Serena Williams trek haar klere uit

Die swart Amerikaanse tennisster, Serena Williams, wat naak op die voorblad van die tydskrif ESPN se “Body Issue” verskyn sê sy is gaande oor die “smaakvolle en nie-goedkoop” foto van haarself.

Die tydskrif met Williams (28) op die voorblad sal winkelrakke Vrydag tref. Sy sal ook haar status as die wêreld se nommer een op die ranglys terugkry wanneer die Vroue-tennisvereniging (WTA) ‘n nuwe lys Maandag bekendmaak.

Williams sê sy is baie gevlei om een van die atlete, wat op ses verskillende voorblaaie verskyn, te wees.

“ESPN het my gesê dat ek ‘n goeie lyf het en dat hulle my graag op die voorblad van die “Body Issue” sal wil plaas. Ek was baie geëerd,” het sy Donderdag aan verslaggewers gesê.

Volgens Williams wou sy hê die foto’s moet fatsoenlik wees en haar nie goedkoop laat lyk nie.

Op die foto dra Williams niks behalwe rooi lipstiffie nie. Haar arms bedek haar borste en haar linkerbeen is strategies geplaas.

Sy sê die foto is baie smaakvol en sy is mal daaroor.

Die ander sterre wat op die voorblad verskyn is die NBA-speler Dwight Howard, Adrian Peterson van die Minnesota Vikings, die gevegkunstenaar Gina Carano, NASCAR bestuurder Carl Edwards en driekampkampioen Sarah Reinertsen.

 

расширительный бак длялобановский александр дети

Maak 'n opvolg-bydrae