Minister se vrou in dwelmskandaal

Die minister van intelligensie, Siyabonga Cwele, het die hantering van beskuldigings van dwelmsmokkelary teen sy vrou Sheryl ‘n “prioriteit” gemaak, het ‘n woordvoerder Sondag gesê.

“Hy het basies gesê dat hy dit hanteer as prioriteit omdat dit ‘n impak het op sy werk,” het woordvoerder Lorna Daniels gesê.

Sy het geweier om te sê presies hoe die kontroversie die minister se werk sal affekteer.

“Julle kan jul eie gevolgtrekkings maak op daardie een,” het Daniels gesê.

Sy het gereageer op die Sunday Times se voorbladberig oor Sheryl Cwele se verbintenis met ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat gearresteer is in Brasilië vir dwelmsmokkelary.

Tessa Beetge is by die Sao Paolo-lughawe gearresteer met ‘n 9kg blok kokaïne met ‘n geskatte straatwaarde van R3 miljoen.

Terwyl haar familie beweer dat Cwele aan haar ‘n oorsese werk aangebied het, hou Cwele vol dat ‘n vriend van Beetge die reis gereël het en dat sy gevra is om die SMS’e op te maak sodat Beetge vir haar familie kan lieg oor die reëlings.

In die Sunday Times het Cwele gesê “Ek is onskuldig…Ek wens dat ek haar nooit gehelp het nie, maar ek het haar vertrou en was jammer vir haar.”

Die Sunday Times het SMS’e en e-posse gepubliseer wat Cwele na Beetge gestuur het terwyl sy in Peru en Brasilië was.

In die artikel het Cwele ontken dat sy selfs geweet het dat Beetge in daardie lande was.

Polisiewoordvoerder Sally de Beer het aan die Sunday Times gesê dat die polisie bewus was van die aanhouding van Beetge, maar as gevolg van beleid oor die ondersoek wat aangaan, was sy nie in staat om enige besonderhede te gee op die stadium nie.

free money for slotsОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae