SA het elektrisiteit doelbewus goedkoop gemaak

Eskom se voorsitter Bobby Godsell het Vrydag in Johannesburg gesê Suid-Afrika het doelbewus elektrisiteit goedkoop gemaak.

“In die verlede was Suid-Afrika nie ‘n gewilde bestemming vir beleggings nie en dus moes die regering ‘n aansporing voorsien en dit was goedkoop elektrisiteit,” het hy aan die Staal en Ingenieursbedrywefederasie van Suid-Afrika gesê.

Dit was egter ‘n fout om die prys van elektrisiteit onder die werklike produksiekoste te stel het Godsell gesê.

“Die regering het die elektrisiteitsektor vir nuwe spelers oopgemaak, maar niemand het ingekom nie want die tarief was die helfte van die produksiekoste.”

Godsell sê Eskom se voorraad vir kragsentrales is nou vir 42 dae.

“Verlede jaar was die gemiddeld 12 dae.”

Eskom is tans besig met ‘n kapitale uitlegprogram van R385 miljard.

“Dit is vier keer so groot soos die Gautreinprojek,” het hy gesê.

“Ons program is op skedule en ons dink die koste sal op R385 miljard bly of minder wees.”

Godsell sê die debat oor Eskomtariewe is nie “‘n Eskom debat” nie.

“Dit is ‘n Suid-Afrika Geïnkorporeer debat wat 48 miljoen Suid-Afrikaners insluit. As ons meer ekonomiese groei wil hê, het ons meer elektrisiteit nodig.”

Godsell wou nie op die jongste tariewe van Eskom kommentaar lewer wat volgende week aangekondig gaan word nie.

 

инструмент для шиномонтажалобановский обыск

Maak 'n opvolg-bydrae