Hogan skerm vir Eskombaas

Barbara Hogan, minister van openbare ondernemings, sê die omstrede hoof van Eskom, Jacob Maroga, is nie alleen verantwoordelik vir dié kragreus se probleme nie.

Hogan het Woensdag op vrae van die nasionale vergadering reageer en gesê dit is onregverdig om Maroga te blameer.

Fin24 het vroeër berig dat pres. Jacob Zuma ingegryp het om te keer dat die Eskomraad Maroga in die pad steek.

Die raad is nou in ‘n stryd met die regering gewikkel.

“Intussen swyg Eskom oor die feit dat hy nou nie meer ‘n baas het nie. ‘n Amptelike woordvoerder word vir die afgelope paar dae lastig geval vir inligting, maar kon nog nie antwoorde verskaf nie,” het Fin24 berig.

Hogan se woordvoerder en die presidensie weier ook om kommentaar te lewer.

Volgens Fin24 is die raad ontevrede met Maroga oor die manier waarop hy ‘n verslag van Susan Olsen hanteer het.

In Julie 2007, ses maande voor die kragkrisis, het Olsen, ‘n Amerikaanse kragkonsultant, Maroga in ‘n verslag gewaarsku dat Eskom se steenkoolafdeling mits ernstige stappe gedoen word, “‘n ineenstorting in die gesig staar”.

Cobus Schmidt, ‘n woordvoerder van die DA, het gesê dit was nie Zuma se plek om aan die Eskomraad voor te skryf dat hulle Maroga nie kan afdank nie.

Hy sê Maroga moet vir verskeie redes in die pad gesteek word.

Dié redes sluit in sy besluit om Olsen af te dank en die verlies van R2 miljard per dag toe Suid-Afrika hard geslaan is deur beurtkrag.

 

играшкиАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae