleer is net voor die land met kragkrisisse getref is.

Schmidt het gesê die verslag dui aan hoe Eskom se bestuur versuim het om kritieke vakatures in senior bestuur en van steenkoolaanskaffing te vul.

Die verslag sluit aan by ’n ander een wat die DA in September bekom het waarin ’n internasionale kenner, me. Susan Olsen, wat deur Eskom aangestel is, gewaarsku het dat Eskom se energie-opwekking in duie kan stort as daar nie ingegryp word nie.

“Olsen se memo, net soos die een wat ons nou bekend maak, demonstreer dat Eskom gewaarsku is dat hy steenkooltekorte in die gesig staar en dat maatreëls voorgestel is om die krisis te voorkom, maar dat die organisasie hom nie daar aan gesteur het nie,” het Schmidt gesê.

Die Olsen-memo verwys daarna dat Eskom se gebrek aan ervaring en onvermoë om die steenkoolmark te verstaan, ’n kritieke rol in die kragtekorte gespeel het.

“Nou het ons ’n verslag van Eskom se eie ouditafdeling wat die siening ondersteun,” het Schmidt gesê.

 

nights gameлобановский александр биография

Nuwe belasting vir SAUK-finansiering

Suid-Afrika gaan persoonlike belasting met 1% opstoot om sy bankrot uitsaaier te finansier, pleks daarvan om op lisensiegeld staat te maak, het die Johannesburgse dagblad Business Day vandag berig.

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het in die 2007/2008-boekjaar ‘n totaal van R822 miljoen vanuit lisensie-inkomste verkry, maar die nuwe heffing op belasting sal waarskynlik twee keer soveel inbring.

“Ekstra belasting van tot 1% op belastingbetalers, bo en behalwe hul persoonlike belasting, sal aan die SAUK gaan,” het die dagblad die direkteurgeneraal van die departement van kommunikasie, Mamodupi Mohlala, aangehaal.

Sy het gesê die uitsaaier behoort op plaaslike produksie te konsentreer en nie op die invordering van fooie nie, maar kritici van die nuwe heffing meen dis nog ‘n terugslag vir die publiek wat reeds ‘n 45%-styging in elektrisiteitstariewe vanjaar moes trotseer.

сауны винницыФильчаков прокурор харькова

Werkgeleenthede teen grootste tempo ooit tot niet

Die jongste arbeidsmagpeiling wat Donderdag bekend gemaak is, wys dat werkgeleenthede teen die vinnigste tempo ooit in Suid-Afrika se geskiedenis tot niet gemaak word.

Daarvolgens het 484 000 werkgeleenthede in die derde kwartaal verlore gegaan en het die land se amptelike werkloosheidskoers van 23,6% tot 24,5% gestyg .

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die ekonomies onaktiewes in die derde kwartaal alleen met 510 000 tot 14 095 miljoen gegroei. Daarvan is 1 632 miljoen werksoekers wat nie meer hoop het op ‘n betrekking nie.

Tot dusver vanjaar het reeds 959 000 werkgeleenthede verlore gegaan. Dit is een uit elke 18 poste.

Die meeste van die werkverliese in die derde kwartaal was in die vervaardigingsektor (met 8% af oftewel 150 000 poste), en die handelsektor (110 000). Een uit elke tien poste in die vervaardigingsektor en in die handelsektor het nou reeds tot niet gegaan.

In die landbou het 57 000 verlore gegaan en privaat huishoudings het 28 000 poste afgestaan.

Met die 200 000-verlies verlede jaar, het die land dus sowat 1,2 miljoen poste sedert die begin van die resessie verloor.

Ekonome verwag dat die uitwerking daarvan op persoonlike en huishoudelike inkomste, op huishoudelike besteding en groei in die bruto binnelandse produk (BBP) enorm gaan wees, want huishoudelike besteding lewer sowat twee derdes van die land se BBP.

Werkloosheid het oral toegeneem, behalwe in KwaZoeloe-Natal. Die grootste verlies was in Gauteng wat 234 000 werke verloor het.

Cosatu sê die syfers dui op ’n fundamentele strukturele probleem in ‘n ekonomie wat besig is om te deïndustrialiseer.

Minister Pravin Gordhan het vroeër dié week gesê werkskepping vir ‘n relatief ongeskoolde arbeidsmag is die land se grootste ekonomiese uitdaging.

Hy het gewaarsku dat indien daar nie ‘n uitweg gevind word nie, dit rampspoedige gevolge vir maatskaplike stabiliteit en toekomstige groei mag inhou.

 

gambling freeДанильченко

Swak kleinhandelverkope skok

Kleinhandelverkope het skerp gedaal in Augustus, het Statistieke Suid-Afrika, SSA, Woensdag gesê.

Volgens die SSA het kleinhandelverkope met 7% jaar-tot-jaar in Augustus gedaal in vergelyking met ’n hersiene 4,1%-inkrimping in Julie.

Ekonome het Woensdag se skerp daling glad nie verwag nie.

“Dit is ’n skok en dit wys dat verbruikersbesteding onder groot druk is,” het Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za, gesê .

“Hou ook in gedagte dat mense teen die einde van Julie en die begin van Augustus moes opdok vir ’n verhoogde elektrisiteitsprys.

“Dit het ’n negatiewe uitwerking op kleinhandelverkope gehad en ’n blik gegee op wat volgende jaar gaan gebeur wanneer ons ’n groter elektrisiteitsverhoging van 45% kan kry,” het hy gesê.

Schüssler het gesê Suid-Afrika is steeds in die midde van ’n resesssie ondanks rentekoerse wat verlaag is.

 

тамбов автохимияданильченко юрій броніславович компромат

SA het elektrisiteit doelbewus goedkoop gemaak

Eskom se voorsitter Bobby Godsell het Vrydag in Johannesburg gesê Suid-Afrika het doelbewus elektrisiteit goedkoop gemaak.

“In die verlede was Suid-Afrika nie ‘n gewilde bestemming vir beleggings nie en dus moes die regering ‘n aansporing voorsien en dit was goedkoop elektrisiteit,” het hy aan die Staal en Ingenieursbedrywefederasie van Suid-Afrika gesê.

Dit was egter ‘n fout om die prys van elektrisiteit onder die werklike produksiekoste te stel het Godsell gesê.

“Die regering het die elektrisiteitsektor vir nuwe spelers oopgemaak, maar niemand het ingekom nie want die tarief was die helfte van die produksiekoste.”

Godsell sê Eskom se voorraad vir kragsentrales is nou vir 42 dae.

“Verlede jaar was die gemiddeld 12 dae.”

Eskom is tans besig met ‘n kapitale uitlegprogram van R385 miljard.

“Dit is vier keer so groot soos die Gautreinprojek,” het hy gesê.

“Ons program is op skedule en ons dink die koste sal op R385 miljard bly of minder wees.”

Godsell sê die debat oor Eskomtariewe is nie “‘n Eskom debat” nie.

“Dit is ‘n Suid-Afrika Geïnkorporeer debat wat 48 miljoen Suid-Afrikaners insluit. As ons meer ekonomiese groei wil hê, het ons meer elektrisiteit nodig.”

Godsell wou nie op die jongste tariewe van Eskom kommentaar lewer wat volgende week aangekondig gaan word nie.

 

инструмент для шиномонтажалобановский обыск

VN-oproep vir ‘n nuwe reserwegeldeenheid

Die Verenigde Nasies het Dinsdag ‘n beroep gedoen vir ‘n nuwe globale reserwegeldeenheid om ‘n einde aan die dollar se oppergesag te maak wat die Verenigde State van Amerika die “voorreg” toegelaat het om ‘n reusehandelstekort op te bou.

“Belangrike vooruitgang in die bestuur van wanbalanse kan gemaak word deur die vermindering van die reserwegeldeenheidland se “voorreg” om eksterne tekorte te loop ten einde internasionale likiditeit te verskaf, het die VN se ondersekretarisgeneraal vir ekonomiese en sosiale sake, Sha Zukang, gesê.

Hy het by die jaarlikse vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in Istanboel, gepraat en verder gesê: “Dit is tydig om te beklemtoon dat so ‘n stelsel ‘n meer regverdige metode skep vir die deel van die seigneuriage wat uit die verskaffing van globale likiditeit voortvloei.”

Hy het gesê: “Groter gebruik van ‘n ware globale reserwegeldeenheid, soos die IMF-spesialetrekkingsregte (STR), kan die seigneuriage wat so verkry word vir ontwikkelingsdoeleindes ontplooi word,” het hy gesê.

Die STR is die bate wat in IMF-transaksies gebruik word en is gebaseer op ‘n mandjie van vier geldeenhede – die dollar, euro, jen en Britse pond – en dit word daagliks bereken.

Sjina het in Maart vir ‘n nuwe dominante wêreldreserwevaluta in plaas van die dollar in ‘n stelsel binne die raamwerk van die Washington-gebaseerde IMF gevra.

тамбов абразивныйФильчаков

Eskom wil meer gratis elektrisiteit uitdeel

Eskom wil volgende jaar die basiese gratis-elektrisiteitstoelaag aan arm huishoudings van 50 kW tot tussen 70 en 100 kW verhoog, het mnr. Jacob Maroga, uitvoerende beampte van Eskom, vandag gesê.

“Die huidige gesprekke gaan oor ’n verhoging van tot 70 of 100 kW,” het Maroga gesê.

Hy het gesê dat Eskom dié voorstel in sy tariefverhogingsaansoek vir aanstaande jaar ingesluit het, wat hy by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) aan die einde van September ingehandig het.

Maroga het geweier om die tariefverhoging waarvoor Eskom aansoek gedoen het vir volgende jaar bekend te maak, en gesê dat dit slegs openbaar gemaak sal word sodra die land se 283 munisipaliteite oor die aansoek kommentaar gelewer het.

джемперы и свитеры для мальчиков купитьОлександр Фільчаков прокурор

Wêreldbank se geld raak op

Die Wêreldbank, wat gewoonlik steun aan arm lande verleen, moes soveel kontant uitdeel ná die globale finansiële krisis dat dit ‘n tekort vir nuwe projekte oor die volgende 12 maande ondervind.

“Teen die middel van aanstaande jaar gaan ons ernstige beperkinge ervaar,” het die voorsitter van die Wêreldbank, Robert Zoellick, gesê tydens die loodsing van ‘n groot veldtog om ryk lande te oortuig om nog meer geld aan die instelling in Washington oor te betaal.

Hy het toegegee dat so ‘n taak baie moeilik is, gegewe die probleme wat lande tydens die ontwikkelde wêreld se grootste resessie sedert die Tweede Wêreldoorlog in die gesig staar.

Hoewel die bank oor genoeg kontant beskik om bestaande projekte en daaglikse bedryfsuitgawes te befonds, het die globale ressessie soveel ekstra behoeftes van die arm lande geskep dat dit moontlik ekstra bydraes van ryk lande nodig gaan hê om sy balansstaat te verstewig en om aan sulke behoeftes te voldoen.

Mnr. Zoellick, wat by die IMF en die Wêreldbank se jaarvergaderings in Istanboel gepraat het, het gesê die bank het ‘n kapitaalvermeerdering van $3 tot $6 miljard nodig, hoewel sommiges die uiteindelike kapitaalbehoefte nog hoër beraam.

Hy het die hoop uitgespreek dat aandeelhouers, waaronder Brittanje en ander nywerheidslande, ‘n besluit sou neem voor die Wêreldbank se vergadering aanstaande jaar in April.

Die geld sal verdeel word tussen die Internasionale bank vir heropbou en ontwikkeling – die sleutelgedeelte van die bank wat aan arm lande geld leen – en die Internasionale finansieringskorporasie (Engelse afkorting IFC), wat aan maatskappye leen.

Mnr. Zoellick het gesê: “Ons erken dat alle lande onder begrotingsdruk verkeer en dat dit nie ‘n maklike tyd is om vir dié dinge te vra nie.” Hy het gesê dat die tekort aan kontant vir die IFC veral kommer wek en het bygevoeg: “Want een van die kwessies tydens dié ekonomiese herstelproses is die oordrag van regeringstimuleringsprogramme na privaatsektorontwikkeling.”

Tekenend van die Wêreldbank se probleme is dat sy driejaarbestedingsprogram van $100 miljard, waartoe hy hom verlede jaar verbind het, nie toereikend gaan wees om in die vraag van sukkelende ekonomieë te voldoen nie. Die grootste gedeelte van dié geld is reeds uitgegee om die oorlewing van die “mees kwesbare lande” te verseker.

зарядное устройстволобановский александр жена

ANC-minister dreig met ‘grondhervorming soos in Zimbabwe’

Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, Gugile Nkwinti, het oor die naweek gedreig dat grondhervorming na die Zimbabwiese model in Suid-Afrika toegepas gaan word.

Nkwinti het op Vryheid in Kwazulu-Natal gesê: “Ons het gesien wat in Zimbabwe gebeur het, dit gaan hier gebeur omdat grond ‘n sleutelkwessie tydens bevryding is.” (In die oorspronklike Engels het hy gesê: “We have seen what happened in Zimbabwe , it will happen here because land is a key question in liberation.”

Die adjunkminister van landbou, dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus, het met onsteltenis gereageer en dit in ‘n verklaring as “onverantwoordelik” bestempel. Volgens Mulder skep so ‘n uitspraak “groot onsekerheid in die landbougemeenskap”.

Nkwinti het ook daarna verwys dat die regering nie oor genoeg geld beskik om grond by boere te kan koop nie en dat grondhervorming daaronder lei. Volgens Mulder is “die onafwendbare afleiding wat hieruit deur die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap gemaak word, dat die Minister Zimbabwe-tipe grondhervorming onbewustelik aanmoedig. Dit is tot niemand in Suid-Afrika se voordeel nie.”

Die Vryheidsfront Plus-leier het voorts gesê: “Omdat onsekerheid oor grondhervorming reeds voedselsekerheid in Suid-Afrika bedreig, maak uitsprake soos hierdie dit moeiliker en nie makliker nie om die samewerking van kommersiële boere te kry. Dit word as ’n verskuilde dreigement en afpersing deur die boere ervaar.”

By dieselfde geleentheid het die Minister sy bekommernis uitgespreek oor die honderde plase wat onproduktief is na hulle aan nuwe eienaars oorgedra is.

Navrae deur praag.co.za aan die ministerie is tot dusver onbeantwoord gelaat. Die minister het van persoonlike assistent verander en ‘n woordvoerder van die departement, Elton Green, was nie beskikbaar nie.

uk casino gamesАлександр Фильчаков Васильевич