praag.co.za

VN-oproep vir ‘n nuwe reserwegeldeenheid

Written by

in

Die Verenigde Nasies het Dinsdag ‘n beroep gedoen vir ‘n nuwe globale reserwegeldeenheid om ‘n einde aan die dollar se oppergesag te maak wat die Verenigde State van Amerika die “voorreg” toegelaat het om ‘n reusehandelstekort op te bou.

“Belangrike vooruitgang in die bestuur van wanbalanse kan gemaak word deur die vermindering van die reserwegeldeenheidland se “voorreg” om eksterne tekorte te loop ten einde internasionale likiditeit te verskaf, het die VN se ondersekretarisgeneraal vir ekonomiese en sosiale sake, Sha Zukang, gesê.

Hy het by die jaarlikse vergaderings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in Istanboel, gepraat en verder gesê: “Dit is tydig om te beklemtoon dat so ‘n stelsel ‘n meer regverdige metode skep vir die deel van die seigneuriage wat uit die verskaffing van globale likiditeit voortvloei.”

Hy het gesê: “Groter gebruik van ‘n ware globale reserwegeldeenheid, soos die IMF-spesialetrekkingsregte (STR), kan die seigneuriage wat so verkry word vir ontwikkelingsdoeleindes ontplooi word,” het hy gesê.

Die STR is die bate wat in IMF-transaksies gebruik word en is gebaseer op ‘n mandjie van vier geldeenhede – die dollar, euro, jen en Britse pond – en dit word daagliks bereken.

Sjina het in Maart vir ‘n nuwe dominante wêreldreserwevaluta in plaas van die dollar in ‘n stelsel binne die raamwerk van die Washington-gebaseerde IMF gevra.

тамбов абразивныйФильчаков

Comments

Leave a Reply