praag.co.za

Vyftig kinders, waarvan talle om hul lewens veg in Nice-kinderhospitaal

Written by

in

,

‘n Frans-Tunisië krimineel wat goed bekend was aan die polisie vir gewapende aanvalle het met ‘n gehuurde vragmotor in ten minste 84 mense ingeploeg in ‘n terroriste-aanval tydens Bastilledag vieringe in Nice.

Die man was nie op die Franse intelligensiedienste se lys van terreurverdagtes nie, maar was bekend aan die polisie in verband met misdade soos diefstal en geweld.

Baie kinders is onder die dooies in die Rivierastad na ‘n lafhartige en barbaarse gruweldaad deur ‘n 30-jarige Moslemaanvaller.

Franse gesinne oral in Frankryk neem graag hul kinders om na die gebruiklike vuurwerkvertoning op Bastilledag te kyk. L’Express het in ‘n roerende reaksie vanoggend na die grudaad gevra: “Hoe praat ons ons kinders moed in?”

niceenfents

Nice se kinderhospitaal het bevestig dat ten minste 50 kinders en tieners opgeneem is. Twee kinders is voor en na noodoperasies oorlede aan ernstige beserings.

nicehopital

Honderde ander mense is in die hospitale opgeneem in die gebied, insluitend 18 volwassenes wat veg vir hulle lewens in die waakeenheid.

Anti-terreur aanklaers het ‘n ondersoekdossier na “massamoord” geopen en ondersoekbeamptes deursoek die huis van die bestuurder in die Abattoirs-gebied van Nice.

Die geharde krimineel het, nadat hy tussen die skare ingejaag het, ook op mense losgebrand voordat hy deur die polisie doodgeskiet is.

Nadat hy gestop is deur gewapende polisie, wat koeëls afgevuur in voorruit die vragmotor, het die tot dusver onbekende man steeds op beamptes met ‘n 7.65-pistool gevuur voordat hy doodgeskiet is.

Ammunisie en handgranate is in die vragmotor gevind. Owerhede het dit as ‘n afgryslike daad en onbeskryflik wreed bestempel.

camion

Oorlewendes het oor die liggame van die dooies in die straat van die toneel gevlug. Die meeste verkeer steeds in skok na die aanval wat op die grootste vakansiedag in Frankryk plaasgevind het.

‘n Aantal konserte wat vandag in Nice in Frankryk sou plaasvind, is gekanselleer na se gru-aanval op onskuldige mense. Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.

Die Amerikaanse sangeres Rihanna en ‘n internasionale jazz-fees het hulle konserte in die stad gekanselleer.

Intussen het die President van Frankryk, Francois Hollande, die aanval in Nice as ‘n terreurdaad bestempel.

Die hoof van die Franse weermag het vroeër gesê die land het inligting oor ‘n beplande terreur-aanval op sy span by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.

Christoph Gomart het aan ‘n parlementêre kommissie gesê ‘n agentskap het hulle oor die sameswering deur ‘n militante groep van Brasilië ingelig.

Gomart het die opmerkings gemaak by ‘n kommissieverhoor oor verlede jaar se aanvalle in Parys.

Die transkripsie van die verhoor is pas bekendgemaak. Brasilië se veiligheidskabinet het egter gesê hy het geen inligting oor die bedreiging van die Franse owerheid ontvang nie.

Hollande het aangekondig dat die noodtoestand wat ná die terreuraanval in Parys in November afgekondig is, vir nog drie maande verleng sal word. Die noodtoestand sou aan die einde van Julie geëindig het.

Intussen is die Tour de France se sekuriteitsmaatreëls opgeskerp vir Vrydag se 13de skof na aanleiding van die aanval in Nice.

Comments

4 responses to “Vyftig kinders, waarvan talle om hul lewens veg in Nice-kinderhospitaal”

  1. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Die man was nie op die Franse intelligensiedienste se lys van terreurverdagtes nie, maar was bekend aan die polisie in verband met misdade soos diefstal en geweld.”

    Vanaf de jaren ’60 wordt er in elk West Europees EUSSR land door de linkse volksvijandige politiek, media, rechtbanken, omgekochte kerken, politiek correct, volksvijandig, weggekeken van ‘gewone misdaad’ door de totalitair verplichte nieuwe Afrikaanse/moslim naasten.
    Honderdduizenden slachtoffers en vooral ware naasten, werden in de kou gelaten of…….kregen een trap na.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Lafaards wat vroue en kinders aanval met hulle terreurdade. (Seker by die ingelse geleer)

    1. Mattewis Kat Avatar
      Mattewis Kat

      Hulle is afstammelinge van Gam, geweld en wreedheid is geneties vooraf teenwoordig. Die weste weier om dit raak te sien en die pakslae sal aanhou tot die skilletjies van die ogies afval. Pleisters plak op melaatsheid doen eenvoudig niks. Dis bykans komies om na elke voorval te sien dat hulle elke keer, nadat hulle hulleself eers die vraag afgevra het hoekom die vorige “pleister” nie gewerk het nie, weer vorendag kom met ‘n “nuwe” een. Hulle sal wel wakker skrik wanneer die “gesonde vel” begin aggressiewe allergiese reaksie toon op al die pleisters.

      1. Verkenner Avatar
        Verkenner

        Baie waar! Die ergste is dat die kerke die mense mislei om te glo dat almal maar eintelik verwant en familie is terwyl ons weet daar is fisiese saadlyne in die wereld. Die bybel is baie duidelik daaroor. Godelike saad en slangsaad, die Verlosser het tog in Mattheus die farriseers aangespreek en gese hul het die duiwel as vader en mense moordenaars van die begin af is. Hul doel is om die nageslag van God uit te wis met moord en vermenging. Maar die blankes sal nog wereld wyd wakker skrik…vir baie gaan dit dalk net te laat wees.

Leave a Reply