Barack Obama, president van die VSA, is vereer met vanjaar se Nobel-vredesprys vir sy “uitnemende pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te bevorder”.
Die Noorweegse Nobelkomitee het dié nuus Vrydag in Oslo aangekondig.
“Dit is baie selde dat ‘n persoon die wêreld aangryp soos Obama dit gedoen het. Hy het die mense hoop gegee vir ‘n beter toekoms,” het die komitee gesê.
“Sy diplomasie is gesetel in die konsep dat diegene wat die wêreld lei dit moet doen op die basis van die waardes en menings wat deur die meerderheid van die bevolking gedeel word.”
