praag.co.za

Landbank-korrupsie ‘gaan baie groter nagevolge hê’

Written by

in

Willie Hofmeyr, hoof van die spesiale ondersoek-eenheid van die nasionale vervolgingsgesag, het Woensdag gesê dat die ondersoek na korrupsie by die Landbank “baie groter nagevolge” gaan hê as wat aanvanklik gedink is.

Hofmeyr is besig met ’n ondersoek waar daar na bewering meer as R100 miljoen van die Landbank se fondse gebruik is vir die aankope van luukse eiendom en uitspattige geskenke vir sekere individue.

“Soos wat die bankrekeninge en ander dokumente ontleed is, het dit geblyk dat daar meer individue is wat ondersoek moet word. Dit is ook moeilik om die mense te nader as jy nie seker is of hulle ’n getuie of beskuldigde gaan wees nie soos die ondersoek ontvou.”

Aangesien die ondersoek nou wyer strek, is dit duidelik dat die geld deur ’n hele paar bankrekeninge gegaan het. Dit is ’n stadige proses om die bankstate in die hande te kry en dit neem baie tyd. “Die state is in groot databasisse gestoor,” het hy gesê. “Ons wag nog vir state om beskikbaar gestel te word.”

Hofmeyr het gesê gegewe die omvang van die ondersoek is dit belangrik dat alles behoorlik gedoen word. Hy het egter vir geduld gevra weens die tyd wat dit neem. Dit is ondanks die feit dat hy die span wat aan die ondersoek werk vergroot het en dat hulp deur die departement van finansies gebied is om die banke se state vinniger in die hande te kry.

 

построитьtopcargo развод

Comments

Leave a Reply