Zim kry nuwe koerant

Zimbabwe gaan ‘n nuwe onafhanklike dagblad kry, 5 jaar nadat die laaste dagblad gevou het, het ondersteuners van die projek Donderdag gesê, en die hoop uitgespreek vir ‘n verligting op die mediabeperkings.

Trevor Ncube, uitgewer van die privaat weeklikse koerante, die Zimbabwe Indpendent, The Standard en Suid-Afrika se Mail & Guardian het gesê het hy besluit op die projek na die koalisieregering van president Robert Mugabe en sy teenstaander van ouds Morgan Tsvangirai die lig gesien het.

“Hoewel daar probleme was aan die begin, glo ons dat die nuwe inklusiewe Zimbabwiese regering besef dit is belangrik om ‘n ekonomiese omgewing te skep wat plaaslike en internasionale beleggers aanmoedig,” het Ncune in ‘n verklaring gesê.

“News Day, ‘n onafhanklike en vars nuwe dagblad sal ‘n belangrike rol speel in di herbouing van ons nasie. Ons sal van die politieke ooreenkoms af werk om die nuwe stem van Zimbabwe te wees.”

Ncube het nie ‘n datum gegee waarop die koerant sal begin nie.

Hy het gesê die dagblad sal ‘n forum wees vir idees “wat ons nodig het om ‘n vars ekonomie te skep en om ‘n platform vir debat te skep, terwyl ons die sake aanspreek van ons gesondheidsorg, onderwys en maatskaplike stelsel.”

Die koerant sal elke dag uitgegee word behalwe Sondag, het Ncube gesê, en bygevoeg dat die Zimbabwe Independent en die Standard sal voortgaan om uitgegee te word op Vrydae en Sondae.

Zimbabwe se laaste onafhanklike daaglike koerant, die Daily News het in 2004 toegemaak na dit nie voldoen het aan streng mediawetgewing nie.

Mugabe se regering het ‘n mediawet afgekondig op die aand van die 2002 verkiesings wat bedoel was om buitelandse mediakorrespondente uit die land te sit en ten minste 4 onafhanklike koerante gesluit het wat baie krities was oor sy regering.

free onlineФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae