Vakatures in sleutelposte het kragkrisis veroorsaak

’n Vertroulike Eskomverslag dui aan dat tot 50% van sleutelposte in die organisasie nie gevul was toe die land onder beurtkrag gebuk gegaan het nie, het die DA Maandag gesê.

Cobus Schmidt, die DA se woordvoerder oor energie, het gesê sy party is in besit van ’n verslag van Eskom se tegniese ouditgroep wat laat in 2007 saamgestel is en intern in Eskom gesirkuleer is net voor die land met kragkrisisse getref is.

Schmidt het gesê die verslag dui aan hoe Eskom se bestuur versuim het om kritieke vakatures in senior bestuur en van steenkoolaanskaffing te vul.

Die verslag sluit aan by ’n ander een wat die DA in September bekom het waarin ’n internasionale kenner, me. Susan Olsen, wat deur Eskom aangestel is, gewaarsku het dat Eskom se energie-opwekking in duie kan stort as daar nie ingegryp word nie.

“Olsen se memo, net soos die een wat ons nou bekend maak, demonstreer dat Eskom gewaarsku is dat hy steenkooltekorte in die gesig staar en dat maatreëls voorgestel is om die krisis te voorkom, maar dat die organisasie hom nie daar aan gesteur het nie,” het Schmidt gesê.

Die Olsen-memo verwys daarna dat Eskom se gebrek aan ervaring en onvermoë om die steenkoolmark te verstaan, ’n kritieke rol in die kragtekorte gespeel het.

“Nou het ons ’n verslag van Eskom se eie ouditafdeling wat die siening ondersteun,” het Schmidt gesê.

 

nights gameлобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae