VF+ wen Grondwetsaak oor buitelandse stem

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van die Grondwethof dat geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers in die buiteland nou sal kan stem.

Dit was ‘n eenparige beslissing van al die Grondwethof-regters en die hof het ‘n verdere bevel uitgereik dat die regering die 15 dae tydperk waarin vir spesiale stemme aansoek gedoen kan word en wat reeds verstryk het, heropen moet word.

Die VF Plus het reeds by verskeie geleenthede gesê dat die party bereid is om op te staan vir die regte van Suid-Afrikaners.  Die feit dat die VF Plus die groot risiko geloop het om hierdie saak tot in die hoogste hof te voer, bevestig dit.

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor mnr. Willem Richter en almal wat hierby betrokke was en vir die ondersteuning wat die party uit alle oorde gekry het.  Die VF Plus begin onmiddellik met ‘n strategie om Suid-Afrikaners in die buiteland bewus te maak van die feit dat hulle in hierdie verkiesing mag stem en om hulle administratief daarmee behulpsaam te wees.

Suid-Afrikaners in die buiteland wat reeds geregistreer is as kiesers het nou tyd tot en met 27 Maart 2009 om aan die Verkiesingskommissie kennis te gee van hul afwesigheid uit Suid-Afrika, asook waar hul beplan om hul spesiale stem uit te bring.  Hulle moet by hul plaaslike Suid-Afrikaanse missie in die land waar hul hul bevind op 15 April gaan stem.

Indien SA-burgers in die buiteland wil vasstel of hul geregistreer is, kan hul die OVK se webblad besoek by www.elections.org.za of hul ID-nommer sms na 32810.

джинсы для девочек 10 летФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae