ANC intimideer historiese kafee op Kerkplein

Image

Aggressiewe betogers by die kafee-ingang

Die eienares van Café Riche, die historiese kafee op Kerkplein in Pretoria, is Vrydagaand geïntimideer deur 'n ANC-raadslid, Joe Mkhize, tesame met 100 swartes wat vir die doel met munisipale busse aangery is. Haatspraak en doodsdreigemente is jeens die eienares, me. Lamé Ebersöhn, geslinger.

Die maandelikse Filosofiekafee moes ook Vrydagaand  vir die eerste keer in elf jaar afgestel word en voornemende kafeegangers is gewaarsku om "weens 'n sekerheidsprobleem weg te bly".

Image

Munisipale vervoer was beskikbaar vir die betogers…

Omstreeks 17:30 die aand het 'n groep van sowat vyftien betogers by die kafee op Kerkplein in Pretoria opgedaag. Hulle het uit 'n munisipale bus geklim, wat voor Kerkplein se wesfasade stilgehou het. Die betogers het plakkate gedra wat die eienaar van Café Riche, Lamé Ebersöhn, as 'n rassis bestempel het. Van die slagspreuke het gelui: "She must go now" en "To hell with Lame". Sommige van die betogers het Zuma T-hemde gedra.

Die betogers het getoitoi en gesing. Doodsdreigemente is in beide Zoeloe en Engels teen Lamé Ebersöhn gerig.

Dit wou voorkom of Joe Mkhize, ANC-raadslid vir wyk 60 en een van die prominente betogers, die aanvoerder van die groep was. Hy het gedreig dat sy groep vir die volgende twee weke elke dag by Café Riche sal betoog totdat me Ebersöhn die kafee verlaat en sluit.

Volgens me Ebersöhn het die voorval haar hewig ontstel. "Ek staan bekend as iemand wat die belange van Kerkplein en die burgerlike gemeenskap op die hart dra. Die afstel van die filosofiekafee is 'n hartseer dag vir die oop gesprek, waarop ons ons nog altyd geroem het. Sprekers van oor die hele politieke spektrum het al hier opgetree. Ek verstaan eenvoudig nie hierdie onverdraagsaamheid nie. My verhouding met my personeel, gaste en die gemeenskap rondom Kerkplein was nog altyd deursigtig en goed. Die gasvryheid en gulle ontvangs teenoor alle individue en  by Café Riche is wyd bekend."

Image

Betogers het die hele kafee oorgeneem en ander gaste verdryf

 

Daar word vermoed dat die aantygings van rassisme deel vorm van 'n georkestreerde veldtog om me Ebersöhn te dwing om die kafee te sluit of die besigheid te verkoop. Verskeie onlangse insidente van sabotasie, diefstal, personeellede wat dros, asook vroeëre dreigemente, dra tot hierdie vermoede by.

Intussen het me Ebersöhn 'n beroep op kalmte gedoen. "Die verkiesing is om die draai en politici probeer punte aanteken; ook op plaaslike vlak. Ek gaan my nie laat intimideer nie. Hierdie verdagmaking is onaanvaarbaar. Uiteindelik is dit ook vryheid van spraak en die fundamentele reg om handel te dryf wat hier op die spel is. Ek is van plan om 'n klag van haatspraak by die polisie in te dien teenoor die persone wat my met die dood gedreig het."

Sedert 1994 is die middestad van Pretoria territoriaal verower en die ANC-stadsraad het ook by verskeie geleenthede gepoog om die naam van die stad te verander. Een moontlike rede vir die optrede teen me. Ebersöhn is dat sy gesien word as die laaste blanke en Afrikaner wat nog 'n onderneming in die middestad op die historiese Kerkplein bedryf.

пробурить артезианскую скважину ценаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Malema na Orania

ANK-jeugliga president Julius Malema – bekend vir sy wilde sêgoed – gaan die koeksistermonument in Orania die naweek besoek.

Met die ANK wat skaars steun geniet in die dorp, het een Kimberley-inwoner die ironie vergelyk met Eugene Terreblanche wat probeer stemme werf in Soweto.

Dit kan beskou word as openbare betrekkinge, aangesien dit Malema se eerste besoek aan die Afrikanertuiste.

Malema en sy gevolg gaan gesprekke voer met die Vryheidsfront Plus, waar hy “minderhede gaan betrek as deel van die inisiatief om een nasie en ‘n algemene gevoel van patriotisme te bou”.

Die jeugliga het ook sy beoogde besoek as ‘n “historiese sending” beskou om swart en wit te verenig.

Vryheidsfront provinsiale leier Carel Boshoff IV het gesê Malema sal net so welkom wees as enige ander gas.

Hy het vinnig uitgewys dat volgens hulle kennis, was dit nie ‘n ANK saamtrek as sulks nie, maar eerder ‘n geleentheid om te kan praat oor sake wat die jeug raak.светодиодные светильникиФильчаков прокуратура харьков

Polisieman beseer in studente oproer

‘n Polisieman is beseer en drie studente gearresteer gedurende ‘n protesaksie in Mquanduli, het Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Superintendent Mzukisi Fatyela het gesê studente het Woensdagoggend geprotesteer by die Dalibaso Senior sekondêre skool, oor die departement se besluit om sommige van hulle terug te sit na die vorige graad.

“Polisie is gekontak, en met hulle aankoms is hulle onder klippe gesteek deur ‘n groep woedende studente.”

Fatyela het gesê ‘n kaptein het wonde aan sy kop opgedoen en is hospitaal toe geneem. Sy polisievoertuig is ook beskadig.

Drie studente is gearresteer en polisie verwag om binnekort nog arrestasies te maak.

‘n Saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging is geopen.

купить шапочку для новорожденной девочкилобановский александр харьков

Afrikaners het sleutelrol gespeel, s? Zuma

ImageDie Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die skepping van die nuwe Suid-Afrika, het ANK-president Jacob Zuma Donderdag in Pretoria gesê.

“Die Afrikanergemeenskap het ‘n sleutelrol gespeel in die daarstelling van die nuwe Suid-Afrika, van die historiese vergaderings in Dakar, Senegal in die 1980’s tot met die saamwerk om ‘n demokratiese skikking te vind,” het Zuma gesê tydens ‘n vergadering met Afrikaanse professionele en besigheidsmense.

Zuma het ‘n paar planne van die ANK uitgewys om misdaad, gesondheid, onderwys, grondhervorming en ekonomiese beleid oor die volgende 5 jaar te benader.

Hy het gesê wanneer dit by onderwys kom, die ANK wil fokus op taalontwikkeling, veral sedert navorsing getoon het dat dit die mees effektiewe metode is wanneer kinders begin om te leer in hulle huistaal.

“Ons is bekommerd oor berigte dat sommige swart kinders Engelse onderrig verkies en nie baie ernstig is oor hulle huistaal nie. Dit beteken dat ons baie moet doen om die inheemse tale te bevorder.”

Terwyl die ANK nie Engels en Afrikaans wil agterweë stel nie, wil dit verseker dat die ander tale onwikkel en geleer word.

Zuma het gesê die ANK beklemtoon sy verbintenis tot ekonomiese transformasiebeleide soos breë basis SEB en rasvoorkeur.

“Ons sien sulke beleide soos die as belangrike komponente van nasiebou, rekonsiliasie en belegging in ekonomiese groei en ontwikkeling.”

Zuma het gesê die ANK sal kyk na maniere om die instelling van die beleide te verbeter, om seker te maak dat meer mense soos jeug, vroue en gestremdes voordeel trek.

Die huidige grondhervormingsprogram moet hersien word en versnel word. Dit is ook belangrik dat mense wat grond ontvang behoorlike ondersteuning na die tyd ontvang.

“Ons moet hulle voorsien van tegniese vaardighede en finansiële bronne om die grond produktief aan te wend om volhoubare lewenswyses en behoorlike werk te skep in landelike gebiede.”

Die stryd teen MIV/Vigs bly steeds ‘n prioriteit, het Zuma gesê.

“Ons moet werk om die tempo van nuwe MIV besmettings met 50% te laat daal deur ‘n aggressiewe voorkomingsveldtog.”

светильники для душевыхлобановский харьков

VF+ wen Grondwetsaak oor buitelandse stem

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland nou sal kan stem.

Dit was ‘n eenparige beslissing van al die Grondwethof-regters en die hof het ‘n verdere bevel uitgereik dat die regering die 15 dae tydperk waarin vir spesiale stemme aansoek gedoen kan word en wat reeds verstryk het, heropen moet word.

Die VF Plus het reeds by verskeie geleenthede gesê dat die party bereid is om op te staan vir die regte van Suid-Afrikaners.  Die feit dat die VF Plus die groot risiko geloop het om hierdie saak tot in die hoogste hof te voer, bevestig dit.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor mnr. Willem Richter en almal wat hierby betrokke was en vir die ondersteuning wat die party uit alle oorde gekry het.  Die VF Plus begin onmiddellik met ‘n strategie om Suid-Afrikaners in die buiteland bewus te maak van die feit dat hulle in hierdie verkiesing mag stem en om hulle administratief daarmee behulpsaam te wees.

Suid-Afrikaners in die buiteland wat reeds geregistreer is as kiesers het nou tyd tot en met 27 Maart 2009 om aan die Verkiesingskommissie kennis te gee van hul afwesigheid uit Suid-Afrika, asook waar hul beplan om hul spesiale stem uit te bring.  Hulle moet by hul plaaslike Suid-Afrikaanse missie in die land waar hul hul bevind op 15 April gaan stem.

Indien SA-burgers in die buiteland wil vasstel of hul geregistreer is, kan hul die OVK se webblad besoek by www.elections.org.za of hul ID-nommer sms na 32810.

джинсы для девочек 10 летФильчаков прокуратура харьков

Afriforum l? klag by Onafhanklike Klagtedirektoraat

Die Suid-Afrikaanse menseregte kommissie sal ‘n klagte van die burgerregtegroep Afriforum evalueer, nadat ‘n polisieman van Delmas ‘n man met ‘n vuurwapen gedreig het.

SAMRK woordvoerder Vincent Moaga het Maandag gesê: “Ons het die klagte ontvang, ons sal dit moet assesseer om te bepaal of die kommissie die regte liggaam is om dit te hanteer.”

Afriforum het die klagte by die Kommissie en die polisiewaghondorganisasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat ingedien.

Afriforum se hoof van gemeenskapveiligheid Nantes Kelder het gesê Joe Wilkinson is deur ‘n polisieman met ‘n vuurwapen gedreig op die toneel van ‘n padongeluk.

Die polisieman, wat klaarblyklik onder die invloed van alkohol was op daardie stadium, en nie geïdentifiseer was as ‘n lid van die polisie nie, het die enigste oop baan wat oop was vir verkeer n die ongeluk met sy voertuig versper.

Toe Wilkinson hom gevra het om sy voertuig te skuif omdat dit die verkeer versper, het die polisieman na bewering op Wilkinson geskree na hy sy voertuig van die pad af getrek het en met sy 9mm-pistool in die hand op Wilkinson afgestorm.

Hy het klaarblyklik aan Wilkinson gesê: “My yster skiet blankes ook.”

Wilkinson het hom daarna na die Delmas polisiestasie gehaas om die insident aan te gee, waar die polisieman sy dreigemente teen hom volgehou het.

“Op een stadium moes Wilkinson selfs tussen voertuie op die perseel van die polisiestasie wegkruip,” het Kelder gesê.

мульт машинкилобановский александр игоревич харьков

‘Afrikaans kan nie tot nadeel van ander tale strek nie’

Beeld berig dat Fikile Mbalula, hoof van die ANC se verkiesingsveldtog, gesê het dat daar na Afrikaans as onderrigmedium op universiteit gekyk moet word,

Hy het Vrydag aan sowat 250 studente op die Soweto-kampus van die Universiteit van Johannesburg gesê “Afrikaans kan nie die onderrigmedium wees tot nadeel van ander tale nie.”

Mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het die byeenkoms glo verlaat toe daar ’n uur ná aanvang nog honderde leë stoele in die saal oop was. Die byeenkoms is deur Sasco gereël.

“Onderwys is die grootste prioriteit vir die ANC vir die volgende vyf jaar,” het Mbalula aan die skamele gehoor gesê. Hy het ook gesê glo bekostigbare en gratis tersiêre onderwys is haalbaar.

 

купить велосипед в запорожьетопкарго кидалы

PRAAG loods petisie vir Afrikaneronderwysowerheid

PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, waaraan www.praag.co.za verwant is, loods vandag op sy tuisblad www.praag.org 'n elektroniese petisie waarin mnr. Jacob Zuma en die ANC gevra word om die oorblywende Afrikaanse skole, asook ten minste twee universiteite, aan 'n Afrikaneronderwysowerheid oor te dra.

Die petisie lui soos volg:

Geagte mnr. Jacob Zuma, mev. Naledi Pandor en ander gesaghebbendes oor onderwys in Suid-Afrika,

Ons, die ondergetekendes versoek dat daar onverwyld:

1. 'n outonome Afrikaneronderwysowerheid tot stand gebring moet word;
2. die oorblywende Afrikaanse skole, wat slegs 'n geringe persentasie skole in Suid-Afrika verteenwoordig, aan so 'n outonome Afrikaneronderwysowerheid oorgedra word, tesame met ten minste twee universiteite of kampusse, waarvan een in die noorde van die land en 'n ander in die suide gevestig moet wees;
3. staatsubsidie aan die Afrikaneronderwysowerheid vanuit die nasionale onderwysbegroting toegewys moet word.

In sy begronding van die noodsaak vir 'n Afrikaneronderwysowerheid, skryf Dr. Dan Roodt van PRAAG, soos volg op die aksiegroep se tuisblad, www.praag.org:

"Sedert 1994 is alle Afrikaanse onderwysinstellings, hetsy skole, hetsy universiteite, konstant deur die ANC-regering ondergrawe, afgetakel of selfs tot niet gemaak in die naam van sogenaamde "transformasie". Terwyl skole soos Laerskool Mikro, Hoërskool F.H. Odendaal en Ermelo-hoërskool gepoog het om deur duur en ingewikkelde hofsake hul taalregte te verdedig, is talle Afrikaanse skole geïntimideer en sonder slag of stoot verengels. Veral op die platteland ry ouers hul kinders tot sover as 200 km per dag aan om hulle in Afrikaans te laat onderrig omdat hul plaaslike dorpskool die slagoffer van "transformasie" geword het. "Transformasie" beteken nie net Engels en dikwelse rassewrywing nie, maar ook wanbestuur, korrupsie, elektrisiteit of ander dienste wat nie betaal word nie en toilette wat in so 'n haglike toestand verval dat geen Afrikanerkind van sulke geriewe gebruik wil maak nie.
 
 Wat die Afrikaanse universiteite betref, is die toestand nog veel erger as by skole. Taal- en rassediskriminasie teen Afrikanerstudente het 'n alledaagse verskynsel geword. Van die vyf Afrikaanse universiteite wat oor geslagte deur Afrikaners opgebou is, kan slegs die Potchefstroomkampus van die Noordwes-universiteit tans nog as 'n Afrikaanse kampus beskou word. Die onlangse besluit om van die US 'n tweetalige instelling te maak, het die doodsklok vir Afrikaans aan Stellenbosch gelui en taalkenners verwag dat Engels binne enkele jare Afrikaans uit die lesingsale sal verdryf terwyl rassekwotas soos by die Universiteit van Pretoria in professionele studierigtings ingestel sal word om Afrikanerstudente van die reg te beroof om vrylik die kwalifikasies van hul keuse na te streef.
 
 Nie eens in die tydvak van die Britse Ryk en van pro-Britse SAP-regerings is daar soveel skreiende onreg teen die Afrikaner en Afrikaans gepleeg nie. Vandaar hierdie petisie wat oor twee of drie weke aan die topbestuur van die regerende ANC, onder andere aan mnr. Jacob Zuma, oorhandig sal word.
 
 Daarom vra ons elke Afrikanerouer, -student en -hoërskoolleerling, asook diegene wat self in die verlede aan ons voortreflike Afrikaanse skole of universiteite gestudeer het, om onverwyld die petisie hieronder te teken en ook landwyd en internasionaal onder alle Afrikaners te versprei."
 
Op www.praag.org is gereedskap te vinde om die petisie te onderteken en te versprei:
  • Kliek op die skakel om die petisie aanlyn te voltooi –  http://www.praag.org/aksies/petisie.html
  • Gebruik die "Recommend this article" skakel en stuur dit aan jou vriende en kennisse
  • Kliek op die knoppies regs bo "PDF en "Druk" om dit te druk en te voltooi en terug te faks aan: 0866797849.
  • Vir diegene sonder internettoegang, maar met 'n selfoon, stuur 'n sms aan nommer 34110 met die woord "onderwys", gevolg deur jou naam en 'n vriend of familielid se e-posadres, indien beskikbaar. Net die woord "onderwys" en jou naam is egter ook goed genoeg, soos byvoorbeeld: onderwys Jan van der Merwe.

 

радиоуправляемые вертолетикиДанильченео

Stellenbosch aanvaar Engels

ImageStudente by 3 fakulteite van Stellenboschuniversiteit, sal van volgende jaar af in staat wees om Engels as instruksiemedium te kies vir hulle eerstejaar.

Die besluit om ‘n onderrigmodel te aanvaar wat voorsiening maak vir parallelmedium (Afrikaans en Engels) om ingestel te word by die fakulteite is geneem tydens ‘n spesiale vergadering van die universiteitsraad oor die naweek,  het ‘n verklaring gesê.

“Die universiteit van Stellenbosch wil graag ‘n instansie wees waar voorgraadse studente kan kwalifiseer in die taal van hulle keuse – hetsy Afrikaans of Engels,” het professor Russel Botman, die rektor en vise-kanselier gesê.

Die fakulteit ingenieurswese bied alreeds parallelmedium onderrig aan, en sal gevolg word deur  ekonomie en bestuurswetenskappe, en wetenskap en landbouwetenskappe.

Die raad se besluit maak ook voorsiening vir die kunstefakulteit en sosiale wetenskappe om te beplan vir die instelling van parallelmediumonderrig op eerstejaarsvlak in 2011.

Al vier fakulteite sal toegelaat word om te besin of Engels in die tweede jaar ook sal toegelaat word waar dit moontlik is en bekostigbaar is. Dubbelmedium, waar Afrikaans en Engels om die beurt in die klas gebruik word, sal gevolg word waar dit nie moontlik of bekostigbaar is nie, in die kleiner fakulteite of departemente vanweë kleiner getalle studente.

Die universiteit het ook besluite geneem vir 2015. Een van die sake is om die hoeveelheid voorgraadse swart, kleurling en Indiër studente van die huidige 24% te verhoog tot 34% teen 2015.

металлогалогенный светильникФільчаков прокурор

VF+ wen hofsaak oor buitelandse stem

Image

Mulder, Pieter

Die VF Plus het in 'n verklaring die uitspraak van die Pretoriase Hooggeregshof verwelkom dat artikel 33 van die kieswet ongrondwetlik is. Artikel 33 van die kieswet (Wet 73 van 1998 artikel 33) bepaal dat daar onderskei word tussen Suid-Afrikaners in die buiteland en dat sommige mag stem en ander nie.

Al die bedes voor die hof, is deur die regter toegestaan. Die uitspraak sal nog vandag aan die Grondwethof voorgelê word vir bekragtiging. Die respondente, waaronder die Departement van Binnelandse Sake, kry dan opnuut geleentheid om hulle besware voor die Grondwethof te argumenteer.

Afhangende van die besluit van die hoofregter, kan bekragtiging gou afgehandel word. Indien die VF Plus ook hiermee slaag, sal dit beteken dat alle Suid-Afrikaners in die buiteland wat as kiesers geregistreer is, in hierdie verkiesing sal kan stem.

“Dit is ’n reuse oorwinning teen die arrogansie van die ANC wat sy wil op almal probeer afdwing,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê. “Die VF Plus sal nie huiwer om die ANC of watter regering ook al, op hierdie wyse in die toekoms weer aan te vat ten einde te voorkom dat burgers se regte van hulle weggeneem word nie,” het dr. Mulder bygevoeg. 

“Die VF Plus het ’n rekord dat die party opstaan vir die regte van gewone landsburgers. So het die VF Plus geslaag om die “Kill the Boer”-slagspreuk as haatspraak verklaar te kry en verskeie oorhaastige ANC-naamsveranderinge met hofuitsprake te stuit,” volgens dr. Mulder.

справка 1депутат лобановский