SAMRK woordvoerder Vincent Moaga het Maandag gesê: “Ons het die klagte ontvang, ons sal dit moet assesseer om te bepaal of die kommissie die regte liggaam is om dit te hanteer.”
Afriforum het die klagte by die Kommissie en die polisiewaghondorganisasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat ingedien.
Afriforum se hoof van gemeenskapveiligheid Nantes Kelder het gesê Joe Wilkinson is deur ‘n polisieman met ‘n vuurwapen gedreig op die toneel van ‘n padongeluk.
Die polisieman, wat klaarblyklik onder die invloed van alkohol was op daardie stadium, en nie geïdentifiseer was as ‘n lid van die polisie nie, het die enigste oop baan wat oop was vir verkeer n die ongeluk met sy voertuig versper.
Toe Wilkinson hom gevra het om sy voertuig te skuif omdat dit die verkeer versper, het die polisieman na bewering op Wilkinson geskree na hy sy voertuig van die pad af getrek het en met sy 9mm-pistool in die hand op Wilkinson afgestorm.
Hy het klaarblyklik aan Wilkinson gesê: “My yster skiet blankes ook.”
Wilkinson het hom daarna na die Delmas polisiestasie gehaas om die insident aan te gee, waar die polisieman sy dreigemente teen hom volgehou het.
“Op een stadium moes Wilkinson selfs tussen voertuie op die perseel van die polisiestasie wegkruip,” het Kelder gesê.
