Studente by 3 fakulteite van Stellenboschuniversiteit, sal van volgende jaar af in staat wees om Engels as instruksiemedium te kies vir hulle eerstejaar.
Die besluit om ‘n onderrigmodel te aanvaar wat voorsiening maak vir parallelmedium (Afrikaans en Engels) om ingestel te word by die fakulteite is geneem tydens ‘n spesiale vergadering van die universiteitsraad oor die naweek, het ‘n verklaring gesê.
“Die universiteit van Stellenbosch wil graag ‘n instansie wees waar voorgraadse studente kan kwalifiseer in die taal van hulle keuse – hetsy Afrikaans of Engels,” het professor Russel Botman, die rektor en vise-kanselier gesê.
Die fakulteit ingenieurswese bied alreeds parallelmedium onderrig aan, en sal gevolg word deur ekonomie en bestuurswetenskappe, en wetenskap en landbouwetenskappe.
Die raad se besluit maak ook voorsiening vir die kunstefakulteit en sosiale wetenskappe om te beplan vir die instelling van parallelmediumonderrig op eerstejaarsvlak in 2011.
Al vier fakulteite sal toegelaat word om te besin of Engels in die tweede jaar ook sal toegelaat word waar dit moontlik is en bekostigbaar is. Dubbelmedium, waar Afrikaans en Engels om die beurt in die klas gebruik word, sal gevolg word waar dit nie moontlik of bekostigbaar is nie, in die kleiner fakulteite of departemente vanweë kleiner getalle studente.
Die universiteit het ook besluite geneem vir 2015. Een van die sake is om die hoeveelheid voorgraadse swart, kleurling en Indiër studente van die huidige 24% te verhoog tot 34% teen 2015.
