Die aanrandingsklag teen die Springbokheld Percy Montgomery is Vrydagoggend teruggetrek, het ‘n prokureur bevestig.
Montgomery is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer en het Maandag in die Verulamlanddroshof verskyn. Hy is op borgtog van R1500 vrygelaat.
Hy het glo sy vrou, Tasmin, se boud gedruk en haar met die vuis geslaan.
Dié voorval het by Tasmin se ouers se woonstel in Umhlanga Rocks plaasgevind.
Die prokureur wat betrokke is by onderhandelings van dié familie, het gesê die saak sal as ‘n familie-aangeleentheid uitgestryk word ná ‘n vergadering met Tasmin en haar ouers.
