Trevor Noah vaar teen Donald Trump uit

Die kleurlingkomediant Trevor Noah, wat aanvanklik in Suid-Afrika opgang gemaak het maar tans in die VSA woon waar hy die Daily Show-program vanuit New York aanbied, het so pas teen Donald Trump uitgevaar. Hy noem die Republikeinse presidentskandidaat ‘n “baie gevaarlike nar wat hulle party gekaap het”.

Noah, ‘n groot ondersteunder van radikale swart groepe soos Black Lives Matter en die New Black Panthers, het voorheen gesê dat hy “bang is dat Trump immigrante soos hy die land uitsit”. Oor die afgelope weke het ondersteuners van Black Lives Matter gewapende aanvalle teen polisiebeamptes geloods, waaronder in Dallas, Texas en Baton Rouge, Louisiana.

Hier is ‘n video wat op die Times Live-kanaal gelaai is waarin Noah vir Trump as “erger as ‘n malmens” beskryf.

Die Daily Show is bekend daarvoor dat dit van oneerlike maniere gebruik maak om veral behoudende mense te belaster, belaglik te maak of hulle letterlik woorde in die mond te lê. Filmmateriaal word gemanipuleer of oorgeklank en agterna as “TV-nuus” aangebied. In antwoord op kritiek teen hul oneerlikheid, sê die vervaardigers van die Daily Show dat hulle “snaaks wil wees” en dat hulle nie “‘n nuusprogram is nie”. Nietemin neem baie kykers hul “berigte” ernstig op en is onbewus daarvan dat dit gemanipuleer en vervals word.

Griekse hof sal beslis oor Turkse offisiere

’n Griekse hof sal Donderdag uitspraak lewer oor die lot van agt Turkse militêre offisiere wat met ’n helikopter land uit gevlug het ná die mislukte staatsgreep in Turkye.

Die agt staan tereg op klagte dat hulle die land onwettig binnegekom het en die Griekse lugruim geskend het, het AFP berig.

Die agt weermaglede het om asiel in Griekeland aansoek gedoen en hou vol dat hulle nie deel van die komplot was om die Turkse regering omver te werp nie. Hulle sê die polisie het op hulle geskiet en hulle het gevlug om hul lewens te red.

Nagenoeg 7 500 mense onder wie baie militêre personeel word in Turkye aangehou. Byna 9 000 offisiere is die naweek sedert die mislukte komplot ontslaan.

Die Turkse mans wat tereg staan in Griekeland, het Saterdag met ’n militêre helikopter in die noordelike stad, Alexandroupolis, 300 kilometer van Istanboel, aangekom nadat hulle ’n noodsein uitgestuur het.

Die agt mans het Maandag in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Turkye se kommerwekkende suiwering van amptenare in die lig van Vrydag se mislukte staatsgreep het nou ook na die onderwysterrein uitgebrei.

Die ministerie van onderwys het meer as 15.000 werknemers geskors, en volgens die staatsnuusagentskap het die Hoër Onderwysraad opdrag gegee dat meer as 1500 Dekane by privaat en staatsuniversiteite afgedank word.

Die VN se hoof van menseregte, Zeid Ra’ad Al Hussein, sê hy is baie bekommerd oor Turkye se massaskorsing van regters en aanklaers na die staatsgreeppoging.

Hy het ook die moontlike herinstelling van die doodstraf as ‘n stap agteruit bestempel.

Intussen het die VSA nog nie ‘n formele aansoek ontvang vir die uitlewering van die uitgeweke Moslemkerkleier, Fethullah Gulen nie.

Die Turkse president Tayyip Erdogan hou vol dat Gulem die baasbrein agter die naweek se mislukte staatsgreep is. Meer as 200 mense is in die geweld dood.

Neusie verby vir anti-Trump-faksie in Cleveland

Die Republikeinse party sal vandeesweek sy eienaardige ver­houding met Donald Trump beter kan omskryf wanneer die party se nasionale ­konvensie in Cleveland plaasvind.

Daar is steeds die #NeverTrump-­faksie binne die GOP wat hoop om die verloop van die geskiedenis te ­verander, maar hul kanse om dit te vermag is nou naby aan nul.

Daar was ‘n oomblik in die arena gistermiddag toe die voorsittende beampte ‘n poging deur anti-Trump afgevaardigdes geïgnoreer het om die aannemingsproses te ontspoor. Die beweging het klaaglik misluk.

Heelwat Joodse partylede gaan vol twyfel oor die wenslikheid van Trump as ­presidentskandidaat na die konvensie en het planne beraam om van hom ontslae te raak.

Die aangewese genomineerde is ­egter onvoorspelbaar en geneig om vir aangename verrassings te sorg.

Omdat Trump oor sy eie fondse beskik, raak hy ‘n kopseer vir diegene wat hom probeer omkoop om ‘n sekere agenda na te volg.

Betaalde betogers sal ook in volle mag na die konvensie opruk om dit te probeer ontwrig en dalk soos voorheen ook deelnemers te intimideer en aan te rand.

Melania Trump het onder skoot gekom omdat sy glo Michelle Obama se vroeëre toespraak geplagiariseer het.

Die gewilde Nederlandse politikus Geert Wilders is ook by die Trump-byeenkoms in Cleveland opgemerk.

China oor vingers geraps vir gebiedsoorskreiding

China se uitbreidingsplanne in Suid-Chinese See is deur die Verenigde Nasies (VN) veroordeel. Die VN vra dat China nou aan sekere dele van die gebied onttrek.

Die VN se permanente arbitrasiehof het in Den Haag, Nederland, het beslis dat China alle eilande, ook mensgemaak (foto hierbo), wat tans beset word weer aan die Filippyne teruggee word nadat laasgenoemde drie jaar gelede die VN genader het oor Chinese gebiedsoorskryding.

Die uitspraak sal dalk nie China se uitbreiding in groot dele van die Suid-Chinese See kortwiek nie, aangesien die arbitrasiehof nie die bevinding kan afdwing nie.

Die Filippynse regering het sonder entoesiasme op die uitspraak gereageer en optimistiese inwoners gemaan om “nugter en ingetoë” op te tree.

Bylaanvaller op Duitse trein skree ‘Allahu Akbar’

Die Duitse polisie het ‘n 17-jarige Afghaanse Moslem Maandag doodgeskiet nadat hy treinpassasiers met ‘n byl doodgekap het.

Hy het vier mense ernstig gewond in wat Duitse amptenare ‘n “waarskynlike” Islamitiese aanval noem.

Verskeie ander mense is ook beseer in die aanval op ‘n plaaslike trein naby die suidelike stad van Wuerzburg, het die polisie gesê, en bygevoeg dat die tiener dood is terwyl hy probeer vlug het.

Joachim Herrmann, die minister van binnelandse sake van Beiere, het gesê die aanvaller het as ‘n onbegeleide minderjarige in Duitsland aangekom en het aanvanklik in ‘n migranteskuiling gewoon en meer onlangs saam met ‘n pleeggesin in die nabygeleë Ochsenfurt.

“Dit is baie waarskynlik dat dit ‘n Islamitiese aanval was,” het ‘n woordvoerder gesê en bygevoeg dat die aanvaller “Allahu Akbar” geskree het.

Maar hy het beklemtoon dat die ondersoek aan die gang is en dat die tiener klaarblyklik “alleen opgetree het”. Dit is egter onwaarskynlik aangesien tereuraanvalle in Europa merkbaar toeneem.

Passasiers het die aanval beskryf as “soos by die slagpale”. Die jihadis het omstreeks 21:15 op die trein, wat tussen Treuchlingen en Wuerzburg in Beiere loop, toegeslaan.

Vier mense is ernstig beseer en een ander lig beseer. Veertien mense is vir skok behandel.

‘n Ooggetuie wat langs die stasie woon het aan die DPA-nuusagentskap vertel dat die treinwa met sowat 25 mense, “soos ‘n slagpale” ná die aanval gelyk het, met bloed oral op die vloer.

Die man, wat geweier het om sy naam te gee, het gesê hy het mense sien kruip uit die treinwa om ‘n noodhulpkissie te vra.

Hermann het later gesê dat die tiener geskiet is toe hy die polisie aangeval het terwyl hy probeer het om van die toneel te ontsnap.

Duitsland het tot dusver nie die soort grootskaalse jihadistiese aanvalle beleef soos in die suidelike Franse stad Nice verlede week nie, waarin die 31-jarige Mohamed Lahouaiej Bouhlel met ‘n vragmotor in mense geploeg het wat na Bastilledag se vuurwerkvertoning kom kyk het.

In Mei in Duitsland, het ‘n 27-jarige man, vermoedelik ook ‘n jihadis, ‘n mesaanval op ‘n plaaslike trein in die suide geloods, een persoon vermoor en drie ander beseer.

Hy het ook “Allahu Akbar” geskree. Hy word glo tans in ‘n psigiatriese hospitaal behandel.

Die reeks moorddadige voorvalle waarin sogenaamde “geestesversteurde” Moslems betrokke is, het so drasties toegeneem dat ‘n ander verklaring binnekort gevind sal moet word daarvoor.

Beiere word deur die Christen-Sosiale Unie (CSU) bestuur, die susterparty wat in ‘n koalisie met kanselier Angela Merkel se konserwatiewe Christen-Demokrate regeer.

Die CSU is besonder krities oor die verwelkomende houding van Merkel teenoor asielsoekers en dreig om die koalisie te verlaat wat reeds tot groot probleme vir Merkel se gewildheid gelei het.

Die party het ook steun verleen aan ‘n populêre regse party, Alternatiewe vir Duitsland, AfD, wat is gestig in 2013 teen Islam en Duitsland se vlugtelinginvloei.

Die AfD trek tans sowat 10 persent by die stembusse en is verteenwoordig in die helfte van Duitsland se 16 state asook in die Europese Parlement.

Merkel se gewildheid sal ongetwyfeld na die aanval in Beiere verder daal en die politieke spanning binne die regerende koalisie laat herleef.

Turkye se ‘staatsgreep’ lyk na Islamitiese suiweringsveldtog

Nagenoeg drieduisend vermeende militêre samesweerders is in Turkye in hegtenis geneem, ná ‘n mislukte staatsgreep Vrydagnag.

Duisende regters, staatsaanklaers, militêre leiers en soldate is gevange geneem en lasbriewe vir die ander se inhegtenisname is uitgereik.

Verskeie regsgeleerdes, onder wie tien regters en twee lede van die die grondwethof word ook aangehou in wat deur ontleders bestempel word as ‘n Islamitiese oorname van ‘n sekulêre staat wat deur die president self gelei word.

Rusland het Turkye vroeër daarvan beskuldig dat hulle ISIS steun deur die internasionale terreurgroep se gesteelde olie te herverkoop.

Die Turkse president, Tayyip Erdogan het intussen gewaarsku dat daar streng opgetree sal word teen diegene wat die staatsgreeppoging aangehits het.

Vrese dat Erdogan met mening gaan toeslaan op sy sekulêre teenstanders, het intussen opgevlam.

Minstens 265 mense is dood toe rebellesoldate Vrydagaand tenks, helikopters en vegvliegtuie ingespan het in ‘n powere poging om Erdogan se regering omver te werp.

Min van die vereistes vir ‘n suksesvolle staatgreep is egter nagekom en die vermeende poetsjiste het glo selfs gesorg dat die president nie tuis is nie. Hulle het ook geen ander leier in sy plek voorgestel nie.

Volgens die jongste syfers is 265 mense dood, wat 104 samesweerders insluit.

Die Amerikaanse president, Barack Obama het intussen sy land se steun aan die Turkse regering herbevestig.

Die president van die Turks-Suid-Afrikaanse Vriendskapsinisiatief, Abubekir Salim, het die mislukte staatsgreep veroordeel.

Salim sê hulle sal voortgaan om enige “demokratiese metodes” te ondersteun om die situasie te stabiliseer. Hy het Turkse burgers by die ambassade in Pretoria toegespreek.

Salim het ook gesê hulle sal “enige verkose regering” in Turkye steun.

Chaos het ten minste agt uur lank in Istanboel en Ankara geheers terwyl rebelle brûe, die parlementegebou en ander sleutelgeboue probeer beset het.

Van die soldate wat gevang is, het gesê hulle was onder die indruk dat hulle aan ‘n militêre oefening deelneem.

Die Turkse president het beroep op Amerika gedoen om Fethullah Gulen, sy eertydse bondgenoot, uit te lewer omrede Gulen glo die staatsgreep “georkestreer” het.

Gulen het die aantygings met minagting verwerp.

Erdogan het by sy vakansiebestemming geskuil toe hy op sosiale media ‘n beroep op die publiek gedoen om hom te steun. Duisende Turke het hierop die strate ingevaar om die rebellesoldate te konfronteer.

Die rol wat moskees regoor die land gespeel het in die mobilisering van Erdogan se ondersteuners soos die staatsgreep ontvou het, was deurslaggewend, maar ook ‘n teken van die ondergang van sekulêre Turkye.

Honderde Erdogan-ondersteuners het Saterdagaand op pleine, die lughawe in Istanboel en buite sy paleis bymekaargekom om hul steun te wys.

Turkye, ‘n lid van NAVO met graag deel van die Europese Unie (EU) wil word, is die deurgang vir die miljoene migrante wat jaarliks na die EU stroom.

Tans pers die president die EU af vir hulpgeld om die migrantestroom onder beheer te hou, maar met die jongste gebeure wat lyk na ‘n gereëlde toneelopvoering om van sekulêres ontslae te raak, kan die immigranteprobleem in Europa verder vererger.

Onstabiliteit in Turkye, wat as buffer tussen Europa en Sirië dien, kan met die voortslepende vlugtelingkrisis enorme gevolge vir Europa inhou.

Die Turkse Grondwet is intussen verander om net verwysings na Allah alleen te bevat.

Gulen het die staatsgreep veroordeel en bygevoeg dat dit aan Erdogan ‘n verskoning bied om met mening op enigeen toe te slaan wat van hom verskil in wat hy as ‘n suiweringsveldtog bestempel eerder as ‘n staatsgreep.

John Kerry, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê Washington sal met die Turkse owerheid saamwerk, maar dat Gulen nie uitgelewer sal word sonder bewyse dat hy betrokke was nie.

Kerry het ook verbaas gereageer op hoe onbeholpe die vermeende staatsgreep uitgevoer is.

Honderde soldate word in Ankara aangehou, onder wie die bevelvoerder wat spesifiek in beheer is van die beveiliging van Turkye se grens met Sirië, Irak en Iran.

Erdogan se Islamitiese ideologie is in stryd met die weermag, wat al meermale staatsgrepe gebruik het om moderne Turkye se sekulêre grondslag te beskerm.

Die Franse regering het gewaarsku dat die mislukte staatsgreep nie president Recep Tayyip Erdogan rede gee om van die opposisie ontslae te raak nie.

Die minister van buitelandse sake Jean-Marc Ayrault het aan die Franse media gesê daar moet binne die raamwerk van die wet opgetree word.

Vanoggend het die Turkse nuusagentskap gesê bykomende polisiebeamptes is na Istanbul ontplooi in die lig van Vrydag se mislukte staatsgreep.

Hulle patrolleer die strate en het opdrag gekry om enige helikopter af te skiet wat oor die stad vlieg.

Die Turkse president oorweeg tans om die doodstraf weer in te stel.

Swart aanvaller lei Baton Rouge polisielede in lokval

Die polisie in Baton Rouge in Louisiana het ‘n swarte doodgeskiet wat glo ‘n gewapende lokval vir ses polisiebeamptes gestel het.

Drie van die beamptes is in die aanval dood. Nog vier is gewond. Die polisie het die aanvaller doodgeskiet. Hy is ‘n Afro-Amerikaner wat vyf jaar in die weermag was en medaljes ontvang het vir goeie diens in Irak.

Die aanvaller het ‘n anti-wit Youtube-rekening in die naam van Gavin Eugene Long (foto hierbo) bedryf.

Die burgemeester van Baton Rouge, Kip Holden het gevra vir gebede vir die polisiebeamptes en hul gesinne.

Verlede week het ‘n swartman vyf wit polisiebeamptes in Dallas in Texas in ‘n rasse-aanval vermoor.

Die jongste skietery – wat plaasgevind het net voor 09:00, minder as twee kilometer van die polisie se hoofkwartier – kom te midde van stygende spanning regoor die VSA tussen die swart gemeenskap en die polisie.

Die rasse van die verdagte en die beamptes is daarom nie onmiddellik bekendgemaak nie.

Maar Lang se sosiale mediaprofiel toon dat hy ‘n voormalige lid van Nation of Islam was.

Hy ook uitgevaar teen “crackers” – ‘n Afro-Amerikaanse skelwoord vir wittes – en het verwysings na Alton Sterling, die swarte wat deur die polisie in Baton Rouge op 5 Julie doodgeskiet is, geplaas.

Ander inligting oor Lang toon dat die Kansas City inwoner volgens ‘n CBS-berig eervol ontslaan is uit die Marines in 2010, en ook onder die naam Cosmo Ausar Setepenra bekend was.

Dit is nou die vierde hoëprofiel-dodelike aanval in die Verenigde State van Amerika teen hoofsaaklik wit polisielede die afgelope twee weke.

Die geweld waarin 12 mense dood is, insluitende agt polisiebeamptes, het gelei tot ‘n nasionale gesprek oor ras en polisiëring met Demokratiese leiersfigure wat swart geweld probeer regverdig en “dialoog” met terroriste aanmoedig.

President Barack Obama het ‘n beroep gedoen om kalmte gedoen nadat die polisiebeamptes Sondag doodgeskiet is.

Obama het ook ‘n beroep op Amerikaners gedoen om te verenig.

Sen. Bill Cassidy het egter aan CNN gesê: “Daar is ‘n oorlog verklaar teen die polisie.”

Die polisiebeamptes is vermoedelik doelbewus deur middel van ‘n oproep na 911 na Baton Rouge gelok waar hulle in ‘n hinderlaag gelei is.

Die aanval is by ‘n vulstasie op die Airline-snelweg geloods waar die skieter die polisiebeamptes ingewag het by ‘n fiksheidsentrum langsaan.

Die polisie het gesê hulle het met behulp van ‘n gespesialiseerde robot gekyk vir plofstof naby die liggaam.

Op YouTube onder die skuilnaam Cosmo Setepenra, het die skieter die volgende kwytgeraak:

“Let’s just go with the numbers, let’s go with the history, 100 percent of revolutions of victims fighting their oppressors, from victims fighting their bullies, 100 percent have been successful through fighting back, through bloodshed,” Long said in one video. “Zero have been successful just over simply protesting. It has never worked and it never will, you gotta fight back. That’s the only way a bully knows to quit, he doesn’t know words.”

Long continued, “If y’all want to keep protesting, do that, but for the serious ones the real ones, the alpha ones, we know what it’s going to take, it’s only fighting back or money that’s all they care about. Revenue and blood … nothing else. You’re in a world that’s run by devils.”

Sewe in aanhouding na Nice-aanval

Franse owerhede het nóg twee mense in hegtenis geneem in die ondersoek na die Bastille Dag vragmotoraanval in Nice waarin minstens 84 mense dood is.

Die jongste inhegtenisnemings bring die totale aantal verdagtes op sewe te staan.

‘n Amptenaar verantwoordelik vir nasionale terreurondersoeke by die aanklaer se kantoor in Parys, wat anoniem wou bly, het gesê ‘n man en ‘n vrou is vanoggend in hegtenis geneem in Nice.

Hy het bygevoeg dat vyf mense wat vroeër aangekeer is in aanhouding bly.

Owerhede probeer vasstel watter hulp die vragmotorbestuurder en inwoner van Nice, Mohamed Lahouaiej Bouhlel, gehad het.

Die internasionale terreurgroep ISIS het verantwoordelikheid aanvaar vir die 31-jarige Tunisiër se massamoord op burgerlikes Donderdagaand.

ISIS het aan die Aamaq-nuusdiens bevestig dat die vragmotorbestuurder ‘n “soldaat van ISIS” is.

Berigte dat die vragmotor wat Bouhlel bestuur het, toegerus was met koeëlvaste ruite, is intussen deur anonieme bronne na aan die ondersoek ontken.

Foto’s wat ná die tyd van die vragmotor se kajuit geneem is, toon duidelik dat verskeie skote deur die glas gedring het.

Die voorruit is nie daardeur nie versplinter nie, wat daarop dui dat dit nie ‘n koeëlvaste ruit was nie.

Die Tunisiër het die vragmotor by Location gehuur, nadat hy vir die grootste voertuig gevra het wat die bekende Franse verhuringsmaatskappy beskikbaar het.

Die maatskappy het die verhuring bevestig maar gesê amptenare van binnelandse sake het hulle nou belet om verder met die media te skakel.

‘n Werknemer het vertel dat die terroris die verhuringmaatskappy twee keer besoek het en alhoewel hulle nie kameras op die perseel het nie, kon hulle die dader presies beskryf.

Die Franse minister van binnelandse sake, Bernard Cazeneuve, het intussen gesê dit is in ‘n nuwe tipe bedreiging sonder die gebruik van outomatiese wapens.

Maar die familie van die Tunisiër wat 84 mense in Nice in Frankryk doodgery het, het onthul dat hy jare lank sielkundige behandeling ontvang het.

Selfs voordat hy Tunisië in 2005 verlaat en in Frankryk gaan woon het, is hy behandel. Dit mag dalk dui op psigiese voorbereiding vir die gru-daad wat hy verlede week uitgevoer het.

Mohamed Bouhlel se suster, Rheb, sê haar broer het sielkundige probleme gehad, en die familie het dokumente aan die Franse polisie gewys wat daarop dui dat hy psigiaters besoek het.

Intussen het besoekers aan die jaarlikse Bastillefees op Franschhoek in die Boland hulde gebring aan die slagoffers van die massaslagting deur ‘n internasionale terreurgroep by ‘n soortgelyke fees die afgelope week in Nice in Frankryk.

Veiligheidsmaatreëls by die plaaslike fees op Franschhoek is verskerp. Van die besoekers het gesê hoewel hulle die fees baie geniet, dink hulle aan wat in Frankryk gebeur het.

RSG het die massaslagting ‘n “vragmotorramp” genoem.

Die Franse anti-terreureenheid het ‘n SMS-boodskap op ‘n selfoon gekry wat aan die terroris behoort het wat lees: “Ek het die toerusting”.

Die nuutste onthulling van Franse ondersoekers dui heel waarskynlik op ‘n geheime ISIS-terreurnetwerk wat die aanvalle waarin 84 mense omgekom het, goed beplan het.

Wapens en handgranate was in die ruim van sy gehuurde vragmotor.

Hy het die Promenade des Anglais in Nice op Dinsdag 12 Julie en Woensdag, 13 Julie gaan verken en kan gesien word op geslotekring-TV waar hy die gebied met fyn belangstelling dophou, het Europ1 berig.

Een van die polisie-agente het aan L’Obs beskryf hoe hulle die terroris doodgeskiet het.

Hulle is per radio ontbied en toe hulle die vragmotor gewaar was dit nie vir die polisiebeamptes dadelik duidelik dat hulle met ‘n terreurdaad te make het nie.

“Ek het nie dadelik verstaan wat ek sien nie,” het hy gesê. Hy was ongeveer 15m van die vragmotor.

Een voetganger het op die vragmotor gespring en die bestuurder het ‘n handwapen uitgeruk.

Die bestuurder het op die beamptes begin skiet en hy is daarna doodgeskiet.

‘n Aantal beamptes het losgetrek op die wit vragmotor, maar is beveel om vuur te staak, nadat die bestuurder in die kop geskiet is en agteroor geval teen die passasiersvenster.

Idris Elba se jongste rolprent, Bastille Day, is aan teaters in Frankryk onttrek na Donderdag se dodelike vragmotoraanval in Nice.

Elba se rolprent, wat handel oor ‘n sameswering om ‘n bom in Parys te laat ontplof is Woensdag in Frankryk bekendgestel.

ISIS juig toe Nice-aanvaller bekend word

ISIS het intussen die terreuraanval in Nice, Frankryk, op Donderdag met blydskap gevier terwyl die Moslemverdagte se naam vrygestel is.

Die internasionale terreurgroep sê dit was weerwraak vir die dood van ‘n sogenaamde “minister van oorlog” wat vroeër vanjaar deur koalisiemagte vermoor is in gevegte in Irak.

‘n Moslem in ‘n wit vragmotor het deur ‘n groot skare witmense tydens die viering van Bastilledag, ‘n Franse vakansie ter herdenking van die bestorming van die beroemde Parysvesting in 1789, geploeg.

Bastilledag is ‘n belangrike mylpaal in die Franse Revolusie. Die bestuurder van die vragmotor is na bewering deur die Franse owerhede doodgeskiet. Hulle het sy identiteitskaart in die vragmotor gevind.

“O Frankryk, jy en die hele Europa sal nooit veilig wees totdat ons elke duim van die land as die Kalifaat laat herleef nie,” skryf een ISIS-ondersteuner wie se Twitterrekening sedertdien opgeskort is.

Die naam van die aanvaller is kort gelede deur in Franse media vrygestel as Mohamed Lahouaiej Bouhlel, ‘n 31-jarige gewoontemisdadiger wat in Tunisië gebore is.

Sy naam is deur die plaaslike nuuswebwerf Nice-Matin vrygestel.

‘n Getuie Eric Ciotti het aan Europe 1 se radiostasie vertel van die verskriklike oomblikke toe mense gevlug het na veiligheid.

‘n Paar het in die see in gehardloop in ‘n desperate poging om te ontkom aan die jongste massamoord in Frankryk.

Hy het bygevoeg: “‘n Persoon het op die vragmotor gespring om te probeer om dit te stop.

“Dit is op daardie oomblik dat die polisie in staat was om hierdie terroris te neutraliseer. Ek sal die gesig van daardie polisievrou wat die moordenaar gekeer het, nooit vergeet nie.”

Hier is die lys van ISIS-aanvalle vir 2016.

nicedood

Vyftig kinders, waarvan talle om hul lewens veg in Nice-kinderhospitaal

‘n Frans-Tunisië krimineel wat goed bekend was aan die polisie vir gewapende aanvalle het met ‘n gehuurde vragmotor in ten minste 84 mense ingeploeg in ‘n terroriste-aanval tydens Bastilledag vieringe in Nice.

Die man was nie op die Franse intelligensiedienste se lys van terreurverdagtes nie, maar was bekend aan die polisie in verband met misdade soos diefstal en geweld.

Baie kinders is onder die dooies in die Rivierastad na ‘n lafhartige en barbaarse gruweldaad deur ‘n 30-jarige Moslemaanvaller.

Franse gesinne oral in Frankryk neem graag hul kinders om na die gebruiklike vuurwerkvertoning op Bastilledag te kyk. L’Express het in ‘n roerende reaksie vanoggend na die grudaad gevra: “Hoe praat ons ons kinders moed in?”

niceenfents

Nice se kinderhospitaal het bevestig dat ten minste 50 kinders en tieners opgeneem is. Twee kinders is voor en na noodoperasies oorlede aan ernstige beserings.

nicehopital

Honderde ander mense is in die hospitale opgeneem in die gebied, insluitend 18 volwassenes wat veg vir hulle lewens in die waakeenheid.

Anti-terreur aanklaers het ‘n ondersoekdossier na “massamoord” geopen en ondersoekbeamptes deursoek die huis van die bestuurder in die Abattoirs-gebied van Nice.

Die geharde krimineel het, nadat hy tussen die skare ingejaag het, ook op mense losgebrand voordat hy deur die polisie doodgeskiet is.

Nadat hy gestop is deur gewapende polisie, wat koeëls afgevuur in voorruit die vragmotor, het die tot dusver onbekende man steeds op beamptes met ‘n 7.65-pistool gevuur voordat hy doodgeskiet is.

Ammunisie en handgranate is in die vragmotor gevind. Owerhede het dit as ‘n afgryslike daad en onbeskryflik wreed bestempel.

camion

Oorlewendes het oor die liggame van die dooies in die straat van die toneel gevlug. Die meeste verkeer steeds in skok na die aanval wat op die grootste vakansiedag in Frankryk plaasgevind het.

‘n Aantal konserte wat vandag in Nice in Frankryk sou plaasvind, is gekanselleer na se gru-aanval op onskuldige mense. Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.

Die Amerikaanse sangeres Rihanna en ‘n internasionale jazz-fees het hulle konserte in die stad gekanselleer.

Intussen het die President van Frankryk, Francois Hollande, die aanval in Nice as ‘n terreurdaad bestempel.

Die hoof van die Franse weermag het vroeër gesê die land het inligting oor ‘n beplande terreur-aanval op sy span by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.

Christoph Gomart het aan ‘n parlementêre kommissie gesê ‘n agentskap het hulle oor die sameswering deur ‘n militante groep van Brasilië ingelig.

Gomart het die opmerkings gemaak by ‘n kommissieverhoor oor verlede jaar se aanvalle in Parys.

Die transkripsie van die verhoor is pas bekendgemaak. Brasilië se veiligheidskabinet het egter gesê hy het geen inligting oor die bedreiging van die Franse owerheid ontvang nie.

Hollande het aangekondig dat die noodtoestand wat ná die terreuraanval in Parys in November afgekondig is, vir nog drie maande verleng sal word. Die noodtoestand sou aan die einde van Julie geëindig het.

Intussen is die Tour de France se sekuriteitsmaatreëls opgeskerp vir Vrydag se 13de skof na aanleiding van die aanval in Nice.