ANK se kantoor op Vryheid beroof

Die ANK se streekskantoor in Vryheid, KwaZulu-Natal, is Saterdagnag beroof van drie rekenaars en deurmekaargekrap in wat die party dink meer as kriminele aktiwiteit was, het ‘n partywoordvoerder Sondag gesê.

Buiten die diefstal is deure en vensters gebreek en die fotostaatmasjien en meubels ook beskadig, het provinsiale sekretaris Senzo Mchunu gesê.

“Ons glo dat wie ook al die rekenaars gesteel het gesoek het na belangrike en sensitiewe inligting oor verkiesingstrategie en taktiek, veral met die ANK wat die beste strategie het in die opkomende verkiesing, omdat die kantoor deurmekaargekrap is,” het die verklaring gelui.

Hy het die “blatante sabotasie” veroordeel en die polisie aangemoedig om agter die kern van die saak te kom.

ступенек лестницыпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae