China oor vingers geraps vir gebiedsoorskreiding

China se uitbreidingsplanne in Suid-Chinese See is deur die Verenigde Nasies (VN) veroordeel. Die VN vra dat China nou aan sekere dele van die gebied onttrek.

Die VN se permanente arbitrasiehof het in Den Haag, Nederland, het beslis dat China alle eilande, ook mensgemaak (foto hierbo), wat tans beset word weer aan die Filippyne teruggee word nadat laasgenoemde drie jaar gelede die VN genader het oor Chinese gebiedsoorskryding.

Die uitspraak sal dalk nie China se uitbreiding in groot dele van die Suid-Chinese See kortwiek nie, aangesien die arbitrasiehof nie die bevinding kan afdwing nie.

Die Filippynse regering het sonder entoesiasme op die uitspraak gereageer en optimistiese inwoners gemaan om “nugter en ingetoë” op te tree.

3 thoughts on “China oor vingers geraps vir gebiedsoorskreiding”

  1. Mens moet versigtig wees dat jy jou nie deur angelsaksiese propaganda aan die neus laat lei nie. Die Fillipyne sou nooit die saak aanhangig gemaak het as hul nie deur die VSA aangepor en sekere voordele belowe is nie. Die sogenaamde ‘arbitrasiehof’ se uitspraak was bloot hul yankie meesters terwille. Die gelatenheid van die Fillipynse regering is bloot omdat die nuwe President alle opsies wil oophou.

    1. Die Angel-Saksiese wereld staan sterk as dit oor omkopery en proksies gaan. By hierdie tyd weet ons mos darem al hoe dit gaan. Alle Oos-Europese smokkelaars/kriminele loop deesdae vry rond met Amerikaanse paspoorte , le selfs sakebesoeke af by Media 24 . ….!

  2. Die tandlose VN trek nou aan die leeu se ballas. China se beheer oor ander lande se ekonomiee is ooglopend. By voorbeeld: twee jaar gelede het hulle aankope van Australise ystererts ingekort..Australia se ekonomie het ingestort..Huiding dreig hulle New Zealand met inkorting van melk and vleis aankope, en daar was dadelik n publieke kommunikasie dat NZ NIKS gaan doen oor sogenaamde “steel dumping” nie……Vergelyk die hoeveelheid nuwe vliegdekskepe wat hulle bou ivm Amerika, en die prentjie word al hoe meer duidelik. Beste om maar manderin te begin leer praat….

Maak 'n opvolg-bydrae